Archive for Oktober 15, 2007

…small miracles…

Posted: Oktober 15, 2007 in Uncategorized

Ek is nie ‘n “brag”-gerige mens nie … maar gun my die oomblik asseblief!!

Hierdie is nie ‘n grap nie … ook nie ‘n hoax nie … dit gaan my niks kos nie … en die brombeer (die baas) het ingestem … ja … jy lees reg! Ek is genomineer vir ‘n dag se bederf by Mangwanani Private African Spa!!  Ek het vinniger as wat jy kan sê “MES” gebel en bevestig, voor iemand dalk die aanbod terugtrek of die brombeer dalk sy mind verander! Lyk my my luck draai tog…ek wen NOOIT iets nie, en hier wen ek sonder dat ek vir enige iets ingeskryf het, dit was net suiwer harde werk wat so-iets in my skoot laat val het!

Dankie dankie dankie!!! aan Heleen en haar personeel by Adcorp Talent Resourcing … nou gaan ek julle mal maak met advertensies … opbou vir volgende jaar, jy sien!!

spa_treat.JPG

Ek is ini wolke!!!

Advertisements