…ek sal blog…

Posted: Oktober 19, 2007 in Uncategorized

OK goed, julle wen! Ek sal vir nou aanhou blog en ‘n manier vind hoe my werk minder kan inmeng in my blogging!! Vir nou!!! Die situasie sal dan oor ‘n paar maande heroorweeg word. Dankie vir elkeen so aanmoediging! Ek het ook gisteraand besef — ek gaan julle boggertjies te veel mis!

In the meanwhile – ek wil tog asseblief nie oor rugby praat vandag nie!! Ek wil nie groen en goud of rooi rose sien nie – ek wil nie vandag in oranje en wit cheetah hemde vaskyk vir die opbou na die currybeker eindstryd volgende naweek nie – ek wil hê die wêreldbeker en die currybeker moet nou end kry!! Dit was nou genoeg – dankie!!

Miskien kan julle raai wat dit is?

watisdit.jpg

Kommentaar
  1. Jaco sê:

    Ek is so bly jy het besluit om nie op te hou met blog nie!
    Die prentjie lyk nogals na die vinne binne-in ‘n straal enjin. Of ‘n ernstig “heavy duty” waaier miskien?

  2. BB sê:

    Hmmm – dit lyk soos waaier-‘blades’, of dalk ‘n oversized wortelrasper?? – of het jy die foto dalk uit die vliegtuig se venster geneem?? Anyways – ek is bly jy’t besluit om nog te blog – en weet jy, daardie verwysing van “as jy dit nie voluit kan doen nie” – ek sou sê dit is van toepassing op ernstige dinge in die lewe soos huwelike (😉 @ Jaco) en kinders grootmaak en jou werk en jou ambisies en verantwoordelikhede, maar as dit kom by ‘fun’, moet mens dit vat en doen soos die lus jou pak en jou hart jou lei. Daar is NIKS so irriterend en frustreerend as iemand wat ‘n krieketspel tydens ‘n piekniek-Sondag in die parkie aanpak met daardie attitude nie -dis wanneer ek sommer my mandjie pak en ehm gaan…
    Selle met jou blog – skryf wanneer jy tyd en lus het – ek’s bly jy bly!! xx

  3. Marina sê:

    Ek dink jy het heimwee oor vlieg vandaar die vinne van die enjin? Ek is bly jy hou aan blog dit laat tog die kreatiewe juice die dag vloei as jy lus het!

  4. skoenlapr sê:

    korreksie … bLoggertjies (en nie boggertjies nie)! LOL

    bly jy gaan nog blog, ek geniet jou inskrywings

    lekker naweek
    mwah!

  5. Da Mario sê:

    Keimoes se waterwiel?😆

  6. Hoor hoor!

    Watter Curriebeker???

    Da Mario, wat weet jy van Keimoes se waterwiel af? Dis MY wêreld daardie!

  7. kaalvoetkind sê:

    Miskien moet iemand maar vir ons ‘n inskrywing oor “how to handle perfectionism” doen. 😉 René, kry jy weer lus om op die “aerie” te klim? Ek sal selfs happy wees met Keimoes se waterwiel op hierdie oomblik (het goeie vriende op Keimoes)!

  8. platterfuss sê:

    Dankie toggggggggggg jy is nog hier!

    Daai ding op die foto is die ding wat my vandag teen die kop ‘zap’, wat maak dat ek voel soos ek voel!

    Hehe…

  9. Da Mario sê:

    Jissie, was die rugby nie net great nie…😈

  10. Jaco sê:

    Gaan jy nou nie vir ons vertel wat is die fototjie nie? Aag toe pleeeeeeease???

    /me is vreeslik nuuskierig

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s