…JUNO…

Posted: Januarie 4, 2008 in Uncategorized
Tags: , ,

juno_capemaidens.jpg 

Ek is ‘n “wine, gourmet and art groupie”!! Genuine…

Ek love wyn – want dis lekker, en vol verrassings!

Ek love kos – want dis lekker, en vol verrassings!

Ek love kuns – wat dis mooi, en vol verrassings!

Ek wil vandag met hierdie inskrywing spesifiek op een van my drie “stertjies” (kuns) konsentreer – wat my dan bring by my onderwerp – JUNO WINE COMPANY!!! Dis min genoeg dat jy een handelsmerk kry wat twee van jou gunstelinge kombineer en boonop dan nog met bewonderingswaardige produkte vorendag kan kom!

juno_artist.jpg

Tertia du Toit is die kunstenaar agter hierdie flambojante en energieke skilderye van die vroulike figuur, melkmeisies en Madonna’s en elke kunswerk wat as wynbottel-etiket gebruik word, skets die atmosfeer, smaak en aroma van die wyn! Die gebruik van hierdie maagdelike jong meisies is nie om hul objektief voor te stel nie, maar eerder te omskep in super godinne!  Tertia se kuns word ook gebruik as etikette vir konfynte en speserye en boekomslae.

Vanuit die pragtigste kaap in die wêreld – een met ‘n ryk geskiedenis van kuns en wyn, kom die skeppingswerk van wynmaker Newald Marais en die wyne wat onder die naam van Juno verkoop word!! Ek het al ‘n bottel of twee se seël saam met vriende gebreek en stem saam met die beskrywing wat op hul webblad (http://www.junowines.com/) gegee word – “joyful and bold, young, alluring, independent, brave, sensual, overtly romantic and free”. Hul filosofie is dié van ‘n vervaardiger wat konstant ‘n lyn trek tussen die skoonheid van kuns en wyn! Die proelokaal en kunsgallery is geleë te Hoofstraat 191C, Paarl en volgens gerugte beslis ‘n besoek werd! Daar kan jy wynproe, lekker eet, en Tertia se kunswerke bewonder!  Ek het myself ‘n besoek belowe die eerste geleentheid wat die Pajero sy neus Paarl se kant toe draai!! Tertia se werk het net ‘n manier om energie in my are te pomp! As ek na haar godinne kyk – wil ek leef, ek wil vrouwees, en ek wil ELKE oomblik daarvan geniet! (Gaan loer gerus na haar ander kunswerke by http://www.tertiadutoit.co.za/)

Gister lees ek op hul blog (http://www.junomaidens.blogspot.com/), die volgende interessante feite! Olieverf (waarmee al Tertia se skilderye gedoen word) neem gemiddeld 3 – 4 maande om droog te word. Wanneer jy ‘n skildery van Tertia koop, probeer sy haar bes om dit na 6 maande terug te kry sodat dit met ‘n spesiale tipe vernis geseël kan word! Na 2 – 3 ure, kan jy weer jou kunswerk terugkry, maar jou kunswerk is dan geseël en beskerm vir die volgende 50 jaar! Na 50 jaar moet die vernislagie verwyder word en die kunswerk weer geseël word. Buiten dat hierdie vernis die kunswerk seël, is die eintlike doel om die kleure te versterk en die skildery meer lewendig te maak (as dit enigsens moontlik is met Tertia se werk!!) Tydsberekening is van kardinale belang vir die vernis van olieverf, want indien die verf nie droog is wanneer dit vernis word nie – sal dit NOOIT droog word nie!!

Ek het gister so tong in die kies gewonder …. ek is nou ampertjies 30! Veronderstel ek gaan koop môre vir my ‘n oorspronklike kunswerk van Tertia (wat ek ernstig oorweeg!!), moet daardie kunswerk weer geseël word wanneer ek 80 jaar oud is – die jaar 2058! Nou ja, ek beskou myself as geseënd en bevoorreg as ek nog so gelukkig sal wees om my naam op 80 te onthou!! So wat dan? Hoe gaan ek maak dat ek nie hierdie kunswerk tot niet laat gaan nie? En watter waarborg het ek dat die een aan wie ek dit nalaat – hetsy ‘n eie kind of kleinkind – dieselfde smaak en waardering vir die prent sal hê? Ek sidder om te dink dat ek iets so kosbaar aankoop, net om dit na te laat aan iemand wat nie dieselfde waardering daarvoor sal hê nie! Hehehe, ja, ek het lekker vir my eie gedagtes gegiggel – wie dink nou OOIT so vêr vooruit?? Ek het egter tot die slotsom gekom dat ek nie so ‘n ongelooflike stukkie kuns sal koop vir enige iemand anders as net my EIE genot nie!! As ek dit nou aanskaf, het ek ten minste die voorreg gehad om dit vir 50 jaar ten volle te geniet!

