…kids…

Posted: Junie 4, 2007 in Uncategorized

  juan.jpg

DIS NOU PRESIES HOEKOM EK VAN KIDDIES HOU!!!! 

UIT DIE OOG EN HART VAN ‘N KIND
 
WAT IS DIE BESTE OUDERDOM OM OP TE TROU? 

Vier-en-tagtig, want dan hoef ‘n mens nie meer te werk nie, en kan julle die hele dag lank vir mekaar lief wees in die slaapkamer. (Judy 8). 

WAT DOEN MENS OP ‘N “DATE”? 

Op die eerste date, vertel hulle net vir mekaar leuens. Dan is hulle gewoonlik so geinteresseerd, dat hulle maklik op ‘n tweede afspraak gaan. (Mike 10) 

WANNEER IS DIT REG OM IEMAND TE SOEN? 

‘n Mens moet nooit ‘n meisie soen, tensy jy genoeg geld het om vir haar ‘n groot ring en ‘n videomasjien te koop nie. Meisies wil altyd videos van die troue hê. (Jim 10) 

DIE GROOT DEBAT: IS DIT BETER OM ENKEL TE WEES,  OF GETROUD? 

Dit is beter vir meisies om enkel te wees, maar nie vir seuns nie. Seuns het iemand nodig om agter hulle skoon te maak. (Lynette 9)  

Dit gee my ‘n kopseer om net aan sulke dinge te  dink. Ek is net ‘n kind, ek het nie sulke moeilikheid nodig nie. (Kenny 7) 

WAAROM RAAK TWEE MENSE LIEF VIR MEKAAR? 

Niemand is seker waarom dit gebeur nie, maar ek het gehoor dit het iets met hoe jy ruik te doen  het. Dit is waarom parfuum en deodorant so gewild  is (Jan 9 )  

Ek dink jy is veronderstel om met ‘n pyl geskiet te word, maar die res daarvan is nie veronderstel  om so seer te wees nie. (Harlan 9) 

HOE VOEL DIT OM VERLIEF TE RAAK? 

Soos ‘n sneeustorting, waar jy moet hardloop vir jou lewe. (Roger 9)  
As dit enigsins is soos om te leer hoe om te spel, wil ek dit nie doen nie. Dit vat heeltemal te lank. (Leo 7) 

OPINIES OOR DIE LIEFDE?

Ek is ten gunste van die liefde, solank dit net nie gebeur terwyl “The Simpsons” op televisie is nie. (Anita 6)
Liefde sal jou kry, al probeer jy ook daarvoor wegkruip. Ek probeer al daarvoor wegkruip vandat ek vyf is, maar die meisies bly my kry.(Bobby 8)
Ek is nie haastig om verlief te raak nie. Graad vier is moeilik genoeg.(Regina 10) 

WATTER PERSOONLIKE KWALITEITE IS NODIG OM ‘N GOEIE MINNAAR TE WEES? 

Een van julle moet weet hoe om ‘n tjek uit te skryf. Want al het julle tonne liefde, gaan daar nog steeds hope rekeninge wees. (Ava 8) 

MANIERE OM IEMAND OP JOU TE LAAT VERLIEF RAAK? 

Vertel hom dat jy ‘n hele klomp lekkergoed winkels  besit. (Del 6) 

HOE WEET JY TWEE MENSE WAT UITEET, IS VERLIEF? 

Kyk of die man die rekening betaal. Dan weet jy  hy is verlief. (John 9) 
Dit is beslis liefde as hulle een van daardie  poedings wat aan die brand is, bestel. Hulle bestel graag sulke dinge, want dit is hoe hulle harte voel, aan die brand. (Christine 9) 

HOE MAAK JY SEKER DAT DIE LIEFDE SAL HOU?  

Spandeer meeste van jou tyd aan jou liefie, in  plaas daarvan om werk toe te gaan. (Tom 7) 
Moenie haar naam vergeet nie………….dit sal die liefdesstorie heeltemal opmors.  (Roger 8)

HOEKOM HOU MENSE WAT LIEF IS VIR MEKAAR, HANDE VAS?

Hulle wil seker maak hulle ringe val nie af nie, want hulle het baie daarvoor betaal? (Dave 8)  

😀

Lekker daggie

xxxRxxx

(PS. Die laaitie in die foto is my neef Daniel se jongste, Juhan!  Niggie Lindi het die oomblik vasgevang by ons troue – klein Juhan was oppad na ‘n spreier op die gras om bietjie vir hom en Teddy af te koel!)

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    Juhan klink na die tipe laaitie wat ek ken en geniet! Altyd reg met ‘n plan wat waarskynlik hul ouers balistic gaan maak…😀

  2. Hehe, jy is reg Da Mario – met daai mannetjie moet mens oë reg rondom jou kop hê!

  3. lanab sê:

    Hulle is te pragtig en koddig as hulle tyd het-Ek kan nie wag vir my eie nie.

    Hoop jy het n kleurvolle week!

    troedelkies
    xxxxx

  4. jaco sê:

    Daar is net drie dinge wat ‘n seuntjie moet hê:

    ‘n plan
    ‘n maatjie – hetsy teddie of die familie kat of hond
    ‘n trek waentjie op alles in te laai

    en viola – een happy stout vasdruk seunsmensie

  5. Da Mario sê:

    Jaco, jy is 100% reg!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s