…oom manie…

Posted: Januarie 7, 2008 in Uncategorized

menwork.jpg

By ons maatskappy se petrolpompe werk daar ‘n ouerige blanke oompie … Oom Manie!

Oom Manie is 56 en woon in Abbotsdale (‘n kleurlingbuurt) net buite die dorp – en oom Manie se swaarkry is duidelik sigbaar in die diep lyne op sy gesig! 

Ek ken glad nie vir oom Manie nie, maar ek kan sommer sien oom Manie is baie trots op sy werk as Petrolpompassistent! Oom Manie is “very very sneaky”! As jy voor die petrolpomp parkeer, sal oom Manie altyd sy verbleikte hoedjie oplig en ‘n sagmoedige “goeiemôre dame” fluister! Dan vra oom Manie jou naam en jou lidnommer en voor jy kan sê mes is oom Manie weg! As jy omkyk is hy langs jou motor, reeds besig om die petrolpomp se gorrel in jou motor te druk! As jy weer vir oom Manie soek, is hy klaar besig met die volgende kliënt!! En sodra daardie petrolpomp sê “klik”, staan oom Manie weer hier langs jou vir ‘n handtekening en groet dan met ‘n vriendelike “geniet die res van die dag mevrou”-glimlag! Dis vir my groot pret om oom Manie dop te hou – want elke voertuig wat daar stop is ‘n nuwe uitdaging wat met groot entoesiasme aangepak word! Oom Manie verdien ‘n karige salarissie en het vandag, na drie maande se harde werk, sy permanente aanstelling gekry (dit was die lekkerste kontrak wat ek nog ooit opgestel het!!)

Ek wonder baie oor oom Manie – oor sy familie – het hy ‘n vrou en kinders? Wat is sy lewensverhaal? Is hy happy? Raak hy ook mismoedig?  Oom Manie het my onwillekeurig aan die storie van die “besem-manager” laat dink – toevallig my eerste inskrywing op Woestynsand… (https://woestynsand.wordpress.com/2007/01/30/welkombesem-manager/)

Ek dink ek gaan oom Manie tog uitvra oor sy lewe ! !

(PS. Vandag se boodskappie in my dagboek is toevallig die volgende – “Many people have the wrong idea of what constitutes happiness.  It is not attained through self-gratification but rather through fidelity to a worthy purpose – Helen Keller”)

Kommentaar
  1. TristonJ sê:

    Snaaks ek het toevallig gisteraand jou eerste post oor die besem manager gelees… altwee is mense wat mens hard en diep na jouself laat kyk…

  2. Da Mario sê:

    Enige idee hoekom Kobus daai post gecopy het op ‘n stadium?

    Ek dink Helen Keller is nogal reg, mens beter net sorg dat jou worthy purpose inderdaad worthy is of sommer hope einas wag in die toekoms. Ek dink ook die grootste fout wat mens kan maak is om iemand anders daai worthy cause te maak. Ek dink so daaraan, as ek nie happy is sonder haar nie dan gaan ek wragtig nie happy wees saam met haar nie.

  3. Dizzy Dee sê:

    Ai, dit maak my sommer bewoe om sulke mense te sien – so dankbaar vir die bietjie, maar tog weet hulle hulle het meer as anders, of wat hulle voorheen self gehad het. Ek wens ek kon meer doen vir sulke mense.

    Ons kan gerus by hulle leer – hulle positiewe houding is nie iets wat hulle kry oor die kar wat hulle ry, die kos wat hulle eet, of die area waar hulle bly nie. Ek dink baie maal het hulle regte geluk gevind, juis omdat daar nie soveel onnodige twak in hul pad is nie. Steeds sou ek so ‘n persoon graag meer wou gee, want juis HULLE verdien dit in my opinie.

  4. mykopop sê:

    Baie mooi René – ek kan hom amper sien! Ek dink jy kan vir ons nog baie stof tot nadenke kry as jy moontlik bietjie met hom kan gesels.

    Ek onthou ook nog jou besem-manager, ek gaan gewoonlik mense se eerste post of twee lees om hulle bietjie te leer ken.

  5. René sê:

    Da nie ‘n clue nie!! Jou opmerking oor die worthy cause – 100% in die kol – ek stem volkome saam met jou! Dis NIEMAND se verantwoordelikheid om jou gelukkig te maak nie – slegs jou eie!! Dis juis die punt wat miljoene mense mis!

    mykopop Oom Manie is so “sneaky” mens sal jou praat moet ken met hom, maar ek gaan beslis probeer uitvis!

  6. Jasper sê:

    Ek het nou regtig die storie geniet. Jy moet ons tog op hoogte hou. Dalk iets soos ‘n blog celebrity maak.

    Oubaas Manie..
    sout van die aarde extraordinaire.😆

    Het jy self die storie oor besem manager geskryf!? Dit het baie lank terug as ‘n e-mail viral in my inbox geland en ek het nog altyd gewonder wie het dit geskryf..

  7. René sê:

    Ai jitte Jasper – nee jong, ek het nie die Besem Manager geskryf nie – ek het dit ook deur epos ontvang, presies op die dag wat ek my blog wou begin – ek het dit as die perfekte afskop gesien!! Dit het ‘n geweldige indruk op my gemaak – nes Oom Manie!

  8. Cool storie! Kom vertel as jy meer van Oom Manie geleer het.

  9. BB sê:

    Die feit dat jy oom Manie raaksien en na waarde skat maak jou very very special in my oë! Sien uit na sy storie! x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s