…music…

Posted: Julie 23, 2007 in Uncategorized

As gevolg van ‘n erge tekort aan beskikbare blogging tyd – gaan ek hierdie week so ‘n paar van my gunsteling lirieke van my gunsteling SA kunstenaars – hoofsaaklik Afrikaans – plaas.

   lienka2.jpg  lienka.jpg

Ek skop af met my gunsteling nuweling en vroulike sangeres … Lienka! (ook bekend as die enigste blom in die groep ddisselblom!) Die vrou MAG MAAR songs skryf, klavier speel en met ‘n engelstem sing!  Ek haal aan van haar website www.lienka.co.za :

Haar debuut cd getiteld, Lienka, is ‘n tentoonstelling van haar diverse musieksmaak en ongelooflike talent as sanger. Sy span ook kragte saam met die formidabele stem van Prime Circle, Ross Learmonth, in die duet ‘What love does’(no.9). Verskeie liedjieskrywers van haar generasie (insluitend haarself) is ingespan vir hierdie album waaronder Gian Groen, Fanie Fouché, Jaco Spies, J. Oberholzer, Johan Voster en Sean Else tel.

Haar musiekstyl kan die beste beskryf word as volwasse, kontemporêre pop-rock waarvan die inhoud 60% Afrikaans en 40% Engels is. Daar was nie op ‘n spesifieke klank besluit met die aanvang van die album nie, eerder was elke lied individueel beoordeel en daarvolgens benader en verwerk. So het dit ook gebeur dat die liedjie, ‘Somehow my love’  Afrikaanse verse, maar ‘n Engelse koor bevat.

Musiekvervaardiger, Juan (Floors) Oosthuizen, se verwerkings en geniale musikale aanvoeling gom die hele projek aanmekaar. Opgeneem en gemeng by Pop Planet Recording studios deur Marius Brouwer, verseker die gehalte en integriteit waarmee hierdie album geassosiëer kan word.

Enjoy!

WAG-‘N-BIETJIEBOS
(musiek en liriek: Gian Groen)

Jy sit daar in jou wentelbaan
op soen na jou hede
skielik raak dit donker
en jy voel vasgevang

Jy soek onder die wag-‘n-bietjiebos
soek in elke gang
maar die dorings van die wag-‘n-bietjie
val jou elke maal in die rede

Ja, droom maar jou drome
want ek dink net aan jou
Al kan stampe en stote
die lewe vol gate grou

Ja, droom maar jou drome
want ek dink net aan jou
môre is vol verrassings
miskien sal jy nog eendag daarvan hou!

Jy’s moeg vir die gesukkel
die gesoek maak jou klaar
Jy weet nie of jy kom of gaan
jou gedagtes lank reeds moeg
Jy soek onder die wag-‘n-bietjiebos
soek in elke gang
maar die dorings van die wag-‘n-bietjie
val jou elke maal in die rede

Hou maar op met huil
jou wag-‘n-bietjie sal verdwyn
kyk net vorentoe
iewers sal daar nog ‘n lig vir jou skyn

Sterkte vir jou week … ek weet myne gaan rof wees!

All my love…

xxRxx

Kommentaar
  1. Mooi nê! Ek het gou geloer daar by http://www.ddisselblom.com/ en sien ddisselblom het nie opgebreek nie, mens kan vir Lienka of Johrné boek of vir ddisselblom! En ‘n 3de ddisselblom CD kom? Wat weet jy van Johrné se CD?

  2. Fairydust sê:

    Baie mooi woorde, raak mens se hart…
    Snaaks hoe liedjies met mens praat, wys jou net, meeste van ons het maar dieselfde ervarings in die lewe..

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s