…jy…

Posted: Junie 5, 2007 in Uncategorized

 jy.jpg

Blondekop, blou oog, skaam klein seuntjie, gebore in ’n wêreld baie ver van hier.  Gebore uit ’n moeder wat net smart oor haar bloedkinders kon bring. Hoe verstaan ’n kind dat haar bedwelmde kop al was wat die seer in haar hart kon verdoof?  Grootgemaak deur ’n vader wat verkies om geweld as liefde te gebruik, en ’n sussie wat haar eie moes gee om jou lewe te red!

Blondekop, blou oog seun, jy’s uit die baarmoeder van jeug geruk en die vlees wat jou moes beskerm het jou soos ’n monster verslind. In stomheid moes jy jou lewe herwin in ’n vreemde land tussen mense wat nie jou seer mag ken en jou menigmaal weer sou teleurstel!

Blondekop, blou oog sterk man – jy sal jou lewe lank sukkel om die stukkies op te tel. Vir ewig sal jy baklei teen die donkernag se monsters, en wanneer die son in die oggend opkom, weer jou hoop-tassie vat en breëbors die dag binnestap!

Vandag staan jy daar en kyk die lewe vierkantig in die oë en het jy altyd ’n survival plan!  Kindwees is van jou gesteel, maar jou menswees het jy met my kom deel, en my toegelaat om ook die stukkend binne jou stukkie vir stukkie te heel!

Blondekop, blou oog vriend – al het ons vriendskap doodgeloop in ’n misverstand, sal jou storie in my kop bly boer en jou seerkry altyd my binneste roer.

My gebed vir jou bestaan net uit geluk, ewige liefde vir die hartseer kind, en saam met die aarde se wentel, elke dag ’n nuwe, skoon begin!

Kommentaar
  1. lanab sê:

    Dis baie mooi en half hartseer……

    Hoop jy het n mooi aand!

    troedelkies
    xxxxx

  2. Sjoe, jong. Jy’s diep hoor en dis baie mooi. Ek is SO lief vir kindertjies…wil nie hê enige van hulle moet seer ervaar nie, maar soms is seer ‘n noodsaaklike lewensles. Hoop om jou te ontmoet by die bloggachino. Ciao bella! Chantelle

  3. Thea sê:

    Thanx for sharing!! Ek glo ons loop almal met ‘n stuk hartseer in ons rond wat party dae swaar op ons kom lê. Dis deel van menswees…

    Lekker daggie vir jou!

  4. Baie mooi woorde en post!!🙂

  5. Kokkewiet sê:

    Dit is baie mooi en diep woorde!!

    Lekker dag verder

  6. Krista sê:

    Diep dinge maak diep gelukkig of seer. Hoe dieper hoe erger!

  7. Da Mario sê:

    Okay… wow…. sjoe Rene!
    Ek wens eintlik hy kon dit lees…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s