…’n ware heer…

Posted: Augustus 15, 2007 in Uncategorized

waltzers-print-c10071835.jpeg 

‘N WARE HEER

‘n Ware Heer is God se dienaar, die wêreld se meester,
en sy eie man.

Deug is sy besigheid, studie sy ontspanning, tevredenheid sy rus, en geluk sy beloning.

God is sy vader, Jesus Christus sy Redder, die dissipels sy broers, en elkeen wat hom nodig het sy vriend.

Toewyding is sy kapelaan, reinheid sy kamer dienaar, nugterheid sy huiskneg, matigheid sy kok, gasvryheid sy huishoudster, voorsorg sy kelner, liefdadigheid sy rykdom, vroomheid sy huisvrou, en diskressie sy portier om in en uit te laat soos dit hom pas.

Dus bestaan sy hele familie uit deug,
en is hy die ware meester van die huis.

Hy is genoodsaak om in die wêreld te wees op sy pad hemel toe,
maar hy loop daardeur so vinnig as hy kan,
en al sy besigheid oppad is om homself en ander gelukkig te maak,.

Hy kan in twee woorde beskryf word…. ‘n Man en ‘n Christen.

 

Kommentare
  1. Sienie comments is maar skaars René – seker oor dit so ‘n swaar las op ons manne plaas? Ons moet maar die krag saam met die opdrag vra.

  2. Da Mario sê:

    Okay. Ek sien kans. Nou mis ek net die girlie om dit mee te deel…. ain’t that something?

  3. MKOB – ek plaas dit met ‘n doel vir die manne wat al vergeet het wat dit beteken om ‘n ware Gentleman te wees! Hulle is dun gesaai, maar hulle is tog daar, en ek is bevoorreg om ‘n hele paar van hulle te ken!

    Vir my staan die volgende punt die meeste uit, en dink ek as elke man (of vrou) sy lewe so leef, het hy die kuns van leef vervolmaak! … “Hy is genoodsaak om in die wêreld te wees op sy pad hemel toe, maar hy loop daardeur so vinnig as hy kan, en al sy besigheid oppad is om homself en ander gelukkig te maak”

    DM – what a pitty … 😉 Wees egter geduldig, dinge het soms die nare gewoonte om uit te werk soos dit moet…!

    Dankie dat julle twee menere bereid was om ietsie te sê! 😉

  4. kokkewiet sê:

    Dis baie mooi! Laat mens bietjie dink.

  5. Da Mario sê:

    Dan is ek maar geduldig. Sal sien of jy reg is en sy asof uit die niet haar verskyning maak…

  6. Koeksuster sê:

    Dis presies wat my Ouma sou se!!

    Ek kan nie help om my ou beer te sien as ek dit lees nie. Ons moet so n paar reeltjies herskryf, maar oor die algemeen het ek met my bas in die botter geval!!
    R

Lewer kommentaar op Da Mario Kanselleer antwoord