…engel van my…

Posted: Desember 18, 2007 in Uncategorized

kiss.jpg 

ENGEL VAN MY

Sal jy vandag belowe
Jy sal saam met my staan
Voor die altaar van my lewe
My hart se wentelbaan

Jou belofte is een ding
Waar ons liefdepitte saai
Ons word dan groter bome
wat die wind nooit weg kan waai

Die winter van my gister
Word my wit katoen beklee
My boom se oudste blare
Val van bo tot benede

Die lente is om die draai
ons gaan ons mooiste liefde saai
Die somer laat jou skyn
Agter ons binnekamer se gordyn

Koor
Kom saam met my
Engel van my
Kom saam met my
Engel van my engel van my
Jy’s soos ‘n engel vir my

Die dagdroom van my menswees
Stap spore deur jou lewe
In my hart se kamer woon jy
Baby vier en twintig sewe

Die ring is my belofte
Ek sal saam met jou staan
Die soen is my seël
Jy kan saam met my sweef

Sal jy dan belowe
Ek en jy vir altyd saam
Ek sal dan belowe
Liefdepitte vir jou saai

Sal jy vandag belowe
Jy sal saam met my stap

(Jakkie Louw)

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    Ek moet erken dat ek nie die liedjie ken nie. Vir wie dit is, ek hoop hy spoil jou rotten!

  2. Wow! Diep-diep-diep vir ‘n ou wat meestal van drie pikkewyne sing…

    Is die girl met die viool ook in hierdie song, René? *groooot sug* ‘n Girl met ‘n viool…

    *Kom speel my, engel van my…*

  3. René sê:

    Soldaat – hierdie is een van die songs wat dadelik in jou hart inkruip!! Ek moet sê, Jakkie Louw het my nogal verras! Hy is toe nie net ‘n 3-pikkewyne en Rambo die polisiehond-mannetjie nie – die ou kan nogal regtig sterk songs sing!! My ander gunsteling op die CD is Blommekind … ek sal sy lirieke bietjie later vandag plaas!

    En ja, Engel van My is een van die songs waar die meisie met die viool speel (Ek dink haar naam is Jeannine?)!! En sy is baie goed (en blond en sexy!! hehe). My mond het oopgehang toe ek haar die eerste keer sien optree het saam met die “band”, ek het lanklaas soveel energie uit ‘n viool hoor spoel! (vee nou maar die kwyle af…)😉

  4. Magrietjie sê:

    Ek hou sommer baie hiervan

    Die dagdroom van my menswees
    Stap spore deur jou lewe
    In my hart se kamer woon jy
    Baby vier en twintig sewe

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s