Archive for Julie 6, 2007

…onthou…

Posted: Julie 6, 2007 in Uncategorized

 noetsietrappe.jpg

ONTHOU

ek onthou die eerste loer na jou
ek het geweet ek moet jou ken
ek onthou jou eerste glimlag
ek moes net jou vriendskap wen

ek onthou ons eerste geselsie
jy’t in my hart gekruip
ek onthou jou warm aanraking
dit was suurstof deur my lyf

ek onthou jou sagte soene
jy’t my hart gesteel daarmee
ek onthou jou nou vir ewig
…vir ewig is genoeg vir eers!  ©RB

Lekker naweek

xxRxx

(Foto : Trappe by Noetsie, Knysna)

 

Advertisements