…”sug”…

Posted: Julie 31, 2007 in Uncategorized

Dis net nie my week nie…!! 

yaya-sisters5.jpg

Jy weet jy kry van daardie dae wat dit vir jou voel als gaan verkeerd en niks wil vir jou uitwerk nie … nee, dis nie PMS nie … so kom ons noem dit dan maar gemoedsbekêkking!

Dis hoe ek vandag voel! Want ek het te veel werk en te min hande en delegering help nie eers meer nie … dit maak alles net meer deurmekaar! 

Ek verlang na mense wat ek nie ken nie en ek hoop en bid ek sal nog 30 dae kan uithou voor ek met vakansie gaan!

Verder het ek suiker-onttrekking-simptome!! Ja, ek is lief vir soetgoed, maar my Lae-Vet, Lae GI-lewensstylveranderingsprogram (dieët is te ‘n groot vloekwoord vir www!!) begin sy tol eis, dis nou al twee weke wat ek omtrent geen ekstra suikers behalwe natuurlike suiker in sap en vrugte inneem nie en ek voel moeg en lam en elke sjokolade op Pick ‘n Pay se rak steek hul desperate taai handjies na my uit dat ek hom tog net van sy raklewe moet verlos! Ek het nooit besef daar is soveel sjokolades by die betaalpunte se rakke tot ek dit nie meer MAG eet nie!  My brein sê ek sal dit survive, maar my suikertande ly erg aan onttrekkingssimptome!  En die ergste is nie die sjokolades wat veronderstel is om na “hout” te smaak nie – dis die jellybabies en winegums wat met die grootste ogies na my loer! Soos ander mense verslaaf is aan sigarette, drank en tik, so is ek verslaaf aan jelly-lekkers!  Dan staan daar nogal “FAT FREE” in groot vet letters gedruk – maar niks van hoeveel suikers daardie boggertjies bevat nie!

Als het begin in Matriek in die koshuis … die meisies het alreeds Junie-maand begin titteweit vir die groot matriefafskeidsgeleentheid en iewers het iemand gelees gelatien maak jou naels sterk! Ek het nog altyd sterk naels gehad, maar mens wil mos nou nie afsteek nie – toe begin ek ook maar winegums en jelly-babies eet! En tot vandag toe koop ek tien keer eerder jellie-lekkers as wat ek sjokolade koop! En laasweek deel my dieëtkundige my mee, dat ek maar liewer die jellie-lekkertjies moet verbygaan! Ai, dit was nie ‘n million dollar oomblik vir my nie – want waaraan kan ek nou peusel as ek Prison Break kyk (mind you, Prison Break se finale episode is vanaand … ek is alreeds op my senuwees)!

Nou ja, dis die rede vir die onttrekkingssimptome! Ek ry nou reguit huistoe na werk! Gelukkig is daar net een kafee wat ek doelbewus moet misry, want as ek daar gaan parkeer, gaan die duiwel los wees! Kan mens sò verslaaf wees aan jellie-sweets? Ek is gewoonlik koelkop as dit kom by “verslawings”, maar die dekselse jellie-babas begin nou al by my spook, soos die gremlins en ET toe ek klein was!!

Julle – bid maar vir my!!

Ek hoop, glo en vertrou môre sal ‘n beter dag wees…

Lekker aand vir jou!

xxRxx

Kommentaar
  1. Louisa sê:

    Haai shame man…ek moet bieg, ek het nie juis ‘n soettand nie, maar as ek die dag lus is vir sjokolade dan is die hel los.

    Sterkte met die versoeking weerstaan!🙂

  2. mykopop sê:

    Ek probeer weer. Partykeer wil die rekenaar en/of internet of albei net nie! (Ek hoop nie my kommentaar kom 2 keer op nie)

    Small Town:Ek dog dis sou hemel wees om in Malmesbury (saam met die korgingboerge) te bly?

    Hoop jy’t my gewigtige versie gelees vandag? Vir elke keer om die blog mag jy so 2 jellielekkers eet – nee, nie die blok wat jy onder die bed inskop as jy klaar is nie!

  3. idiwidi sê:

    Wees sterk! Suiker laat jou in elk geval net nog meer lam en tam voel wanneer dit uitgewerk is.
    (Ek het ook ‘n ruk gelede my suikerverslawing weggesweer – beste, en moeilikste, ding wat ek nog gedoen het.)

  4. En dan soek jy nog die verleiding van Koreaanse Dino-Smarties ook?

  5. kaalvoetkind sê:

    En hierdie keer van die REGTE kaalvoetkind… sterkte met die stryd teen die jelliebabies!!😉

  6. Boertjie – ek het dan gehoor die Dino-smarties maak nie vet nie!!??😉

  7. EK SOEK DINO-SMARTIES … STUUR VIR MY DINO-SMARTIES!!!😉

  8. Nou klink jy soos iemand met onttrekkingsimptome en ‘n straight-jacket in ‘n opgestopte kamer!

  9. marat sê:

    Sugar . . . sugar . . . sugar . . . njammies! Veral in tjoklit-vorm.😎

  10. Fairydust sê:

    Jy het al my simpatie, want ek weet presies hoe jy voel!!! Ek ly net so aan ontrekkingssimptome, bederf myself deur suiker in my eerste koppie tee vir die dag te gooi!Tjoklits tjoklits tjoklits,
    dit het toorgoed in, ek se jou!

  11. sonkind sê:

    Rene – ek koop jellie tots, dan sorteer ek hulle volgens kleur, dan eet ek hulle so kleur hopie vir hopie op. Eers die geles, dan die groenes, dan die rooies, dan die oranjes en dan die perses. Eendag het ek dit by die werk sit en doen, sonder dat ek regtig besef wat ek doen, tot my kollega my aangekyk het asof ek ET is en gevra het: Wat de hel MAAK jy?

    Nou eet ek maar nie jellie tots by die werk nie! Maar ek is MAL daaroor!

  12. Basil sê:

    Rene, jy mag maar jou jelly-babes eet. Moet nie jou self alle lekker goedtjies ontneem nie. Die lewe is te kort daarvoor.LOL!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s