…ek is eina…

Posted: Julie 18, 2007 in Uncategorized

 babasoen1.jpg

My vorige post was nie oorspronklik bedoel om afwagting te skep vir iets ekstra spesiaal wat moet verskyn nie … dit moes maar eintlik meer as ‘n pause knoppie dien! Ek kon nie ‘n groot genoeg pause simbool (iets soos hierdie ;) opspoor nie, toe land die oulike gesiggie in my epos en moes sy as plaasvervanger dien!

Natuurlik het jul nuuskierigheid nou afwagting geskep, wat groot druk op my geplaas het om met iets spesiaals vorendag te kom! Ek wens ek kon jul meedeel dat ek swanger is of dat my ingroeitoonnael uiteindelik besluit het om uit te groei! Maar ek gaan julle nie op ‘n Woensdag met sulke nuus oorweldig nie! 

Ek loop al van Sondag af met ‘n groot seer en ongelukkigheid in my hart rond na aanleiding van ‘n program wat ons Sondagaand oppad terug van Ceres af, op RSG geluister het! Die geselsprogram het gehandel oor kindermolestering – en agv my onbaatsigtige groot liefde vir kinders, het die onderwerp diep gesny!

Die een dame het vertel van ‘n molesteringsaak waar die regter met die uitspraak ‘n opmerking gemaak het dat die trauma wat die kind deurgaan nie as so ernstig beskou moes word nie, omdat dit haar eie pa was wat haar gemolesteer het … WTF!!! Hoe kan mens so-iets kwytraak?! Hoe “vreemd” moet iemand aan die kind wees om die ervaring meer traumaties te maak? Molestering is traumaties vir ENIGE kind, maak nie saak wie so ‘n dierlike daad aangevang het nie!!!  PUNT!!! Soveel te meer as dit sy/haar eie ouer is!

Hulle noem ook verder dat die grootste persentasie van molesterings gepleeg word deur mense naby aan die kind. ‘n Ma (ja, daar is ma’s wat ook hul kinders molesteer, glo dit of nie!!), pa, stiefpa, oom, tannie, buurman – iemand met wie die kind bekend is! Dit skeur my klein hartjie in miljuisende stukkies!!

My jongste skoonsussie het Sondag hul eersteling laat doop … en dit was ‘n ongelooflike spesiale ervaring! Drie-kwart van die gemeente het ‘n traan gestort, want Skoonpa (wie ‘n afgetrede predikant is), kon nog sy eie kleinkind op 76-jarige ouderdom doop!  Skoonma het vir Ivan ingebring en een van die niggies het die doopouers en baba toegesing! Vir ‘n paar minute het dit vir my gevoel ek is in die Hemel. Jean-Louise se engelstemmetjie was net nog sagter en sy het die hoë note elkeen perfek gevat! Ek was so trots op haar! (dan moet ek eers brag, sy sing vir Tygerberg Kinderkoor!!).  Nietemin, skoonpa het sy boodskap begin met hierdie woorde! “Die boodskap wat God vir ons gee met die geboorte van elke kind, is dat Hy ons as ouers nog vertrou om sy kindertjies groot te maak…!!” Baie mooi woorde … maar in praktyk … hoeveel keer het ons mensdom al vir God teleurgestel … en Hy vergewe ons net elke keer! Ek het baie vrae rondom dit ontwikkel, vrae wat ek nog met skoonpa sal bespreek en waarvoor ek glo nie eers hy met al sy jare ondervinding van predikant wees en sy kennis van die Bybel, sal kan beantwoord nie! Net God sal eendag daardie vrae kan antwoord, en ek sal dit vir eers so aanvaar!

Jy kan dus dink watter effek Sondagaand se radioprogram op my gehad het na al die gebeurtenisse Sondagoggend!  Ek het met trane in my oë en ‘n seer hart by die huis aangekom en sommer dadelik in die bed gaan klim – net om vir so ‘n paar ure die wreedheid van die wêreld te ontvlug! Om maar net Maandag weer van nog molesterings en verdwynings in die koerant te lees! Dit, terwyl daar DUISENDE ouerpare daarbuite is wat ‘n klein pienkvoetjie met hul hele hart begeer, om lief te hê en te versorg.

