…Mag 2008 vir jou…

Posted: Januarie 2, 2008 in Uncategorized

Nou ja, almal het reeds hul goeie wens uitgespreek vir 2008 – so van my en die woestyn word daar vir elkeen wat hier lees ‘n baie voorspoedige nuwejaar toegewens!

fireworks.jpg 

 Ek wil vanjaar die voornemens-boksie verbystap – en geen bydraes maak van my kant af nie! Ek wil hierdie jaar net LEEF – VOEL – ERVAAR – LIEFHê – DANKBAAR WEES – EN RENé WEES (true to myself and the person I want to be!) As ek hierdie jaar slegs een persoon se lewe kan raak en verryk, is dit vir my meer as genoeg!

Ek wil graag ‘n boodskap met jul deel wat ek vanoggend uit die woestyn ontvang het!

Mag 2008 vir jou…

– wees soos ‘n oopmond soen

Mag 2008 vir jou…

– gevul wees met passie en lewe

Mag 2008 vir jou…

– ‘n tyd wees waar jy jouself uitlewe in ‘n geil jaar wat heldergeel blom soos canola landerye

Mag 2008 vir jou…

– tye bring van ekstase, fisies sowel as geestelik….

Mag 2008 vir jou goed wees…

…solat jouse tone krul vannie lekkerte wat Onse Himelse Vader soos botterblomme teen ‘n rooi sandduin virre ons gagee het, sonner dat onse daarvor gavra het. (Griekwa taal)

Wees lief vir mekaar, en gaan soek die mooi in elke dag – skep jou eie “fireworks”!!

Kommentaar
  1. René sê:

    “gaan soek die mooi in elke dag” is geïnspireer deur Die Gestorwe Soldaat se nuwejaarsvoornemens!! http://diegestorwesoldaat.wordpress.com/2007/12/30/nuwejaarsvoornemens/ – gaan lees gerus! Ek dink hy is ‘n inspirasie vir ons almal!😉

  2. mykopop sê:

    Ek vat dit ook maar kalm met die goeie voornemens, daar kom tog gewoonlik niks van nie, ek probeer maar net elke dag die goed doen wat ek voel ek glo ek moet.

    Ek’s mal oor daai Griekwataal, ek hoop jy sal ook die 2008 deurgaan sonner lat jou voete klipperse raak.

  3. Roer sê:

    Dieselfde vir jou!😉

  4. Riana sê:

    Wat ‘n “nice” blog!. En die boodskap uit die woestyn is “stunning”
    Ek weet nie uit watter woestyn jy dit kry nie maar vra nog en deel dit met ons
    ‘n Heerlike 2008 vir alle wonderlike Afrikaners in ons land

    Riana
    Kimberley

  5. barry hofmeyr sê:

    n heerlike verfrissende blog om te lees uit die buiteland,

  6. René sê:

    Hallo Barry! Amptelik welkom! ! !

    Dankie “uiteindelik” vir die comment!!😉

    Hoop nie julle bibber te veel daar anderkant die grootwaters nie…!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s