…engel…

Posted: Desember 3, 2007 in Uncategorized

pos.jpg 

ENGEL (Karin Zoid) 

Ek het vriende wat ek sien
Ek is verslaaf aan nikotien
Ek hou van karre wat kan ry
Ek huil gewoonlik as ek baklei
Ek het gedink dat dit sou reën
Toe word ek stil en wag alleen
Tot jy kom klop het
Aan my deur

Ek het n dak bo-oor my kop
En in die winter like ek sop
Ek raak benoud wanneer jy luister
Net soos wanneer mense fluister
Ek wonder of jy sal onthou
Dat jou woorde aan my klou
En jy my insluk
Sonder om te kou

En ek skree ‘n song vir jou my lief
Bly nog ‘n rukkie asseblief
Want as ek sing dan sing jy saam
In ‘n droom roep ek jou naam

Ek is so dronk soos Koos Kombuis
Daar is geen swembad by my huis
My sussie bly in Potchefstroom
Die mense daar rook almal boom
Vier seisoene in jou traan
Hou my vas wanneer jy gaan
En ek weer alleen hier staan

So ek skree ‘n song vir jou my lief
Jy is ‘n engel en ‘n dief
Want as ons sing
Dan sing ons saam
In ‘n droom roep ek jou naam…

Nogal ironies hoe mens soms ‘n song hoor, en amper onmiddelik kom daar ‘n persoon se naam of gesig by jou op … iemand wat jy dalk lank terug ontmoet het maar lanklaas gesien of mee kontak gehad het, iemand wat jou lewe eendag lank gelede geraak het, of iemand wat jy nog maar besig is om te leer ken, en jou hart reeds op ontelbare maniere raak! Maak nie saak hoe lank daardie persoon watter rol ookal in jou lewe gespeel het nie – daar sal is altyd iets wees wat jou aan hom/haar herinner.  Ek koppel onbewustelik spesiale songs aan spesiale mense!

Ek het gisteraand weer so ‘n “oomblik” gehad, en ek hoop daardie persoon lees vandag hier – jy sal weet wie jy is!!

Kommentare
  1. Da Mario sê:

    Ek hou vreeslik baie daarvan om hierdie song te sing tydens kareoke, dis so baie mooi.
    Jy het my nou erg nuuskierig oor wie so plekkie in jou lewe het, maar ek weet hulle kan baie gelukkig wees. Sulke songs wat jy aan spesiale mense koppel… ja, dis nogal ironies.

    So gaan jy ons nie ‘n hint gee nie? 😀

  2. René sê:

    Lol @ Da Mario! A lady never kisses and tell!! Jy is darem lekker nuuskierig jong!! 😉

  3. Da Mario sê:

    Altyd!! 😀

    By the way, ek neem aan die “kisses and tell” uitdrukking is net by wyse van spreke? 😈

  4. Da Mario sê:

    Wel, wie dit ookal mag wees, ek hoop ook hulle lees hier en sien hoe oulik jy dink hulle is! 🙂

  5. mykopop sê:

    Amper wonder ons wie die persoon is!

    My een dogter het die jaar begin kitaar neem – ek dink dit was hulle eerste song. Baie mooi.

  6. *groot sug*

    Enige iemand hier rond wat hierdie spesifieke song aan my bakkies wil koppel…? Enigiemand…?

    Die dag wat ‘n dametjie hierdie song “ons s’n” maak gee ek my hart op ‘n goue skinkbord – pasella!

  7. Da Mario sê:

    Rene…
    Fix die lirieke. Die laaste lyntjie van die 2de versie moet wees: “As jy my insluk, sonder om te kou”

    Soldaat…
    Ek stem saam, soms werk dit net nie heeltemal so nie… soms is dit net nie genoeg om jou hart te gee nie. 😦

  8. René sê:

    Mykopop – ek sou enige iets gee om daai song op ‘n kitaar te speel!!

    Soldaat – is dit ‘n skimp? 😉

    Da Mario – vanoggend toe ek die song in die stort sing, toe slaan ‘n druppel my voor die kop dat daar iets missing in my lirieke is!! Ek het reggemaak! Thanx!

  9. Sies vir jou Da Mario – steel jy amper my hoop…

    Nope René, daai is nie ‘n skimp nie! Dis sommer ‘n rondborstige, Kurt Darren-rige “hier’s-ek-nou-vat-my-maak-my-joune” spesiale aanbod so kort voor Kersfees! 😉

    Ek vra weer: Any takers?