Nou ja, ek wil darem nou nie almal wat hier lees depressief maak nie … ek wou net my gedagtes hieroor met julle deel!

My verstand is te klein om te verstaan hoekom GROOTMENSE klein onskuldige en weerlose kindertjies mishandel en/of molesteer!  Ek verstaan dit nie! En ek weet ook nie wat mens kan doen om dinge beter te maak of te verander nie! Ons kan seker maar net bid en glo dat God wel vir ons ‘n oplossing en antwoorde op duisende vrae sal stuur!

As jy wat hier lees jou eie kind(ers) het, gaan vanaand huistoe, moenie raas oor die badkamer wat deurmekaar is nie en moenie karring oor die huiswerk wat nog nie gedoen is nie! Wees dankbaar en wees lief vir jou kind(ers) – gee hulle ‘n stywe druk en vertel hul hoe lief jy hulle het!

Jammer as die post nie jou verwagtinge “oortref” het nie … ek voel hartseer en beneuk – als in een hierdie week!  Verdra my maar as ek stil raak ~ ek sal weer beter voel!

Liefde

xxRxx

Kommentaar
  1. Toe was ek so amper half reg met die kindermishandeling. Ja-nee, ons aandag kan nie genoeg hierop gevestig word nie. Jy het seker al my possie “Die Klokke In Die Hemel” gelees? Ons moet daardie tipe ouens UITROEI.

    Julle moet nou in elk geval na my blok toe gaan, want my raaiseltjie is daar! (Nou nie so ‘n ernstige saak nie)

  2. Baie van ons voel soos jy. Dag na dag is daar gru verhale en slegte nuus. Dit kan nie so bly aangaan nie!

  3. Roer sê:

    Dis ‘n persepsie glo ek. Ek glo REGTIG die probleem is dat ons nie ‘ons kinders’ (SA kinders) eerste stel nie. Die hele wereld het websites wat begin met http://www.childrenFIRST etc. Verstaan ons wat beteken dit om kinders eerste te stel? Nee. Ons is te besig met ander dinge en JA, in my opinie, MINDER BELANGRIKKE dinge (want ons kinders MOET eerste kom) bv diere regte, gay regte, ens. Ons MOET besef daar is groot fout as ‘n land nie na sy kinders en ou mense om sien nie. Wag, voor ek opgewonde raak. Dankie dat jy ‘n hart het vir kinders maat. x

  4. idiwidi sê:

    Ai, die kindertjies😦 Weet nie eers wat om te skryf nie.

  5. marat sê:

    Dis hoekom dit vir ons so moeilik is . . . my hart breek in miljarde stukkies as ek sien hoe woes ouers met hulle kinders is, nevermind mishandel nie . . .

  6. lanaba sê:

    Ai vriendin ek hoop jy voel gou beter……dis pynlik om te sien hoe kindertjies in vandag se wereld behandel word…..

    hoop jy het n peaceful dag.

    troedelkies
    xxxx

  7. kokkewiet sê:

    Ek voel net soos jy – HOE kan enige volwasse persoon so iets doen. Jy het alles so raak opgesom, dat ek nie woorde het om dit te verbeter nie. Ek gaan my seuntjie vanaand n ekstra druk gee.
    Lekker week verder!

  8. rb sê:

    Ek voel dieselfde oor ouers wat kinders mishandel, hoekom wou hulle dan kinders gehad het in die eerste plek?
    Die doop laat my baie aan my dogtertjie se doop dink, ander dag se storie, ons het net so lekker gehuil.
    Lekker dag

  9. Da Mario sê:

    Wie sal ooit verstaan…

  10. Fairydust sê:

    Gaan my verstand te bowe hoe mense so iets kan doen aan onskuldige kindertjies!
    Het artikel gelees oor driejarige-dogtertjie wie se getuienis die hof nie wil aanvaar nie, omdat sy te klein is, maar sy het aan haar mammie presies verduidelik wat die oom by die creche met hulle gedoen het! Nou loop hy vry rond!!
    Dis om oor moord te pleeg!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s