Jaco het mooi gevra ek moet hom tog uit sy nuuskierigheid verlos. Die foto wat ek laasweek op die blog gehad het, was actually *iets* (wat noem mens dit?) van die een of ander belangrike vliegtuig wat ons by Chatsworth-house gesien het. Ironies dat ek nou die detail vergeet, maar in elk geval, hier is die hele prentjie!
Het jy een van hierdie vriendinne?? Ek het…
PAP POT
Het jy ook ‘n pappot-vriendin? So ‘n lekker, rustige ou maat wat eenkant in jou lewe staan en prut? Jy weet presies wat onder haar deksel aangaan en jy maak nie die pap te dik aan nie.
RYSPOTJIE
Sy is lief vir skinder en jy vertel haar nie jou grootste geheime nie, want nes jy jou rug draai, loop sy oor.
DRUKKOKER
Sy’s die bekwame leier wat talle take op haar skouers neem en alles vinniger en beter as ander kan doen. Maar, selfs sy raak soms onder te groot druk en as sy nie dadelik afgekoel word nie, is die skade groot.
DUBBELKASTROL
Die afhanklike een wat net kan funksioneer as sy iemand onder haar het wat die stoomwerk verrig.
PAN
Sy is daardie oop, vriendelike mens: verberg niks onder ‘n deksel nie en steek ‘n lang arm uit om jou te help. Sonder haar is jou kombuis onvolledig en jou siel arm.
Ondanks skete en tekortkominge, het elkeen van jou potjies ‘n plekkie op jou rak. Jou hande jeuk om party na jou sin te skuur, maar wie sê jy lyk nie meer aangebrand as almal saam nie?
Dis die fan gedeelte van ‘n turbofan jet engine. Dis wat mens dit noem…. 😉
Dankie Da Mario – ek voel soos Liewe Heksie – dis groot woorde en ek het so bietjie vergeet van groot woorde!! Lol 😉
Dis ‘n mooi fan-thingy né?
Dit behoort aan ‘n Rolls Royce engine… 😉
…en is glo gemaak van titanium?? 😯
Duhhh!! 😈
Ek het al hierdie potjie vriendinne! Oulik!
Ek het nie ‘n Dubbelkastrol nie, maar wel die res.