…hoe?…

Posted: Mei 24, 2007 in Uncategorized

swkpvuurtoring.jpg

Ek het issues … ‘n handjievol serious issues! Gelukkig is min van hulle persoonlike issues met myself, maar daar is dinge in ons samelewing wat my dwars in die krop steek en waaroor ek net nie kan kom nie! Ek sal vandag net drie van die handjievol issues aanraak, want die laaste tyd ontsenu die drie goed my die meeste!

Hoekom, hoekom, hoekom kinders mishandel – enige vorm van mishandel? Hoekom weerlose, onskuldige kinders?? Laat dit jou sterk en dominant voel, gee die oormag en ‘n tipe van houvas op iets/iemand wat nie eers vir hom-/haarself kan baklei nie – of is jy maar net plein siek in jou kop! Het jy ‘n hart van klip en swart ink wat deur jou are vloei – of gee jy net nie om nie? En hoe waar en wanneer, het sulke “diere” menseregte? Ek kan boeke oor hierdie issue skryf, so vandag stop ek eerder net hier.

Hoe oordeel mens op iemand na aanleiding van sy voorkoms!? Hoe kan jy jou van ‘n vriendskap weerhou van ‘n man/vrou wat 10 … 15 … 20 kg oorgewig is, bloot net omdat hy/sy oorgewig is! Kan jy nie maar die delete knoppie op jou “droom-figuur = droom persoonlikheid”-prentjiementaliteit druk nie!? Kyk eenvoudig net verby die grootte van sy liggaam en sien die hart agter die mens raak! Hoekom is dit so moeilik vir sommige mense?! Let’s face it – daar is nooit ‘n verskoning om net jou liggaam te “let go” nie – maar het jy al ooit daaraan gedink dat sommige mense oorgewig is omdat dit bloot net is hoe hulle aanmekaar gesit is .. hetsy mediese probleme, hormone, gene, wat ookal! Nie almal is oorgewig omdat hulle te veel eet nie!! Feit bly staan, as jy oorgewig is, behandel mense jou anders! Ek sien dit veral by my werk … daar word so baie lelike goed onder mense van ander mense gesê en dit maak my so bitterlik seer om te dink jy kan actually sulke goed in jou hart dink en dit nog sê ook!

Hoe kan kinders van hul ouers vergeet? Hoe kan jy meneer, wat in jou blink nuwe 4 x 4 Jeep of BMW of Mercedes elke Saterdagaand party hou in jou drie verdieping huis, Sondae met ‘n vroom gesig in die kerk gaan sit met jou perfekte gesinnetjie en jou ouers sit in ‘n ouetehuis – vergete, verwaarloos, alleen! En dit traak jou niks!!! Hoe kan jy mevrou, tee drink saam met jou vriendinne met jou ingevoerde Royal Albert Teestel, by die beste boutiques jou “designer” klere koop, en nie eers 10 minute van jou dag afstaan om te hoor of jou moeder enige iets van die winkels nodig het en of laasjaar se wintertruitjie nog dra-baar is, of dalk net ‘n koppie tee saam met jou wil drink uit haar Checkers-special koppies nie! Hoe kan jy gaan vir pedicures, manicures en facials, maar jou moeder kan nie eers haar eie naels knip en verf nie omdat die pyn van die “arthritis” in haar gekreukelde handjies dit onmoontlik maak!  As jy jou fancy Garden & Home tydskrifte lees, het jy al gewonder hoe graag jou pa, wat vir jou as klein dogtertjie vir ure stories gelees en vertel het, sy fynskrif Bybel sal wil lees, maar hy kan nie, want daar is nie geld vir ‘n nuwe bril nie en die ogies wil nie meer daarsonder sien nie! Hoe kan mens jou ouers verstoot of teen hul draai, as hulle die mense is wat jou in die lewe gebring het, jou versorg en na die beste van hul vermoëns grootgemaak het!?? My koppie is heeltemal te klein vir die tipe goed!!

Ek sug maar net, en probeer sover ek gaan ietsie goed doen vir iemand – al is dit net met ‘n smile of  ‘n mooi woord! Miskien maak dit op vir die een keer wat iemand nie bereid was om die moeite doen om terug te glimlag nie!

Pas jouself mooi op!

xxxRxxx

PS … foto met komplimente van my vriend in Windhoek! Voor daai vuurtoring in Swakopmund moet ek nog my voetspore gaan neerlê! Eendag…

Kommentaar
  1. Kokkewiet sê:

    Hierdie 3 issues van jou is vir my ook issues, veral die een van ouers wat sommer ‘weggegooi’ word.

