? einde ?

Posted: Oktober 18, 2007 in Uncategorized

einde.JPG

Ek oorweeg dit om op te hou blog!

Moenie vra hoekom nie – ek weet nie!! Ek dink die laaste tyd baie daaroor en soms voel dit ek het nou ‘n tydstip bereik waar mens begin voel … alle goeie dinge kom tot ‘n einde! Dalk moet hierdie goeie ding ook sy einde bereik!

Dalk is daar iemand wat my anders kan oortuig?

Op hierdie stadium is my enigste goeie rede wat ek aan kan dink, dat ek eenvoudig net nie meer tyd kry vir blog nie! Ek het baie om te sê en my kop is so geweldig besig met gediggies en storietjies, maar my werk vereis so baie van my, dat blogging op die stadium laag op my prioriteitslys lê!! Ek het nog nooit daarvan gehou om iets halfpad te doen nie, en ‘n goeie pel van my het altyd gesê “As jy nie ‘n ding voluit kan doen nie, moet dit liewer glad nie doen nie”! Dit is dus eintlik die goeie pel wat my aan die dink gesit het!

Nou wat nou?

Kommentaar
  1. Neeeeeeeeee !!!!!!!!!!

    Ek speel net. Dis natuurlik jou besluit. Miskien moet jy daaraan dink om net een keer ‘n week (of een keer ‘n maand) iets goed te skryf. Dan doen jy dit mos goed. Of is dit dan nie meer blogging nie?

    Ek wonder hoe wyd verspreid is die gebruik van “Feed Readers” soos bv. Bloglines of Google Reader? Ek kry die indruk dat mense wat blogs lees elke dag met hulle browser gaan na elkeen van die blogs wat hulle lees, en as jy vir ‘n paar dae nie iets skryf nie, kom hulle nie weer terug nie. As alle lesers “Feed Readers” begin gebruik, kan die konsep om net te skryf as jy regtig iets beet net nogal werk, of hoe?

  2. Jaco sê:

    Dit sal natuurlik ‘n groot jammerte wees en ons sal almal jou bydraes tot die blogwêreld mis.

    Maar slegs jy kan besluit wat goed en reg is vir jou, en alle sterkte daarmee. Kom sê tog net koebaai as jy besluit om te gaan.

  3. kaalvoetkind sê:

    René, ek voel presies nes jy (as jy iets nie voluit kan doen nie, moet dit nie doen nie). Ek wens regtig ek het meer tyd gehad om te blog, maar ek het nie. Miskien eendag… Ek hét selfs al opgehou en nou maar weer begin maar my werk ly daaronder.

    Anyway, ek het nog altyd jou inskrywings geniet en sal dit definitief mis.

  4. marat sê:

    Neeeeeeeeeee!!!!!!!!!! (Grappie!) Dis ‘n besluit wat net jy sal kan neem, maar ons sal jou bydraes VERSKRIKLIK mis.

    Jy kan altyd besluit om net te blog as jy werklik iets te sê het – of dit nou 1x per week of maand is.

  5. Jy gaan darem ‘n paar mense bitter kwaad maak!

  6. Michelle sê:

    Hi skattebol.

    My opinie: Moenie dit nie heeltemal los nie. m.a.w moenie jou blog delete nie. Skryf as die gier jou beet het en anders los dit maar net. Maak mos nie saak of 100 of 10 mense jou blog lees nie. Ek het jou blog op rss feeds in my outlook en ek kom altyd loer as daar iets is. al is dit few and far between inspireer en streel en maak jou woorde my heel. Somtyds laat dit my lag en somtyds is daar ‘n knop in my keel maar altyd beteken jou woorde vir my iets. Hoop om jou liewer net nou en dan te sien as glad nie weer nie.

    Dink aan jou en mis jou altyd
    xmwahx
    xMx

  7. Nee. Nee. Nee. Ek stem saam met Michelle. Skryf soos jy voel, al is dit dan net eenmaal ‘n maand of so.

  8. Net nog ‘n gedagtetjie vir jou pêl: Is enigiets wat ons doen 100% volmaak?

  9. Louisa sê:

    Moenie ophou nie😦

  10. Da Mario sê:

    Ek dink jy is besig om jou re-evaluasie bietjie ver te vat. Maar ek het jou twee maande terug al vertel dat ek dink jy het jou eie sirkel voltooi. Jy het nie nodig om meer te blog nie, nou kan jy dit doen vir fun, soos jy die gier kry of tyd het.
    EK glo nie dit sal help om jou either way te probeer oortuig nie, ek dink jy het klaar jou mind opgemaak. SO kom ek los jou met ‘n laaste gedagte: Imagine hoe lekker kan jy blog as jy swanger raak, die gedagtes en gevoelens wat jy kan neerpen en eendag saam kan revisit met jou kiddies. Dit is waaroor blogging gaan of hoe? 😉
    Just a thought, use it – don’t use it…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s