…vlieg in my … uhm … slaai!

Posted: Augustus 2, 2007 in Uncategorized

fly.jpg

CAN YOU SPOT THE FLY??

Glo my of nie – hierdie vliegie het sy “onwelkome” bydrae gelewer tot die wêreld van resepteboeke!

Ek is mal oor kos maak en resepteboeke, en hul beautifull foto’s en eindelose moontlikhede van skeppende geregte, is my einde! Ek koop maklik ‘n resepteboek net oor die prentjies vir my mooi is! (Nee, is nie een van daardie “tipies” vrouens wat al my geld in duisende pare skoene en handsakke en label uitrustings belê nie) Ek is enige resepteboek-uitgewer se droom koper!

Gisteraand het ons ‘n paar vriende oorgenooi om proefkonyne te speel vir my eerste poging om Breyani te maak! Nou kyk, my kombuis is (buiten vir die en-suite badkamers), die kleinste vertrek in my huis! Nogsteeds groter as jou gemiddelde nuwe, moderne boustyl tipe kombuise, maar op so ‘n manier uitgelê dat maksimum twee mense suksesvol saam daarin kan werk, sonder om oor mekaar te val en heeltyd vir mekaar pad te gee! Met gisteraand se Breyani poging was ons 6 in die kombuis en het dit omtrent in ‘n gesellige kosmakery ontaard! Nogal heel aangenaam as mens liewers maar vergeet van hoe laat jy wil eet, en net lekker saam kuier en mekaar se geselskap geniet!

My vriendin blaai toe so tussendeur die kuier deur my nuutste toevoeging tot die resepteboek-versameling (waarvan ek die naam eerder nie sal noem nie) en kom toe op hierdie vliegie in die slaai af!  Daar was nogal heelwat gemengde gevoelens oor Mnr Vliegie se teenwoordigheid maar ons was dit eens dat Mnr Vliegie beslis nie genoeg om die lyf het om te kwalifiseer as ‘n ekstra proteïen-porsie nie en neem ons dus maar aan dat die fotograaf nie vir Mnr Vliegie raakgesien het nie!

Ek wil graag die uitgewers se reaksie hierop sien – en het ook die foto vir hul aangestuur om te “bestudeer”! Ek sal maar die voorstel maak dat hul eerder volgende keer vir Mnr Vliegie ‘n ander job gee as om die slaai te verfraai!

Nodeloos om te sê, die Mexikaanse Boontjiehappie lyk nou glad nie meer vir my so aanloklik nie!

Hoop jy het ‘n vlieglose daggie!!

Liefdetjies

René xx

Kommentaar
  1. Ek dink die vlieg is actually veronderstel om daar te wees! Dis immers ‘n MEXIKAANSE gereg. Vliee is baie algemeen in Mexiko.

    Hoe was die Breyani? My mond water sommer!🙂

  2. Liewe Boertjie – die Breyani was uit die boeke uit! Lip-lek-brandbek-lekker! xx

  3. lanaba sê:

    Dis weird ek kan nie dit glo nie in n boek op n prentjie…..

    Courier vir my ook n bietjie breyani.

    tjortsies
    xxxxx

  4. hexi sê:

    Hi parra!
    Dit sou nou lekka gewees het ja, want vandag moet ek maar tevrede wees met ‘n koue garage pie… ek eet hom skelm want as iemand my sien gaan hulle dink ek wil selfmoord pleeg! Miskien so iets probeer vir die naweek… NIE SELFMOORD NIE, DIE BREYANI!
    Toodles
    Hexi

  5. Whoooohooo julle – checkit uit – 7 000 besoeke! Ek voel amper famous! Lol😉

  6. Rene, jy’s sekerlik ‘n goeie kok, klink dit vir my. Ek ruil jou 1 pakkie Dino-Smarties vir ‘n bord Biriyani (ek dink dis die regte spelling).

  7. Liefste Boertjie – ek ruil jou ‘n bord “Birijani” vir TWEE pakkies Dino-smarties! My Birijani is REGTIG BAIE LEKKER!! xx😉

  8. kaalvoetkind sê:

    René, noudat jy die resep beproef het en dit so lekker uitgedraai het, wil jy nie maar jou reseppie met ons deel nie?🙂

  9. Hi jy! As jy nou weer jou afsprakie maak vir die hare, dan maak jy hom so dat jy genoeg tyd het om Breyani te maak en vir my saam te bring. OK? Dan maak ek anderdag wanneer ek Rittelfees toe ry ‘n draai by jou om van my vreeslike bekende Lasagne af te lewer. Hoe is daai vir ‘n ruil….

  10. Hehe Jo-Ann, dit klink vir my na ‘n deal!🙂

    Kaalvoetkindjie – jong, daai resep gaan nog van my ‘n ryk vrou maak! Julle moet dalk maar jul aanbiedinge insit vir die reseppie! Die beste deal wat ek kry, kry ‘n klaargemaakte Breyani-dis tesame met die resep en stap vir stap verduideliking!

    Hexy – eish, koue garage-pie!? Is jy lus vir Rennie’s??

    Lanatjie – min dae sussie! Is daai rok al klaar?

  11. kaalvoetkind sê:

    Ek wou vir jou ‘n ontmoeting met die queen reël as jy in Engeland is, maar sy’s ongelukkig nie beskikbaar in daai tyd nie! 😉

  12. Veels geluk met jou famousgeit!

    Ek dink daai fotograaf moet gefire word, as mens foto’s neem moet jy darem jou werk goed deurkyk, veral as jy weet “Ons werk hier met kos.” Die sjef kan dalk vergewe word, dalk het die vliegie in die slaaiblare weggekruip.

    Ek sal ook nog eendag ‘n reseppie plaas wat ek ontwerk het – hou maar dop. Sonder vlieë as bestandele.

  13. Da Mario sê:

    Rene…
    (11)
    Ek sal maar myself moet aanbied vir ‘n ou bordjie breyani… just please feed me! Ek glo nie jy gaan sommer beter aanbiedinge kry nie…😀
    Miskien moet ek Kaap toe kom, Jo-Ann se lasagne klink net so aanloklik!
    En geluk op al daai hits girl!😉

  14. DM – Jou aanbod klink baie aanloklik hoor … dink jy jy sal vir my en Jo-Ann kan “handle”, ons is ‘n hand vol!!😀

  15. Da Mario sê:

    Rene…
    Handsdown!😀

  16. hexi sê:

    O nee geen Rennies vir my nie dankie kind. Lekka naweek maiki!
    Hexi

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s