…ek is vrou…

Posted: Junie 21, 2007 in Uncategorized

feminine-landscape-poster-c12220317.jpeg 

Die Here is my Herder,
ek sal géén hartseer vrees nie,
Hy droog my trane, ja,
ek is ewig Sy dogter-kind!

Wanneer ek,
as vrou,
die gevoel van ‘alleen’ wees ervaar,
hou SY hande myne – stewig vas.

Hy vertroetel
en Hy vertroos my;
met ‘n oneindige Liefde
wat net Hy vir my kan skenk.

Wanneer familie en vriende té ver is
vir net gou-‘n-drukkie-gee,
sal Hy gereed staan,
want wie is daar wat beter van my ”vrouwees” weet?

En al gaan my lewe
of verhoudings deur donker dae,
sal Hy my altyd teen Sy boesem hou
en daaraan herinner: ek is EKSTRA spesiaal,

want ek, EK is vrou!

(Thanx Lanatjie, dis baie spesiaal…)

Lekker dag vir jou!

xxRxx

Kommentaar
  1. lanaba sê:

    Dis n plesier vriendin,ek kon nie help om dit te deel nie,dis net so mooi stukkie inspirasie.

    Hoop jy het n stunning dag!

    troedelkies
    xxxxx

  2. marat sê:

    Ook by Lana gekry. Dit sê alles: ek is vrou . . .

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s