Archive for Januarie 7, 2008

…oom manie…

Posted: Januarie 7, 2008 in Uncategorized

menwork.jpg

By ons maatskappy se petrolpompe werk daar ‘n ouerige blanke oompie … Oom Manie!

Oom Manie is 56 en woon in Abbotsdale (‘n kleurlingbuurt) net buite die dorp – en oom Manie se swaarkry is duidelik sigbaar in die diep lyne op sy gesig! 

Ek ken glad nie vir oom Manie nie, maar ek kan sommer sien oom Manie is baie trots op sy werk as Petrolpompassistent! Oom Manie is “very very sneaky”! As jy voor die petrolpomp parkeer, sal oom Manie altyd sy verbleikte hoedjie oplig en ‘n sagmoedige “goeiemôre dame” fluister! Dan vra oom Manie jou naam en jou lidnommer en voor jy kan sê mes is oom Manie weg! As jy omkyk is hy langs jou motor, reeds besig om die petrolpomp se gorrel in jou motor te druk! As jy weer vir oom Manie soek, is hy klaar besig met die volgende kliënt!! En sodra daardie petrolpomp sê “klik”, staan oom Manie weer hier langs jou vir ‘n handtekening en groet dan met ‘n vriendelike “geniet die res van die dag mevrou”-glimlag! Dis vir my groot pret om oom Manie dop te hou – want elke voertuig wat daar stop is ‘n nuwe uitdaging wat met groot entoesiasme aangepak word! Oom Manie verdien ‘n karige salarissie en het vandag, na drie maande se harde werk, sy permanente aanstelling gekry (dit was die lekkerste kontrak wat ek nog ooit opgestel het!!)

Ek wonder baie oor oom Manie – oor sy familie – het hy ‘n vrou en kinders? Wat is sy lewensverhaal? Is hy happy? Raak hy ook mismoedig?  Oom Manie het my onwillekeurig aan die storie van die “besem-manager” laat dink – toevallig my eerste inskrywing op Woestynsand… (https://woestynsand.wordpress.com/2007/01/30/welkombesem-manager/)

Ek dink ek gaan oom Manie tog uitvra oor sy lewe ! !

(PS. Vandag se boodskappie in my dagboek is toevallig die volgende – “Many people have the wrong idea of what constitutes happiness.  It is not attained through self-gratification but rather through fidelity to a worthy purpose – Helen Keller”)

Advertisements