…oupa en ouma…

Posted: Oktober 3, 2007 in Uncategorized

padaanwyser.JPG 

(weet jy dalk waar hierdie bordjie staan?) 

Ek onderbreek myself met die volgende staaltjie – dit was so sweet, ek kon nie die versoeking weerstaan nie…

(O-ja, ek en Brongitis deel die week ‘n bed – dit gaan darem elke dag ‘n bietjie beter, alhoewel die medikasie my ‘n ordentlike voorsmaak van Parkinsons gee … ek sal dit ook oorleef!)

Oupa en Ouma

Eendag sit Oupa op die stoep toe Ouma van die kombuis af skree: “Oupa, daar is fout met die kleinhuisie!” (In daardie tyd was dit mos die buitetoilet of longdrop.)

Oupa sê: “Daar is niks fout met die kleinhuisie nie.”

Maar Ouma sê: “Daar is. Gaan kyk.”

Nou, in daardie tyd was die man veral baie bang vir sy vrou gewees, so oupa staan maar op en brom-brom al na die kleinhuisie toe.

Hy kom daar aan en sê: “Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie.”

Ouma sê: “Daar is. Gaan in,” en Oupa gaan toe maar in.

Toe hy binne is kyk hy rond, maar sien niks verkeerd nie en sê: “Ouma, ek is in die kleinhuisie. Daar is niks verkeerd nie.”

Ouma sê: “Daar is. Steek jou kop in die gat in.”

Oupa sê: “Ouma, ek gaan nie my kop in die gat insteek nie.”

Dis daardie tyd wat Ouma haar stem redelik dik maak en sê: “Oupa, steek nou jou kop in die gat in” en arme Oupa doen dit nou maar so. Nou is Oupa se kop redelik in die longdrop in om te kyk wat fout is.

Oupa skree toe: “Ouma, daar is niks fout met die kleinhuisie nie!”

Ouma sê: “Trek jou kop uit” en oupa trek toe sy kop uit, maar toe haak sy baard in die gleuwe van die gekraakte houtplanke vas en hy gil
verskrik: “Ouma, kom help! My baard sit vas!”  waarop Ouma antwoord:

“Dis lekker seer, né!!!”

Groetnis…

xxRxx

Kommentaar
  1. René sê:

    PS. Probeer raai waar die bord staan sonder om te google daarvoor…!

  2. Jaco sê:

    Hahahaha you funny! Nee sê maar jong, ek het arm grootgeraak en is niks gewoond nie.

    Maar as jy dan gaan aandring op ‘n raaiskoot, aan die regterkant steek ‘n bordjie uit wat lyk of dit kan lees “Pump room” Daarom sal ek dan raai die dorpie Bath.

  3. skoenlapr sê:

    roflmao!! eeeeekkk!

  4. René sê:

    Jaco, jy het ge”google”!!!!

  5. Jaco sê:

    René, nee ek het nie. My beste pel bly al vir 10 jaar in Engeland, en ek het foto gesien van hom en sy (toe verloofde) voor dieselfde gebou. Dit is hoe ek dit herken het!

  6. René sê:

    Hehehe, OK Jaco jy wen dan die prys — baie geluk dan dat jy so ‘n goeie geheue het!! Bath is die naaste aan paradys wat jy OOIT sal kry!! Ek kan nie dink dat ek al ooit ‘n dorpie/mini-stad gesien het met soveel karakter nie!

  7. Roer sê:

    Bwahaha! Uitstekend.

  8. TristonJ sê:

    LOL baie baie snaaks!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s