…’n mooi vrou…

Posted: Oktober 8, 2007 in Uncategorized

beautifullwoman.jpg 

‘n Mooi vrou is …

soos gras, groei altyd weer nuut uit as mense dit vertrap het.

soos fonteinwater, altyd weer helder, niemand kry dit reg om sy modderspore vir altyd daarin te laat nie.

soos rooidag se mooi na die donker nag, so staan sy op, en geen storm kan dit bedreig nie.

soos ‘n goeie boom lewer sy goeie vrugte met elke woord wat sy sê, geen gogga kan dit wegvreet nie.

Kommentaar
  1. skoenlapr sê:

    Dankie Rene!!! Dan is EK, ja EK ook ‘n mooi vrou!!

    lekker dag

  2. Da Mario sê:

    Ek neem aan die woord “mooi” verwys nie hier na een van uiterlike vorms nie, maar eerder innerlike krag.

  3. René sê:

    Dis 100% reg soos jy daar sê Da Mario! Die prentjie pas nie regtig nie, maar dit was ook vir my mooi!!

  4. rakadieondier sê:

    Baie mooi!

  5. René sê:

    Skoenie, jy is beslis ‘n mooi vrou…!

  6. kaalvoetkind sê:

    Ek dink dis seker elke vrou se wens om as ‘n mooi vrou beskryf te word. Hoe sê die spreekwoord: skoonheid vergaan, maar deug bly staan!

  7. Da Mario sê:

    Ek sal nogal graag Skoenie se skoonheid wil uitcheck!😈

  8. Gatta Patta sê:

    Rene dis pragtig. Die prentjie maak nie saak nie -God het ons mooi geskape, ne?

  9. Rene, is dit nie bietjie arrogant om so oor jouself te skryf nie?😉

  10. René sê:

    Ai Boertjie — uitgevang! Maar jy weet mos ek het ‘n verskriklike nederige manier om met my arrogansie om te gaan…!😈

  11. izak sê:

    onbesoedelde skoonheid
    en mooi sukkel so om lelik te wees
    al wil die duiwel ook soms hoe …

  12. skoenlapr sê:

    LOL Damario … jy het nie ‘n paspoort nie! LOL

  13. Marina sê:

    Dit is so waar en van toepassing op ELKE vrou
    M

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s