…min dae…

Posted: Augustus 10, 2007 in Uncategorized

20_dae.jpg

Vir die mede-romantic’s onder ons … ‘n song met komplimente van EDEN!! Enjoy!

NOG STEEDS BY JOU

Ek dink weer aan jou lyf
‘n beautiful paleis
‘n plek waar ek wil wees
ons is al jare saam
dit werk nogsteeds vir my
sal jy altyd by my bly?

Want jy remind my
as die somerson verby gaan
en jou lyf styf in die donker
teen my rus

ek kom lê nogsteeds by jou
en aan jou hart bly ek getrou
net aan jou
en na al die jare
is daar net plek in my hart vir jou
want jy bly die mooiste vrou

Ek dink aan hoe jy lag
jou woorde my versag
hoe jy alles net verstaan
en die jare gaan verby
ons drome kom en gaan
maar die liefde hou net aan

want jy remind my
as die somerson verby gaan
en jou lyf styf in die donker
teen my rus

Die wêreld maak nie sin nie
niks is meer heilig nie
en ek wil jou net veilig vashou
weg van al die seer
en soos my siel jou nader
jou lig in donker aande
voel my hart
dit klop net vir jou!

ek kom lê nogsteeds by jou
en aan jou hart bly ek getrou
net aan jou
en na al die jare
is daar net plek in my hart vir jou
want jy bly die mooiste vrou

Lekker naweek…

xxRxx

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    Ek is nou nie juis ‘n Eden-fan nie, maar daai liedjie het besonderse mooi woorde! As ‘n mede-romantic hou ek sommer baie daarvan…
    Hoop jy het ‘n wonderlike naweek!😀

    mwha xxx
    DM

  2. Hehehe DM – dis OK dat jy nie ‘n Eden-fan is nie hoor, ek verstaan…!!

    Jy moet daai song HOOR! Die melody is mooier as die lyrics!

    Lekker naweek vir jou ook! Soet wees né! xx😉

  3. Ken ook nie die liedjie nie, maar die woorde is mooi. Ek sal by my kinders moet kers opsteek.
    Min dae! As ek jy was sou ek nou dalk al gevra het om net op Cryonic Support gesit te word tot die tyd aanbreek!

  4. hexi sê:

    Hi Rene!
    Eden is kwaai maar ek wil net vir jou laat weet ek het ander werk gekry en is so opgewonde! Ek het dit eerste vir jou kom vertel. Al wat hartseer is, is dat ek nie meer met julle gaan kan gesels nie. Ek gaan nie meer hier wees as jy weg gaan nie so my liewe maiki…. Geniet dit en kom asseblief veilig terug! Ek mis jou al klaar.
    Liefdetjies
    Hexi..

  5. hexi sê:

    Rene ek gaan nie meer weg nie, die baas het my grooter salaris aangebied. Ek sal hier wees as jy waai en terug kom!

  6. Wel Hexi, ek weet nie of die groter salaris presies is wat jy gesoek het nie – maar ek is baie bly jy gaan nog saam met ons kan kuier en gesels! Hou die blog dop, ek gaan probeer om uit Londen ook te blog en jul als te vertel wat ek aanvang!! xx

  7. hexi sê:

    Ag ek weet ook nie wat ek soek nie, maar ek gaan nie nee dankie sê vir die geld nie!!!! Francois is wild op die doeke jong! Sal defnitief ‘n ogie hou en kyk of ek iets van jou sien en hoor!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s