…Londen dag 3…

Posted: September 2, 2007 in Uncategorized

1 September 2007 

Vroegoggend moegerig opgestaan. Vandag is ‘n baie vol dag en ons vier herfsdag (in Londen) op lentedag (in SA).

Big Ben

Die grootste verrassing vir my was Big Ben … toe ek uit die Westminster Tube kom, is dit die gesig wat my welkom heet …

big-ben.jpg

Okay, so daar is nie woorde om vir Ben te beskryf nie … absoluut WOW is AL wat ek kon uitkry.  Ek het so half en half geweet Big Ben is really big, maar nie besef Ben is soooooo big nie!!! En natuurlik het ek trigger happy geraak.  Daar is te veel foto’s om te wys. Ek plaas so ‘n paar (kliek op die foto om groter te maak)

big-ben-rene.jpg  big-ben-2.jpg  big-ben-3.jpg  big-ben-4.jpg

Westminster Abbey

Ons het nie ingegaan by Westminster Abbey nie – maar soos als in Londen, is dit nie jou alledaagse kerkie om die hoek nie! Dis groot en dis oud en dis stunning! Blykbaar is dit waar al die koninklikes trou, maar Diana en Charles is teen alle verwagtinge in St Pauls getroud. En let wel, dit was nie net ons wat dors was nie!

westminster-abbey.jpg  westminster-abbey-duifie.jpg  westminster-abbey-2.jpg

Houses op Parlement

Net vinnig ‘n loer gevang na die Houses of Parlement en die Royal Garden (presies hoeveel daar is weet ek nie), wat langs die Teems afloop, en daarna koers gekies Paleis toe..

Buckingham Palace

Tuinlangs gestap na Buckingham Palace en op Diana se memorial roete gestap tot by Buckingham Palace! Weereens WOW! Als is so mooi groen en die tuine is werklik baie skoon en netjies met groepies mense wat oral rondsit. ‘n Baie aangename en rustige atmosfeer. Buckingham Palace was nie presies als wat ek verwag het nie – nie die helfte so groot soos die prentjie wat mens in jou kop het nie (en veral nie na Big Ben jou so verras het nie), maar nogsteeds baie baie mooi! Weereens te veel foto’s geneem, maar ek deel solank hierdie…

buckgardens1.jpg buckgardens2.jpg buckpalace1.jpg buckpalace3.jpg

Na die ge-oe en ge-a van die paleis, het ons weer die pad gevat Trafalgar Square en National Art Galary toe…

Trafalgar Square en The National Galary

Ek kon nie help om op te let hoeveel mense in rolstoele op Trafalgar Square is nie, tot ons die vlae en baniere begin lees het… 

artsmuseum1.jpg Is dit toeval???

Trafalgar was vol tente en ons moes maar tevrede wees met ‘n foto van die leeu sonder een van ons op sy rug! Wat ‘n jammerte! Een voordeel van die fees, rolstoeltoegang was BAIE maklik vir The National Gallery.  Die kunswerke is letterlik uit ‘n ander era en nie heeltemal my smaak nie, alhoewel ek ook darem nou kan se ek het oorspronklike Vincent van Gogh’s en twee van Michaelangelo en twee of drie Leonardo de Vinci werke gesien! Die kuns is fantasties vir die tydperk waaruit dit dateer, maar ek is beslis meer ‘n modern art mens!! Nodeloos om te se ons mag nie foto’s binne die museum geneem het nie, maar kon darem ‘n foto’tjie van die buitekant kry! Kon ook ‘n glimpse van die Suid Afrikaanse Ambassade kry…

trafalgarleeu.jpg   natgallerybuite.jpg  suid-afrika-huis.jpg  telefoon.jpg

Convent Garden

Covent Garden se vibe is amazing … het my baie laat terugverlang na die V & A Waterfront op ‘n Sondag. Dis besig, dis lewendig en daar is hopeloos te veel om te sien en te koop. Die manne het besluit dat hul eerder die Pub-ding wil doen, en ons dames het deur die stalletjies gewandel, die straatkunstenaars geniet en seervoet en dikbek-moeg die mans begin aanjaag om huis se kant toe te staan! Ons was ORDENTLIK moeg!! Oja, iets wat ek nogal opgemerk het … as jy by ‘n pub kuier en die plek raak vol binne, staan jy sommer buite die pub om jou biertjie te drink…!

covent.jpg covent2.jpg covent3.jpg coventpub.jpg

Ek het my bed met ope arms verwelkom…

Kommentaar
  1. Kokkewiet sê:

    Ek is so bly jy geniet elke oomblik!! Ek kuier saam soos wat ek na die foto’s kyk.

  2. Roer sê:

    Vir iemand soos ek wat nog nooit oor die watertjies was nie, is dit uiters interessant. Terloops jy’s BAIE fotogenies. Mooi kiekies! Geniet dit.

  3. Daar’s hy, daar’s hy, hou so aan met die foto’s en geniet dit, dit gaan gouer verby wees as wat jy dink!

  4. mykopop sê:

    Lyk my dis half ver daar na julle toe, ek het probeer comment, maar hy het net weggeraak!
    Wat ek gesê het is: Daar’s hy, daar’s hy, hou so aan met die foto’s. Geniet dit, dit gaan baie gou verby gaan!

  5. hangkas sê:

    Dankie dat jy ons saam met jou op vakansie gevat het!!! Ek kannie wag vir die volgende update nie!

    Geniet dit!!!

  6. Mooi foto’s! So bly om van jou te hoor. Geniet dit – en bly glimlag!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s