Dit is koud … dit is BAIE nat … dit is WINTER … en dit is waar Malmesbury se Rugby en Krieket-velde veronderstel is om te wees! Die rivier wat al die jare langs die velde geloop het, loop nou oor die velde…en dit reën nogsteeds! (foto geneem 27.07.2007 om ±10:00am)
Hoop jy het ‘n lekker naweek!
Liefdegroete
xxRxx
Ek hoop jy het ‘n kanoe om namiddag mee huis toe te ry!
Wow dis woes……..
Ek wil ook n bietjie reen he!!!
mooi naweek maaikie!
nog 35 dae 😉
troedelkies
As dit reEn hier in Taiwan klim almal in hulle ruimtepakkies. Die algemene vervoermiddel is mos scooters, so ‘n mens moet jou oordentlik teen die reEn kan beskut. Van reenstewels oor jou skoene, ‘n oorpak of oorjas, en ‘n reenkappie. Laat weet as ek vir jou so ‘n uitrusting kan aanstuur. Ek moet jou egter waarsku, die gewone kleurskemas is tragies – van helder geel en pers tot blou, turkoois en pienk. Seker sodat almal jou kan raaksien en nie omry nie.
Sterkte met al die water! Ek voel so jammer vir almal wie se huise oorstroom.
Ek gaan voor die kaggel parkeer vir die heel naweek. Dit sneeu op Tafelberg! Lekker naweek. x
Dis vir my half onwerklik om my in die koue en die reen in te dink, terwyl ek hier in die natuurlike sauna van Korea sit. Vandag was Maks. 33, Min 30. Gelukkig is daar iets soos lugversorging en bier…in volgorde van belangrikheid.
Ek hoor Roland Schoeman en Ryk Neetling “speel” Saterdag daar by julle… lol.
Sterkte, bly droog en bly warm
Whahahaha@Jaco (Alias Narrie) 😀
Ek kan verseker aan ‘n paar maniere dink om vir Ryk warm te hou!! xx
En hulle sê dit is nog nie verby nie!
Hey! Is jy in Malmesbury? Is daar dalk ‘n apteker daar met die naam Natasha? (dis my niggie, maar ek het vrek lanklaas met haar gepraat – sy mag dalk al iewers anders bly teen die tyd)