…soms lewe ek te vinnig…

Posted: Junie 7, 2007 in Uncategorized

 

Vriendskap is soos die natuur. 

Soms waai ons by mekaar verby sonder om te stop en te vra hoekom die ander so verkreukeld lyk.  Die lewe se wind dra ons weg met ‘n oppervlakkige “Goed dankie” en “Sien jou later”.

Soms sien ons eers baie later die rypskade aan die ander se brose binneste en wonder ons hoekom het ons nie lankal gevra nie.

Soms sien ons net die lentekleur raak op ‘n gesig en is ons nie eers bewus van die wurm wat aan sy/haar binneste vreet nie.

Soms wonder ons of dit net die wind is wat hom/haar wegbuig van ons af en of dit dalk die stingeltjie self is wat sy stokstywe ruggie op jou draai.  Pluk iemand ons vir ‘n ruiker uit God se tuin, wriemel ons weg van mekaar.

Roos se dorings steek te seer en papawer wil mos langs niemand wees nie! 

Koringblommetjie kruip weg van skaamte oor haar kartelhoede en Hibuskus wonder of almal weet van haar verlede.

Intussen vergeet ons dat die Here afkyk op Sy tuin en net pragtige blomme sien.

Almal is ewe mooi, ewe kosbaar, ewe goed in Sy oë.

Vergewe my daarom as ek by jou verbygewaai het op ‘n herfsoggend en nie jou hand gevat het in die sonlig nie.

Vergewe my as ek op ‘n wintersoggend nie vir jou ‘n trooskombersie van woorde wou oorgooi teen die rypskade nie.

Vergewe my as ek op ‘n lente-oggend selfsugtig met my eie nuwe blare loop en  spog het en nie die kneusplekkies aan jou stingeltjie gesien het nie.

Vergewe my as ek op ‘n warm somersdag nie vir jou ‘n tydjie gemaak het nie, omdat ek te besig was, selfs te veel gekla het, te haastig was om aan jou die koelte van my vriendskap te bied.

Ek vra verskoning… Weet asseblief dat ek daar is en wil wees vir jou!

Pas jouself mooi op!

xxxRxxx

Kommentaar
  1. Krista sê:

    Ja nê, die sonlig is kosbaar en lekker om te deel. Veral om die (stink) Afrikanertjies, die serene tulpe, giggelende gousblommetjies en die fraaie daisy’s dop te hou . . . So is elkeen van ons maar ons eie mens.

    Lekker dag!

  2. lanab sê:

    Ek het die stukkie al baie gelees-maar vanoggend is dit weer van nuuts af vir my n wonderlike stukkie inspirasie.

    Dankie!

    hoop jy het n wonderlike donderdag.

    troedelkies
    xxxxx

  3. sonkind sê:

    Jou woorde vind baie diep aanklank in my siel – ook jou stukkie oor die blonde seuntjie; blonde man.

  4. Kokkewiet sê:

    Die stuk sê baie en dit is iets wat ons almal kan onthou. Dankie vir die inspirasie vandag!!

  5. Hierdie mooi woorde val sag op my oor…

  6. ‘n vreemdeling is ‘n vriend wat jy noggie ontmoet het nie

  7. nicovdm sê:

    Lyk amper soos die vuurtoring daar naby Paternoster…

  8. Jy is reg Nico, dis Cape Culombine! Beautifull kreef-wêreld daardie!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s