Mense is dikwels
onredelik en selfgesentreerd
Vergewe hulle, in elk geval
As jy goedhartig is
kan mense jou beskuldig van bymotiewe
Wees goedhartig, in elk geval.
As jy eerlik is
mag mense jou oneerlik behandel.
Wees eerlik, in elk geval
As jy gelukkig is is mense jaloers
Wees gelukkig, in elk geval
Vandag se goed doen is more vergete
Doen goed, in elk geval
Gee die wêreld die beste wat jy het
en dit mag nooit genoeg wees nie.
Gee jou beste, in elk geval.
Want weet jy, op die ou end is dit tussen jou en God
Dit was nooit tussen jou en hulle nie
IN ELK GEVAL
Advertisements
MMmmmm…. jy like hierdie soort ding deesdae!
En jy besef hierdie is next to impossible? 😆
Ek wens regtig ek kon my lewe so lewe. Soms gaan dit maar moeilik, veral as jy voel dat jy aan die kortste end trek. “Human nature”, sekerlik. Maar ek gaan probeer. Belowe.
*sug*
Da Mario – niks is “next to impossible” nie! As jy oor iets droom, en jy DINK jy sal dit nooit waar kan maak nie – moet jy altyd aanhou PROBEER om dit tog eendag waar te maak!! Ek sal eerder doodgaan van probeer, as doodgaan met die wete ek het nooit eers probeer het nie! (Né Celeste?)(of so iets – amper confuse ek myself!! LOL)
Flatty, wat sug jy so jong??