    Ons het ons lewens aan ons ouers te danke en wat gee sekere van ons vir hulle terug – niks. Dit is wat ek nou stank vir dank noem.

    Wat kindermishandeling betref – wat kan ek sê, my hart huil saam elke keer as ek so iets hoor en dan dink ek aan my kind en wonder weereens hoe enigiemand dit kan reg kry om sulke onskuldige kindertjies kan seermaak. Die persoon wat so iets doen kan nie sê dat hulle harte het wat kan voel nie!!

    Ek stem ook saam met jou oor die voorkoms issue. Wat het n mens se voorkoms te make met wat in jou hart aangaan. Dit is gewoonlik mos maar die ‘lelike eendjie’ wat in n skoonheid verander (partykeer net aan die binnekant), maar bitter min mense sien dit raak. Almal moet ophou om mense op hulle baadjies te takseer en eerder ‘dieper’ kyk na waar die juweel eintlik is.

    Lekker dag verder

  2. Jaco sê:

    Moenie my aan die gang sit nie! Weet jy hoe dit aan my vat om kinders so te sien swaarkry terwyl onsself die wêreld sou gee om een van ons eie te hê?

    Ek en Krista kan juis nie daai mooi 4×4 bekostig nie, omdat ons verkies het om eers my ma, toe Krista se ouma en nou haar oupa deur hulle laaste te dae te ondersteun en te versorg. Iemand wat sy ouers so behandel wil ek niks mee te doen hê nie

    Die feit dat ek oorgewig is is deur my eie toedoen, maar ek is gemaklik daarmee. Sê wat jy wil. Wat my dwars in die krop steek is wanneer Krista bv. vir ‘n werksonderhoud gaan en nie die werk kry nie omdat een of ander jong sexy poppie met geen ondervinding die aanstelling aangebied is. Krista het byna albei haar ouers verloor in die Kerkstraat bom, en die sielkundige impak daarvan op ‘n klein dogtertjie het gelei tot haar uiteindelike oorgewig.

    Skies René…nou neem ek sommer oor. Ek stop net hier.

  3. lanab sê:

    Hoelaat my nou terug verlang na swakop toe en dit terwyl ek net 3 ure van swakop af sit.
    Ek voel saam met jou oor hierdie kwessies,maar die een wat my die meeste trigger is die 2de een.Ek was self daar-as jy paar K’s drop dan skiet jou popularity poll die hoogte in…hoekom??Reality check-dis nie die body wat die mens maak nie-dis die hart en personality-sonder daai twee goed is jy eintlik F*KK*L.

    hoop jy het n awesome donderdag!!

    troedelkies
    xxxx

  4. Kokkewiet – thanx vir jou bydrae. Ja, dit maak my baie suur as mense my op my baadjie trakseer! Of ek nou Sleeping Beauty of The Ugly Duckling is – wie gee om, is dit nie my binneste wat op die ou end saakmaak nie! Hoe oppervlakkig wil mense dan wees?

    Jaco – ja jong, ek weet ek raak ‘n sensitiewe onderwerp aan, maar dit vreet so aan my, ek moes dit van my af kry! Ek het laasweek met so-iets te doen gehad hier by ons ook! ‘n Pragtige dame met jarre se ondervinding vir wie ‘n pos geweier word omdat haar “voorkoms” nie na wense is nie! Ek het amper ‘n slag-aar gebars toe ek dit hoor! Ek dink dit is die suiwerste vorm van diskriminasie wat daar is! Jy kan so lank as wat jy wil comment Jaco, ek gee regtig nie om nie!

  5. krista sê:

    Ek dink almal van ons wat decent is, het issues met al 3 daai issues van jou . . .

  6. Da Mario sê:

    Jy het seker die mooiste hart van enige iemand wat ek ken.

  7. eelt sê:

    Haai, hoe verbaas is ek nou om hierdie te lees! Mooi so Rene, dis ‘n goed geskryf oor vet mense en die diskriminasie teen hulle.
    Ek dink net nie daar is rerig so iets soos iemand wat sy liggaam net “let go” “sonder verskoning” nie.
    Maar wat kloof ek nou hare? Dit bly ‘n goeie stuk!

    @lanab: “dis nie die body wat die mens maak nie” – miskien so, maar party van ons hou juis van die vetties.
    @kokkewiet: sien my comment aan lanab

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s