Archive for Augustus 20, 2007

…hang in there…

Posted: Augustus 20, 2007 in Uncategorized

Daar is nie tyd nie – vir niks nie!!!

hang_in.jpg

 

Oor 10 daggies vertrek ek Londen toe en daar is nog so baie om te doen! Ek moet sorg dat daar genoeg kos in die vrieskas is vir 16 dae vir manlief, by die werk is daar nog ‘n 1000 goedjies wat afgehandel word voor ek op enige vliegtuig kan klim (ja, almal het tot op die laaste nippertjie gewag met werk wat skynbaar so belangrik is dat net ek en niemand anders dit sal kan doen nie…) en ek het ‘n nare verkoue!! Is nou al op die tweede rondte antibiotika en drink genoeg vitamienes om my immuniteit op te bou! Ek het net begin dink ek is vrygeskel van die verkoue-virus die winter, toe slaat hy my twee weke voor my langverwagte trippie tussen die oë! Ek vermoed ek is ‘n kloning van Murphy!

En die cherrie op die koek is die brombeer se bui vandag! Hy het nog nie eers môre gesê nie toe loop ek weer deur! Dit ten spyte van die feit dat laasweek se Namibia besoek baie goed georganiseer was en daar geen “hick-ups” was nie, alle eer aan die sekkie (dis nou ek), wat als so mooi ge-organise het!  Hy is maar weer net sy normale moerige self! Party dae raak dit selfs vir my … wat met Job se geduld gebore is … te veel!

Nou ja, genoeg gesanik vir een dag! Ek het julle gebede nodig asb… Nie vir die take wat afgehandel moet word of die brombeer se buie nie – maar dat die lastige verkoue virus sal wyk!

Sterkte vir jou week!

xxRxx

Advertisements