    /me loer rond met puppy eyes…

  10. Da Mario sê:

    Whahahaha!!! Ladies, hoe kan julle iemand wat so kan dig se “Feitlik-gratis-voor-Kersfees” aanbieding van die hand wys?? 😆

  11. René sê:

    Soldaat – be carefull what you offer!!

    Da Mario – let’s not go there, ek brand om my hand op te steek!!! 😉

  12. Da Mario sê:

    Steek hom op Rene!!
    Imagine net hoe kan jy voor ‘n kaggel snoesig onder ‘n kombersie wees met ‘n rooi wyntjie in die hand terwyl jy luister na daai diep stem wat poetry voorlees…. :mrgreen:

  13. OK julle, ek’s ook nog hier… nie net ‘n “for free” ornament nie…

    Maar ja! Ek sal vir jou lees terwyl ons onder daai ou kombersie lê en sweet (die Kalahari is donners warm hierdie tyd van die jaar – selfs snags!) en wyn drink…

  14. René sê:

    Da Mario – pimp jy nou vir my of vir Soldaat-man?

    Soldaat – jy moet dan maar eerder daai kombersie in die kas bêre! 😉

  15. Da Mario sê:

    O jinne nee, nou hou ek myself hier uit!! 😆

    Gelukkig is Pretoria die laaste ruk lekker nat en koel…

  16. Daar’s nie dalk ‘n ou eensame Bulls cheerleadertjie aan wie jy my kan afsmeer nie, Da Mario? Lyk my René is net bek… 😉

  17. René sê:

    Da Mario en Soldaatjie – julle tweetjies soek vir moeilikheid vanoggend!! :mrgreen:

  18. LOL! Presies wat my pa jare terug gesê het: Vrouvat is moeilikheid soek!

  19. Da Mario sê:

    Soldaat…
    ‘n Eensame Bulls cheerleadertjie??
    Mmmm… Rene is ouliker man! (Al skree sy vir die verkeerde span…) 😉

  20. O hel, Da Mario! Ek weet nie of my liefde só intellektuele gebreklikheid sal kan deurstaan nie! LOL! Moenie so verdomp suinig wees nie – vertel die Bulls’ Babes van my, dêmmit!

    Sorry René – niks persoonliks nie… Ek stuur vir jou ‘n mooi rugbytrui vir Krismis…

  21. René sê:

    No offense taken Soldaat … maar moet asb net nie vir my ‘n WP of Stormer-rugbytrui stuur nie!!

  22. Nee man, René! Om daai gemors te koop is erfsonde! Dit sal ietsie blous wees… Uit die hart van die Jakarandastad… En elke keer wat jy dit dra, sal jy soos ‘n propperse CHAMPION voel!

  23. Da Mario sê:

    Soldaat…
    Sodra ek nou weer met daai cheerleadertjies chat sal ek hulle oor jou inlig! Koop solank baba olie….

    Rene…
    Jy dink tog nie jy sal ‘n Sharks trui kry nie doen jy?? 😈

  24. René sê:

    Da Mario – ek sidder om te vra – wat is die doel van die baba olie?

  25. Da Mario sê:

    GrrRene…
    Ek sal moet beduie, ek kan jou nie vertel nie…. 😈

  26. Is dit nie soos vir in daai Rooikappie storie nie? “Om jy beter te kan eet, my kind!”

  27. René sê:

    Stadig nou julle, hierdie is ‘n gesinskanaal!! :mrgreen:

    Nota aan myself : Moenie vir Da Mario en Soldaat gelyk vir ete nooi waar daar Bloubul cheerleadertjies teenwoordig gaan wees nie!

  28. Da Mario sê:

    Nota aan GrrRene…

    Moenie ‘n spoil sport wees nie, wees dapper en doen dit!! 😆

  29. Sê die een wat die spykers op my blog kom gooi!

  30. René sê:

    Soldaatjie – waarvan praat jy tog jong? Ek? Spykers gooi? Neverrrrrrrrrr!! 😈

  31. Ek mors nie met kos nie! En jy, Da Mario? Ek sal alles/almal eet…

  32. Da Mario sê:

    Soldaat…
    Ek stem saam, ek is nie bang nie… eet alles en almal! 😈 En vra vir Rene waar kom sy aan daai raad wat sy so kwistig op jou blog rondgooi! 😀

Lewer kommentaar op Die Gestorwe Soldaat Kanselleer antwoord