…the tudors…

Posted: Oktober 31, 2007 in Uncategorized

tudorsposter.jpg 

Ek is in my element … gisteraand het die langverwagte “The Tudors” op MNet begin, en ek het natuurlik alreeds 21:00 vasgenael gesit en wag vir 21:30!  Jonathan Rhys Meyers (ja, die Hugo Boss outjie) speel die rol van Henry VIII.

henryviii.jpg — Die regte Henry VIII 

Julle sal onthou ek het in een van my Engeland vertellinge ‘n stukkie geskryf oor ons besoek aan Hampton Court Palace en van prins Henry VIII en sy flambojante lewenstyl.  En dis waaroor The Tudors gaan! Die hele reeks handel oor Henry VIII se vroeë heerskappy as King of England en sy eskapades met die dames.

tudors1.jpg — Die “cast”  tudors3.jpg — Henry VIII

Alhoewel min van die tydstempels in die reeks met die datums en tydperke in die geskiedenisboeke ooreenstem en die jong Henry taamlik kattermaai tussen die dames in ‘n paar wilde “scenes” reeds in die eerste episode, het die geskiedenis van hierdie karakter (selfs na ons besoek aan Hampton Court Palace) my behoorlik beet en het ek al heelwat oplees werk daaroor gedoen! As jy meer oor die regte geskiedenis wil lees en die 1500 jou interesseer, volg hierdie link, dit was nogal ‘n interessante stukkie leeswerk … http://en.wikipedia.org/wiki/Henry_VIII.  Die regte Henry VIII het darem ook meer belangstellings gehad as net vrouens.

Ek haal aan : “Henry VIII is known to have been an avid gambler and dice player. In his youth, he excelled at sports, especially jousting, hunting, and real tennis. He was also an accomplished musician, author, and poet; his best known piece of music is Pastime with Good Company (“The Kynges Ballade”). Henry VIII was also involved in the original construction and improvement of several significant buildings, including Nonsuch Palace, King’s College Chapel, Cambridge and Westminster Abbey in London. Many of the existing buildings Henry improved were properties confiscated from Cardinal Thomas Wolsey, such as Christ Church, Oxford, Hampton Court Palace, palace of Whitehall, and Trinity College, Cambridge. He founded Christ Church Cathedral School, Oxford in 1546. 

Many significant pieces of legislation were enacted during Henry VIII’s reign. They included the several Acts which severed the Church of England from the Roman Catholic Church and established the king as the supreme head of the Church in England.”

Nou ja, daar is baie wat ek van Henry en The Tudors kan skryf, maar kyk gerus die reeks op MNet, Dinsdagaande om 21:30 en kom gesels saam. Hoop jul gaan dit net so baie geniet soos ek reeds die eerste reeks geniet het. As jy ‘n voorskou wil hê van wat in die eerste seisoen gaan gebeur, lees gerus hier http://en.wikipedia.org/wiki/List_of_The_Tudors_episodes

Kommentaar
  1. Oe, dit was mooi. Ek sal weer kyk.

  2. Da Mario sê:

    Nou wonder ek hoeveel van daai dinge het Henry self gedoen. En vir watter het hy net die krediet gekry sonder om ooit ‘n vinger te lig. En watter was idees wat hy gesteel het, en net laat implementeer het en toe mense dit laaik, toe vat hy erkenning….
    Konings doen mos maar sulke dinge, ek is seker sy kattemaaiery onder die dames is dalk ook effe oordrewe….😈

  3. Roer sê:

    Aaaaag, ek kan nie glo ek het dit gemis nie! My kop darem. Sal maar moet wag vir die reeks op dvd.

  4. René sê:

    George, ek stem – dit was mooi, ek gaan beslis niks mis nie!

    Da Mario, dis “so like you” om Henry in twyfel te trek!!! Lol! Ek glo Henry het baie van sy idees gesteel, maar blykbaar was hy nogal ‘n intelligente man en slinkse vent en het net geweet hoe om te manipuleer en sy mag tot sy voordeel te gebruik! En wat sy gekattermaaiery aanbetref, ek dink nie dis oordrewe nie – hy was bekend daarvoor en op ‘n stadium (toe hy nog goed gebou en jonk was) was hy die pin-up-prince genoem en BAIE gewild onder die dames. Hy kon nie ‘n sexy katjie laat verbystap nie! Dis omtrent een van die eerste “feite” wat hul die dag by Hampton Court Palace genoem het! Hy was werklik ‘n legende!

    Roertjie – jy het net die eerste episode gemis, ek is seker jy sal die storielyn nog kan optel!!

  5. Nie hierdie spot-the-mistakes-girl nie. Te veel belangrike detail is nou daarmee heen.😉

  6. Skoor sê:

    Dit lyk erg cool. Ek het die eerste epi baie geniet, en ek dink nie dit gaan ooit spoed verloor nie.

    Rome was ook vir my heerlik om te kyk, maar toe mis ek ook die eerste twee episodes van reeks 2, en besluit om dit nie verder te kyk nie – soos Roer se…

    Gelukkig sien ek dit is op DVD.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s