…hang in there…

Posted: Augustus 20, 2007 in Uncategorized

Daar is nie tyd nie – vir niks nie!!!

hang_in.jpg

 

Oor 10 daggies vertrek ek Londen toe en daar is nog so baie om te doen! Ek moet sorg dat daar genoeg kos in die vrieskas is vir 16 dae vir manlief, by die werk is daar nog ‘n 1000 goedjies wat afgehandel word voor ek op enige vliegtuig kan klim (ja, almal het tot op die laaste nippertjie gewag met werk wat skynbaar so belangrik is dat net ek en niemand anders dit sal kan doen nie…) en ek het ‘n nare verkoue!! Is nou al op die tweede rondte antibiotika en drink genoeg vitamienes om my immuniteit op te bou! Ek het net begin dink ek is vrygeskel van die verkoue-virus die winter, toe slaat hy my twee weke voor my langverwagte trippie tussen die oë! Ek vermoed ek is ‘n kloning van Murphy!

En die cherrie op die koek is die brombeer se bui vandag! Hy het nog nie eers môre gesê nie toe loop ek weer deur! Dit ten spyte van die feit dat laasweek se Namibia besoek baie goed georganiseer was en daar geen “hick-ups” was nie, alle eer aan die sekkie (dis nou ek), wat als so mooi ge-organise het!  Hy is maar weer net sy normale moerige self! Party dae raak dit selfs vir my … wat met Job se geduld gebore is … te veel!

Nou ja, genoeg gesanik vir een dag! Ek het julle gebede nodig asb… Nie vir die take wat afgehandel moet word of die brombeer se buie nie – maar dat die lastige verkoue virus sal wyk!

Sterkte vir jou week!

xxRxx

Kommentaar
  1. kokkewiet sê:

    Sterkte met die laaste paar dae se dinge wat afgehandel moet word. Byt vas! Min dae!!!!!!!

  2. kaalvoetkind sê:

    Sterkte met al die reëlings! As jy jou weer kry, sit jy in die vliegtuig, hoog bokant die wolke terwyl Londen met elke minuut wat verbygaan al hoe nader kom.

  3. Roer sê:

    Geniet jou trippie en hoop jy is gesond voor die groot dag.

  4. Sterkte, man! Jy’s amper daar!
    Net ‘n vragie: Is dit standaard praktyk vir vroue om vir hulle mans se kos te sorg as hulle weggaan? Ek was onder die indruk dat meeste mans deesdae hulle eie kos-ding doen?

  5. Boertjie – call me a sucker for punishment then!!

    Dis maar hoe my ma my grootgemaak het jong… jy sorg vir jou man maak nie saak wat nie! Ek is doodseker daarvan dat hy weet waar Kentucky is, maar ek sorg maar dat niemand na die tyd vinger wys en sê ek sorg nie vir hom nie! Veral nie “skoonma” nie! hehehe */me koes viri klippe* Sy het hoeka so ‘n skimp gegooi, so laat ek haar maar eerder nie teleurstel nie!😉 Ter wille van die vrede jy weet…!

  6. idiwidi sê:

    Sterkte, voel gou beter!

    (Ek hoop daar gaan 16 dae se kos weer vir jou in die vrieskas wees as jy terugkom! En ‘n skoon huis. En blomme op die tafel. En sjokolade op jou kussing!)

  7. Koeksuster sê:

    Sterkte girl. Ons Sekkies kan alles oorleef – n baas is n klein dingetjie in vergelyking met wat ons kan doen.

    Tel solank die slapies, die res sal vir homself sorg.

    Koeks

  8. Kan jy glo hoe tyd vlieg? Ander dag nog was dit meer as 40 dae en hier staan jy al amper tas in die hand by die deur. Jaloers, so jaloers….🙂 Hoop jy skut die snuffels gou af en stap jou sprankelende self van die vliegtuig af aan die ander kant. Gaan wys die Ingelse hoe lyk ‘n properse boernooi!

  9. Da Mario sê:

    Hoop jy word gou gesond!! Tog te nice van jou om manlief so te bederf, en skoonma te impress.
    Idiwidi, jy het sulke goeie idees!

  10. Jo – my niggie het klaar laat weet – jy praat met niemand op die treine nie en jy fight vir jou sitplekkie! Lyk my ek sal die Ingelse maniere ook moet gaan leer! hehehe!🙂 Ek gaan kliphard giggel op daai trein, dat almal vir my kan kyk, en dan vir hul tong-uitsteek! Lol!

    DM – die impress gedeelte is afgehandel, got the sticker to prove it … maar skoonma dink nogsteeds niemand kan so goed na haar seun kyk soos sy nie … sy wou glad kom “huis-oppas” het! Pffft! Dierbare ou mensie sy!!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s