…ready steady…

Posted: Augustus 28, 2007 in Uncategorized

Rite … als is gepak en die “checklist” is dubbel ge”check”! Almal is op standby en die vliegtuig warm al op!

airbus.jpg

Oor 2 slapies klim ek op daai Airbus Industrie A340-600 (volgens my kaartjie) en 11 ure later, land ons op Heathrow!

Die program is chock-a-block vol gelaai met besoeke aan English pubs, kastele, museums, tuine, lugballonritte, bootritte, busritte in die nag, dalk ‘n koppie Earl Grey Tea by die Queen én ‘n exciting 6 dag “road trip” Skotland toe! In Skotland gaan ons ook probeer om die Loch Ness monster te sien — ek sal ‘n foto neem, maar ek belowe niks!!

Ek gaan my bes probeer om ook uit Londen ‘n post of twee te plaas, hoofsaaklik vir myself om dagboek te hou, maar dan kan julle ook sommer sien waarmee ons besig is en wat ons als gesien het!

Ek is baie opgewonde!! Niggie (en Engeland) … ready or not, here we come!!!!!!!!

Pas julle mooi op terwyl ek weg is hoor!

xxRxx

Kommentaar
  1. kaalvoetkind sê:

    Jy moet elke minuut geniet!!

  2. Jy maak ons mos nou aspris jaloers!

  3. René sê:

    *giggel* — sê hy wat in KOREA sit!!!

  4. Hi! Gits, amper het ek jou gemis. Het vanoggend in die verkeer nogal gewonder hoeveel dae nog en hier staan jy al met een voet op by paspoortbeheer!

    Jy moet elke oomblik geniet! En neem foto’s en nog foto’s en kom vertel. Ek kan nie wag vir my beurt nie.

    En hou ons boeremeisies se naam hoog tussen die souties!

  5. Jo-ann, jou laaste stukkie raad, maak my ongemaklik. Sy behoort JUIS nie die boeremeisies se naam te probeer hoog hou tussen die souties nie… (dis nou as ons dieselfde verstaan onder “naam hooghou”)

  6. René sê:

    OK, dit kan ‘n interessante gesprek raak!

    Jo-Ann, verduidelik asseblief vir my ook presies wat jy met “naam hooghou” bedoel, sodat ek my taak REG kan uitvoer…!

  7. Sit, Ubu, sit…. ek bedoel nou net dat jy daardie souties moet laat verstaan dat die mooistes en die oulikstes hier in die R van SA woon!

  8. In jou geval mag hulle in elk geval net kyk en kwyl en verder hulle hande en ander dinge tuishou. Jy het mos ‘n man en ‘n hond wat wag.

  9. René sê:

    Daai job kan ek doen Jo!! Thanx vir die good wishes! Ek sal bitter baie foto’s neem – I promise – en dan kom drink ek koffie by jou en ons skinder van die souties!

  10. René sê:

    Hehehe…en ander dinge verál…! Lol😉

  11. Marius sê:

    Lugbalonritte — hmmm – gaan jy dit nog doen na wat gister in Kanada gebeur het toe een aan die brand geslaan het.

    Wel geniet jou trip .. hopelik is dit nog lekker warm daar.

  12. Jare gelede was daar iemand van Olifantshoek (daar in my wêreld) wat graag ‘n paar skaapvelpantoffels vir die Queen wou stuur. Ek dink dit was nog in ou Jan Spies se dae, en hulle het dit toe gereel. Miskien kan jy vir haar so iets saamvat as jy gaan tee drink. Of ‘n bottel vyekonfyt of dalk ‘n bottel mampoer of so.
    (Geniet dit, ons wag vir die verSLAE.)

  13. marat sê:

    . . . go, go, go!

    Run Forest, run!

    Jy moet jou gate uit geniet daar anderkant, stuur groete sover jy gaan. Have a ball!

  14. Da Mario sê:

    Ek is seker dit gaan fantasties wees!! Geniet jouself gate uit….

  15. René sê:

    Marius – my ma het nie bang kinders grootgemaak nie!

    Marat – ek sal vir die Queen groete stuur…:mrgreen:

    Thanx vir julle goeie wense…!

  16. Kokkewiet sê:

    Ag nee, it lyk of ek te laat is😦

    Geniet dit in elk geval, neem baie foto’s en kom vertel alles!!!!

  17. attie sê:

    Was minder as ‘n maan terug op die vliegtuig Engeland toe en toe VSa toe. Dis lank – baie lank. Genit dit. Slaap min jy sal kan inhaal as jy terugkom.

  18. René sê:

    Attie, ek het geweet hoe lank dit gaan wees in ure… maar nie ‘n idee gehad presies HOE lank dit vir die lyf gaan wees nie! Is darem veilig op Moeder Engeland se aarde! Ek sal more blog oor ons eerste twee dae – vanaand is ek eenvoudig net te moeg – kom ons noem dit maar “jetlag” en slapelose nagte, het ‘n volle uur van die 12 ure geslaap op die aerie!!! *gaaaaap* — maar Londen is elke slapelose minuut werd!!🙂

  19. Ek wou net begin vra, is daar dan nie internet in daai Queen se Kingdom nie (sulke chauviniste die Ingelse, dit moes mos nou ‘n Queendom gewees het). Ek kan nie sê ek het al ooit meer as dit op ‘n vliegtuig geslaap nie.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s