Archive for Oktober 18, 2007

? einde ?

Posted: Oktober 18, 2007 in Uncategorized

einde.JPG

Ek oorweeg dit om op te hou blog!

Moenie vra hoekom nie – ek weet nie!! Ek dink die laaste tyd baie daaroor en soms voel dit ek het nou ‘n tydstip bereik waar mens begin voel … alle goeie dinge kom tot ‘n einde! Dalk moet hierdie goeie ding ook sy einde bereik!

Dalk is daar iemand wat my anders kan oortuig?

Op hierdie stadium is my enigste goeie rede wat ek aan kan dink, dat ek eenvoudig net nie meer tyd kry vir blog nie! Ek het baie om te sê en my kop is so geweldig besig met gediggies en storietjies, maar my werk vereis so baie van my, dat blogging op die stadium laag op my prioriteitslys lê!! Ek het nog nooit daarvan gehou om iets halfpad te doen nie, en ‘n goeie pel van my het altyd gesê “As jy nie ‘n ding voluit kan doen nie, moet dit liewer glad nie doen nie”! Dit is dus eintlik die goeie pel wat my aan die dink gesit het!

Nou wat nou?

Advertisements