…londen…

Posted: September 1, 2007 in Uncategorized

Daar was nog nie tyd vir blog nie – als is nog te nuut en my brein werk oortyd, maar ons is vanaand al vroeg by die huis, ek het klaar in die bad gaan ontspan en my voete massage! So voor dag 1 en 2 uit my kop verdwyn, sal ek eers als moet neerskryf…

Pre-dag 1

Ons kry die nuus dat my oom (Charl) van die leer af geval het, en sy hakbeentjie gekraak het … gelukkig nie nodig vir ‘n operasie nie – so die trippie gaan voort! Ons was almal yskoud geskrik, maar dankbaar dat die val nie ernstiger is nie!  Ek het ook ‘n “travel companion” gekry – ‘n beertjie gedoop Lolla, wat manlief se plek moes inneem. 

lughawe.jpg die travelers lolla.jpg lolla

Dag 1 & 2 (wat vir ons soos een lang dag gevoel het…)

15:00 Arriveer ons op Kaapstad Internasionale Lughawe – en skop ons trippie af met ‘n middagete by NewsCafe en ‘n kansie vir manlief om nog bietjie saam te kuier.  Daarna gaan inboek en hinkepink deur customs gevorder … by die Duty Free kom ons toe agter die gladde vloere is nou nie juis geskik vir krukke nie – so ek moes al die pad onder die bewarende oog van ‘n “official” weer teruggaan deur customs om ‘n rolstoel te gaan soek! En toe is ons mobile! As jy nie VIP behandeling kan bekostig nie – breek jou hakbeentjie en deur word letterlik vir jou oopgemaak! Ons kon saam met die “disabled”-trokkie op die vliegtuig klim, mis al die rye en lang gewag en was eerste op die vliegtuig!

Ek het langs ‘n engelsman van Wimbledon gesit! Hy werk by Merchant Bank in Londen, woon in Wimbledon en het drie kinders! Hy was vir ‘n maand saam met sy familie dwarsdeur Afrika en het ‘n strandhuis in Knysna! Ek het nie ‘n idee wat sy naam was nie … maar hy was gaaf en ek kon bietjie my Ingels oefen! Die Engelse is mal oor ons aksent, almal sover sê ons klink soos die Aussies … ek kan nie die ooreenkoms sien nie – ek reken hulle se dit maar net so omdat hulle nie die aksent kan plaas nie! Dis nogal moeilik om Londen-Ingels te verstaan, want hulle praat ongelooflik vinnig, en van die woorde het ek nog nooit gehoor nie, wat nog te se van verstaan wat dit beteken!! Sal dit seker nog uitfigure!

So, die vlug was laaaaaank en hier teen 3h die oggend kon ek nie meer sit nie! Het later sommer op my kniee gestaan om net bietjie die spiere te rek!  Heathrow is BESIG! Elke 2 minute land daar ‘n vliegtuig en weereens danksy die rolstoel, het ons al die rye gemis! Is deur ‘n Pakistanie-jongman met die naam Lucky (hehe, ons was lucky om hom te kry) vergesel verby die rye, deur die doeanes tot by die bagasie! Ons was regtig gelukkig, want ek dink nie ons het 5min gestaan nie, toe is die tasse daar en stap ons deur die “arrivals” deure!  Ongelukkig moes ons die rolstoel daar los en verder met die krukke hinkepink, op en af in die treine en busse, tot in Southfields! Southfields laat my dink aan Stellenbosch … Akkerbome en eekhoring’kies wat op die gras rondhardloop en dis mooi groen en rustig!

Niggie se “studio flat” is klein – maar ons vyf pas gemaklik in! Nadat ons bietjie uitgepak het, het ek en Arno gou ‘n rolstoel vir oompie gaan huur! 5 pond per week … enige iets wat minder as 5 pond kos hier, is goedkoop! gmmmfff, as jy ponde verdien ja! Daarna is ons Wimbledon toe, bietjie daar rondgeloop, baie foto’s geneem – my vergaap aan die bestuursvernuf van beide die busbestuurders en publiek – toe op die bus gespring Putney toe en die dag afgesluit by “the Railway” – ‘n Engelse pub! Dit was ‘n baie aangename ete vir 4,95 – een “drink” ingesluit! Lolla het haar wangedra, my sap opgedrink en op die tafels gedans, maar ons kon haar eventually onder beheer kry! (hehehe)

Daarna is ons huistoe en het letterlik doodgeruk en baie lekker geslaap!

Eerste indrukke van Londen:

1. Heathrow is nie Kaapstad Internasionaal of OR Tambo nie … dis massive!
2. Die publieke vervoer (treine en busse) is ongelooflik! Als is skoon en georganiseerd en al die passassiers volg die reels asof dit ‘n tweede natuur is. Jy klim vinnig op, jy gryp ‘n sitplek as daar beskikbaar is, en jy hou jou besig met jou eie geselskap! Niemand lag nie, niemand praat nie, almal lees of luister iets en as jy vriendelik is word jy letterlik aangegaap! Iets wat ek nog aan gewoond moet raak aangesien my glimlag heeldag sit! Sal graag wil weet wat in die mense se koppe aangaan)
3. Die busbestuurders en algemene verkeer KEN hul storie! Karre het nie flikkerligte nie en jy moet byhou met die verkeer! Die straatjies is nou en as daar ‘n motor parkeer staan, wag jy maar vir die aankomende verkeer, of jy ry dat jy bars om deur te glip!
4. Daar stop elke 5min ‘n bus by die busstop, maar jy moet weet waarheen jy oppad is, anders kan jy dalk op die verkeerde bus klim!  Jy koop ‘n Oyster kaart, wat jou toegang gee tot publieke vervoer, en as jy op die bus klim, moet jy jou kaart op die sensor plaas. As die liggie groen is kan jy gaan sit …. of staan!
5. HOU STEWIG VAS op al die busse en treine – want jy SAL val as die bus stop en jy hou nie vas nie!
6. Die atmosfeer in amazing, in die “voorstede” is dit rustig en redelik skoon! Behalwe vir die geboue – verf is definitief nie groot in Londen nie en daar groei heelwat “tuintjies” in die geute!
7. MOENIE oor die straat stap as die voetgangerliggie rooi is nie! Die mense ry soos hooligans en jy weet nooit wanneer vlieg ‘n “Black Cab” (moenie lees swart taxi nie) voor jou in of oor jou nie!

So, dis dag 1 en 2! Ek gaan nie nou al die foto’s plaas nie – dit moet nog eers uitgesorteer word! En more-aand sal ek opdateer met dag 3, want dit was ‘n laaang en baie bedrywige dag!!!!

Tot more dan … ek moet gaan slaap!!! *gaaaaaap*

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s