As niemand dan eendag ma, ouma of oumagrootjie se smaak in kuns kan waardeer nie – moet die godin en my skildery saam met my graf toe gaan!!  Want dis wie ek is, en waarvan ek hou – my passies en my eie menswees kan nie in geld omgesit word nie – dit kan my net laat LEEF!!

juno_liberty.jpg 

(PS1 – ek het vir eers hierdie Sauvignog Blanc Print bestel en kan nie meer wag om dit in my huis op te hang nie! Update : het ek genoem dat Juno se diens UITSTEKEND is? Wel, ek het gisteroggend ongeveer 9:15 die print bestel, 09:20 die bevestiging ontvang, vanoggend ‘n epos gekry met die tracking nommer en vanmiddag 14:24 is my print afgelewer, by my lessenaar!!!)

(PS2 – Let asseblief op na die woord groupie en dat ek spesifiek nie die term “kenner” gebruik het nie!)

(PS3 – Die Afrikaanse woord vir groupie is popgroepstertjie! Hahahahaha, het jy dit geweet?? Ek het nie!!)

(Hierdie inskrywing is met goedkeuring van Juno Wine Company geplaas – ‘n groot dankie aan Petro en Ollie vir hul uitstekende diens en vriendelikheid!)

Kommentaar
  1. TristonJ sê:

    een van my grootste liefdes is kuns, in alle vorme. en die is waarlik mooi, die vrouens lyk almal of hulle aan die beweeg is en ons glimps net n oomblk van hulle pret…

    hoop die wyn smaak so goed as dit lyk!

  2. René sê:

    TristonJ – jy moet dit voel as jy voor daardie skilderye staan, dit voel daai girl gaan enige oomblik daar uitstap!!

    Die wyn smaak GREAT!!

  3. mykopop sê:

    Ek dink ek het al van haar gehoor – dankie dat jy my herinner het.
    Eendag as ek groot is wil ek ook ‘n skildery koop.

  4. Die Gestorwe Soldaat sê:

    *groot genoeglike sug* Die beste kombinasie sedert die ontstaan van die mens: drank en vroumense! Kan jy imagine… Juno Daniels… Klink soos die naam van ‘n engel! Ek lig my glasie!

  5. Roer sê:

    Het na haar webblad gaan kyk. Nie my styl nie, maar nogsteeds pragtig. Sal beslis probeer om ‘n bottel van die wyn vir liefie te bekom.
    (Soooo, wanneer IS jou verjaarsdag?😉 )

  6. TristonJ sê:

    Rene, ek kan jou goed glo! en wie weet dalk sien ek dit eendag met my eie oe… bly die inhoud van die bottle is net so goed😉

  7. sonkind sê:

    Ek het all van hierdie wyn gekoop. net omdat die etiket so mooi is. Ek drink nie eers wyn nie!🙂

  8. sonkind sê:

    Wil net byvoeg – ek HOU van jou blog se nuwe ‘look’. Net so mooi soos daai wynbottels!

  9. Da Mario sê:

    Ek het eendag ‘n Juno wyn gekoop net vir die mooi label. Dit is ‘n 2004 Shiraz, het hom nog nie gedrink nie, ek wag nog vir die regte geleentheid. Sal jou egter glo as jy vertel dit smaak great, volgende keer gaan maak ek ‘n draai in die Paarl ook.😉
    Mind you, sal graag BiB se ontleding van hierdie wyne wil lees, hy skryf mos so mooi oor wyn.

  10. Danie sê:

    Ek hou van jou keuse!

  11. Julle moet daardie poster in “die regte lewe” sien om dit werklik te waardeer! Dis asemrowend mooi!!!

  12. Roer sê:

    Terloops, geluk met jou blog se verjaarsdag!

  13. Haai Roer – baie dankie jong! Jy is BAIE oplettend! Ja, ek kan nie glo ‘n jaar is alweer verby nie – voel soos gister wat ek daardie eerste possie geskryf het – en intussen het so baie gebeur en ek is op soveel maniere verryk in die proses!!

  14. duskant sê:

    Voorspoedige nuwejaar, mag dit soos ‘n goeie rooiwyn net beter raak!

    Groetnis

  15. BB sê:

    Het die insetsel op, ek dink dit was Kwela?? gesien – ek is MAL oor die vrou se artwork!! Hê ‘n awesome 2008 René!! x

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s