…seer…

Posted: Julie 3, 2007 in Uncategorized

see.jpg 

Goed, ‘n vriend het my oortuig om my gedigte te deel met die wêreld daarbuite!

Ek was nog nooit baie gemaklik daarmee om dit te “publiseer” nie, want my gedigte is baie persoonlik (seker maar soos die meeste gedigte)! Al is meeste daarvan nie eers meer van toepassing hoe ek NOU voel nie – is dit nogsteeds gedagtes wat geskryf is op ‘n stadium in my lewe toe ek wel so gevoel het! Hy het my oortuig dat niemand se gedigte “perfek” is nie – dit moet net eerlik wees!! 

 

SEER

liewe wintervrou
bewolk en swart
gulsig luister jou siel
jy is alleen en gek
mense is hard

dit bly nag
en die musiek
is met vuur bederf

kaal drentel die skemer
gedagtes is dood
plesier het bitter skielik vergaan

wanneer groei die stukkend
binne my dan heel?

Lekker daggie!

xxRxx

PS. Nog 58 slapies…;)

Kommentaar
  1. lanaba sê:

    Jy moet nog publish…ek wil dit lees,want al klink die een baie hartseer is dit mooi en diep geskryf,ek wens ek kon ook gedigte skryf of altans my gedagtes oorsit in gedigte.

    Nog 8 weke dan is ek mevrou.

    lekke dagie
    ♥ies
    xxx

  2. Da Mario sê:

    Baie mooi gedig Rene…
    mwah xxx

    En ek sien jy tel al die slapies af? Hehehehe!!😀

  3. Mooi…. skryf nog! Dit “praat” met mens.🙂

  4. Dankie dat jy dit deel. Waar is die foto geneem? Dit is pragtig.

  5. Baie mooi, Rene!!!!🙂

  6. kokkewiet sê:

    Dit is pragtig Rene. Jy kan maar nog met ons deel. Ek kan nie wag om nog te lees nie.

  7. Thea sê:

    Baie mooi foto!! Gedigte is vir my die weerspieëling van ‘n mens se diepste gevoelens – ‘n ware weergawe van “a moment in time”! Dankie dat jy dit met ons deel René!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s