Archive for Julie 3, 2007

…seer…

Posted: Julie 3, 2007 in Uncategorized

see.jpg 

Goed, ‘n vriend het my oortuig om my gedigte te deel met die wêreld daarbuite!

Ek was nog nooit baie gemaklik daarmee om dit te “publiseer” nie, want my gedigte is baie persoonlik (seker maar soos die meeste gedigte)! Al is meeste daarvan nie eers meer van toepassing hoe ek NOU voel nie – is dit nogsteeds gedagtes wat geskryf is op ‘n stadium in my lewe toe ek wel so gevoel het! Hy het my oortuig dat niemand se gedigte “perfek” is nie – dit moet net eerlik wees!! 

 

SEER

liewe wintervrou
bewolk en swart
gulsig luister jou siel
jy is alleen en gek
mense is hard

dit bly nag
en die musiek
is met vuur bederf

kaal drentel die skemer
gedagtes is dood
plesier het bitter skielik vergaan

wanneer groei die stukkend
binne my dan heel?

Lekker daggie!

xxRxx

PS. Nog 58 slapies…;)

Advertisements