…basta roetina!…

Posted: Junie 14, 2007 in Uncategorized

brug.jpg 

Ek het nie vanoggend aan my kant van die bed opgestaan nie – ek het afgeskuif tot aan die voetenent en daar afgeklim en slaap slaap gaap gaap twee treë minder badkamer toe gegee…

Ek het nie die warm kraan eerste oopgemaak nie – ek het myself met yskoue winterwater geskok – ek was “instantly” wawyd-wakker…

Ek het nie vanoggend eers my langbroek en toe my knee-highs aangetrek nie, ek het eers die knee highs aangetrek, toe my trui en toe my langbroek…

Ek het nie vanoggend eers my gesig ingekleur en toe die hare drooggemaak nie…

Ek het nie vanoggend my hare laag vir laag eers van onder af van links na regs drooggeblaas nie – ek het sommer regs begin, toe agter en toe links – en dit lyk nogsteeds blink, gesond en netjies…

Ek het nie vanoggend vir my ‘n toebroodjie en tee gemaak en toe die hond kos gegee nie – ek het die hond tot sy groot verbasing, eerste kos gegee én ‘n bietjie melk bygegooi, en glad nie ‘n toebroodjie of tee gemaak nie…

Ek het nie vanoggend dieselfde roete werk toe gery nie – ek het twee blokke boontoe en twee blokke na regs en ses blokke af tot in die besige hoofstraat gery, deur die verkeer en 5 minute later by die werk gekom…

Ek het nie vanoggend vir my vriendin ‘n bos blomme gaan koop soos die plan was nie – maar vir myself, en net een van die rose vir haar gegee…

Ek het nie vanoggend my eie tee by die werk gemaak nie – ek het Red Cappucino tee by die duur coffee-shop op die hoek gaan koop en ook ‘n koppie koffie vir die sekuriteitswag wat in die koue moet staan en diens doen ~ hy het sy spierwit gesonde tande vir my gewys en dankbaar aan die stomende koffie begin teug…

Ek het nie vanoggend eers my handsak neergesit en ‘n halfuur later almal op my vloer gaan groet nie – ek het deur die eerste vloer se kantore gestap, almal gegroet en by die brandtrappe na die tweede vloer gestap en tot almal se verbasing vroegoggend al kom groet en gevra hoe gaan dit…

Ek het nie vanoggend gewag tot die koerant op my lessenaar neergesit word nie, ek het dit by ontvangs gaan afhaal en die twee dames ‘n aangename dag toegewens…

Ek het wel vanoggend soos elke oggend my blog-leesroetine gevolg, omdat dit my inspirasie vir die dag is en my geleentheid gegee het om my Red Cappucino te drink…

En ek plaas nie vandag se blog eers na 12:00 nie – ek doen dit vroegoggend … sodat jy kan sien mens hoef nie by elke oggend se roetine te hou om ‘n goeie dag te hê nie!

My motto vir vandag … relax a little, give a little and live a little!

Geniet ook JOU daggie!

Liefdetjies

xxRxx

Kommentaar
  1. lanab sê:

    Smaak my ons voel dieselfde vanoggend!

    Hoop jy het n mooi daggie!

    Troedelkies
    xxxxx

  2. Jaco sê:

    Almal klink heel gelukkig vanmôre. Dit lyk my wat dit ookal was wat in die drinkwater was die laaste paar weke is nou op.

    Mag die res van jou dag net nog beter word.

    Stunning foto soos gewoonlik. Waar kry jy die goed?

  3. Ai wat praat jy Jaco – ek is so bly daardie wat ookal in die water is uiteindelik op! Ons hoop, bid en glo nou maar die griep-virussies sien ook hulle g@t!

    Ivm die foto’s – meeste is te danke aan tegnologie in die vorm van alom irriterende “group e-mails”, maar van die foto’s wat ek plaas het ek self geneem!😀

  4. Lindy Coetzee sê:

    Ek dink dit wat in die water was by julle is nou hier en dis heeeeerlik! Ek is net so opgewonde vandag so al asof iets goeds (vir ‘n verandering) gaan gebeur! Jou blog is regtig baie opbouend vir my, eintlik soos ‘n vars see-briesie. Dankie Rene

  5. Thea sê:

    Dis amper naweek… dis hoekom almal beter voel!! Ja René,
    “a change is as good as a holiday”. Ek skuif partykeer sommer net bietjie die meubels anders of hang ‘n skildery op ‘n ander plek, dan voel ek ook al beter.

    Wou jou al sê i.v.m. jou besoek aan Engeland – kyk bietjie na http://www.visitbritain.com . Baie oulike webblad!! Jy kan o.a. brosjures gratis by hulle bestel. ‘n Rit op die “Big Bus” is ‘n moet!!

  6. Dankie vir die link Thea, ek het sommer klaar die website gaan beloer … o lekkerrr, nou gaan ek darem lekker beplan! Eintlik wil ek nie so erg baie site-seeing doen nie, net die belangrikste plekke besoek … maar ek wil eerder in ‘n park gaan sit en die mense bekyk of iewers in ‘n kafeetjie gaan sit, koffie drink, musiek luister of ‘n Engelse koerant lees! Ek wil Londen so ervaar dat ‘n stukkie daarvan nog aan my siel vasklou as ek weer my voete in Suid-Afrika sit! Nog net 77 daggies!!

  7. en daai rit op die “Big London Bus” is alreeds op my prioriteitslys…😀

  8. Wisselende roetine hou ‘n mens jonk!

  9. idiwidi sê:

    Daai foto lyk asof dit in Taiwan se berge geneem is.

  10. Dis heel moontlik idiwidi – dis een van die foto’s wat ek uit die hordes e-mails ge”leen” het – so ek vat GEEN krediet daarvoor nie!!😉

  11. Da Mario sê:

    As jy in verkeer ry is jy “5 minute” later by die werk? En jy noem die hoofstraat “besig”.
    Hehehe…

    Aai die wonderlike “verkeer” in “spitstyd” in klein dorpies…😀

  12. Da Mario, moenie spot nie — 5 minute is BAIE as jy eers 07:50 van die huis af ry!!!!😉

  13. Da Mario sê:

    Whahaha…. ek ry al 06:00!!😉

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s