…the tudors (2)…

Posted: Desember 12, 2007 in Uncategorized

tudors1.jpg 

Gisteraand het ek weer my weeklikse fix met The Tudors gehad! Watter karakter is onse Koning Henry VIII nie tog nie! Dit raak net al hoe interessanter!

Henry het besluit sy huwelik met sy oorlede broer se vrou moet ontbind word, want dit het volgens hom onwettig plaasgevind! Almal weet natuurlik dat Henry se beeldskone mistress Anne Boylen die rede agter die ontbinding is – en Koningin Katherine maak gebruik van die hoof van hul familie – die “Emperor” om haar te beskerm.  Katherine is vasbeslote om met Henry getroud te bly, en diep binne haar hoop sy steeds dat Henry by haar ‘n seun sal wek!

Vir Henry om ‘n ontbinding van die huwelik te kry, moet die Pope eers toestemming gee, en wat ‘n drama om dit reg te kry! Die Pope is gevangene geneem deur die Franse en het wonderbaarlik ontsnap, nou kruip hy weg iewers in ‘n village en Kardinaal Wolsey stuur sy trawante uit om die Pope te gaan oorreed om die ontbinding toe te staan. Wolsey met sy rooi jurkie, is al simpel gesukkel en gekonkel om die toestemming vir die ontbinding te kry! Nog geen sukses tot dusver! 

Intussen breek daar ‘n “sweating sickness” plaag uit – en mense sterf links en regs – wat Henry dwing om weg te vlug van sy kasteel en Londen! Mistress Boylen en Wolsey word ook besmet met die siekte, maar oorleef darem wonder bo wonder!  Terwyl Henry in afsondering wag en homself met allerhande konkoksies dokter, begin hy twyfel oor die toekoms en sy vermoë om die land te regeer!

Wat my egter verbaas het (en ek weet meeste van dit wat in die storie gebeur het is fiksie) is dat blykbaar, as die King jou as sy mistress verklaar, jy amper meer voorregte as die Queen het en omtrent op die hande gedra word! Persoonlike diensmeisies en ‘n kamer in die kasteel! Moes nogal ‘n lekker lewe wees!

En ek het nooit geweet daar was gay “knights” nie!! (feit of fiksie??)

Kommentaar
  1. Celéste sê:

    Gay knights? Nou wonder ek skielik wat Koning Author en sy ridders regtig rondom die ronde tafel gedoen het?

  2. Da Mario sê:

    Seker het die vroue doei tyd ook maar “kopseer” ontwikkel… hence moeg gesukkelde gay knights.😈
    En die mistress lyk nogal na ‘n baie [censored] katjie!😆

    Ek sal bietjie plan maak en die storie kyk en self sien wat de hel daar aangaan. Thanks vir die update!😉

  3. mykopop sê:

    Dit lyk interessant, maar ek sal moet kom opvang na Kersfees. Dis my laaste dag by die werk en ek het so pas verneem ons foonlyn is al weer af.

    ‘n Geseënde Kersfees, en ‘n mooi 2008 vir jou en jou man!

    Blogging off.

  4. Jasper sê:

    René

    In die ou tyd was homoseksuele verkragting ‘n wyse om algehele oorgawe af te dwing by ‘n vyand (Sien die fliek “Rob Roy”) – ou pagan gewoonte

    Van die “knights” het dit as lewensstyl aanvaar en sodoende was homoseksualiteit onder hulle nie vreemd nie en jan alleman het ook nie daaroor gefrons nie.

    Dit is eers in later jare deur die kerk bevraagteken en eers in die tyd van kolonialisme toe Christenskap regtig wereldwyd begin versprei het dat dit as ‘n daad van sonde gebrandmerk geraak het.

    Ek klink nou soos my geskiedenis prof…..

  5. …en ek kan sommer sien JY sou graag ‘n minnares wou gewees het met al daai voorregte!

  6. Roer sê:

    Jy kry hulle tot vandag…SIR Elton John😉

  7. René sê:

    Boertjie – hoe bedoel meneer dan nou??

  8. Da Mario sê:

    BiB…
    Ek kan nie meer saam stem nie!😆

  9. René sê:

    Boertjie en Da – julle tweetjies tender vir ‘n pakslae!:mrgreen:

    Maar dan…”on second thought”, ek is eerder die Koning se minnares as die Koningin – die lady in my sal nie val vir daardie verbale mishandeling nie!

    Da Mario – as ek die storie so kyk, maak ek die logiese afleiding dat daar nie veel simpatie was met ‘n kopseer nie!

  10. Da Mario sê:

    Gaan jy daai pakslae uitdeel? 😈
    Ek het nog altyd gelike van aggressiewe vroue…😆

  11. TristonJ sê:

    Rene het jy nog daai boksie pleisters byderhand😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s