Archive for Desember 18, 2007

…engel van my…

Posted: Desember 18, 2007 in Uncategorized

kiss.jpg 

ENGEL VAN MY

Sal jy vandag belowe
Jy sal saam met my staan
Voor die altaar van my lewe
My hart se wentelbaan

Jou belofte is een ding
Waar ons liefdepitte saai
Ons word dan groter bome
wat die wind nooit weg kan waai

Die winter van my gister
Word my wit katoen beklee
My boom se oudste blare
Val van bo tot benede

Die lente is om die draai
ons gaan ons mooiste liefde saai
Die somer laat jou skyn
Agter ons binnekamer se gordyn

Koor
Kom saam met my
Engel van my
Kom saam met my
Engel van my engel van my
Jy’s soos ‘n engel vir my

Die dagdroom van my menswees
Stap spore deur jou lewe
In my hart se kamer woon jy
Baby vier en twintig sewe

Die ring is my belofte
Ek sal saam met jou staan
Die soen is my seël
Jy kan saam met my sweef

Sal jy dan belowe
Ek en jy vir altyd saam
Ek sal dan belowe
Liefdepitte vir jou saai

Sal jy vandag belowe
Jy sal saam met my stap

(Jakkie Louw)

Advertisements