…grappies…

Posted: Augustus 14, 2007 in Uncategorized

Bietjie humor om die grys-grou dag te verhelder…

moses.jpg

Die A tot Z(uma) van OORLEEF in SUID-AFRIKA

Wat het ek nodig?

‘n ANC-lidmaatskapkaart: as hulle meel uitdeel, kan jy heelvoor in die ry staan…

Barb wire”: Om enige ongewenste karakter uit jou erf te hou, insluitend skoonfamilie.

Coca-Cola: As jy TV kyk sal jy sien dat om ‘n Coke te drink, jou eensklaps in ‘n welwillendheidsambassadeur verander. (Hulle moet tronkvoëls Coke voer!)

Duitse buurman: Jong, hulle kan lekker vark maak!

E-bucks: Monopolygeld waarmee jy iets kan koop.

Fluffie: Fluffie blaf, diewe skrik.

Geelbladsye: “When your drain is being naughty”

Huisgenoot: Waar in die lewe sal jy wees as jy nie elke week van ‘n reeksmoordenaar kan lees wat sy slagoffers in sement begrawe nie?

Inry-teater (by Menlyn): (V)ry veilig!

Jik: Klaarpraat met enige vlek, moet net nie jou vel ook bleik nie, dan sal jy nooit daardie werk kry nie!

Koo: Al hou jy nie van perskes nie, kan die blik steeds ‘n barshou gooi (of ‘n kopskoot).

Life Savers: Die enigste gat wat jou lewe kan red.

Minora Blades: Sluk 2 soggens op ‘n nugter maag en vergeet van jou probleme.

Nelson Mandela se foto bo jou bed: ALMAL het een. Of nie?

Oros: ‘n Partytjie kan net nie lekker sonder hom op dreef kom nie…

Pronutro: Waarskynlik die wêreld se heilsaamste onbytgraankos.

Quickstop Quickshop: Melk en brood! Teen die prys van ‘n arm, been, nek, skouer en linkerpinkie…

Red Bull: Want dit gee jou wiiiings…

Skoenpolitoer: Wend dik laag aan voor die onderhoud.

Tamatiesous: As jy ‘n kaping wil “fake”, hou “fop-bloed” byderhand.

Ui: As jy ‘n kaping wil “fake”, hou “fop-trane” byderhand.

Vals paspoort: Maklik bekombaar. Verskeie aanwendings.

Woolworths: Niks is so ferm soos Woolies se tamaties nie.

Xhosa-woordeboek: Vir die werksonderhoud waarvoor jy reeds die politoer aanhet.

Ys: As teenvoeter vir die “Warm Coke Sindroom”.

Zuma-plakaat: Hou solank een gereed…

Mwha xxx

Kommentare
  1. Ek skeer nog met Minora lemmetjies omdat enigiets met met dubbele lemme wat die baard eers uittrek en dit dan afsny, die haartjies onder my vel laat ingroei. Ek het gehoor dat Madiba ook net met sulke lemmetjies skeer, so ek voel half in goeie geselskap. Oulik dat Minora en Nelson net so onder mekaar geskryf is. Net jammer dat die ouens by die onderhoude net oplet na die politoer en nie ook die baardkrulkwaliteit nie!
    (As iemand dit wil probeer sonder ‘n selfmoordpoging, let tog net op jy kry die goeie Gillette-Minora en dan die wat net op staan Minora wat stomp gebore is.)

    Vals paspoort? Nee, as jy net wil gaan “inkopies” doen in ‘n buurland het jy dit mos nie nodig nie!

  2. Da Mario sê:

    Shame, waar is julle naaste inry? 😀

  3. George – dis omdat Tequila nie met ‘n O gespel word nie…!

    DM – moenie spot nie – ons naaste inry is Menlyn! hehe 🙂 (Tot ‘n jaar gelede was dit Malmesbury!!)

Lewer kommentaar op George Maru Kanselleer antwoord