…naweek…

Posted: Mei 21, 2007 in Uncategorized

sharks.jpg

Rugby 

Shark-koors het hoog geloop in Arcadiastraat die naweek! Ek wil eerder niks oor die rugby sê nie, want dit was nie vir my so ‘n mooi gesig om te sien hoe die Sharkies na so ‘n mooi Super 14 seisoen, op so ‘n manier verloor nie! Selfs Matfield het erken die Sharks het 79min van die spel oorheers! Well done vir die Bulls wat dus die laaste 1 minuut van die game en 3 minute na die game actually gespeel het en iets reggekry het! *ek koes solank vir die klippe*! Sien, ek wou niks oor die rugby sê nie!!! Julle kan seker aflei na aanleiding van die smiles dat hierdie foto VOOR die game geneem is!

Movies

Danksy die heerlike Kaapse winterweer wat ons Saterdag en Sondag gehad het, het ek gister besluit die kouete sal nie kans hê om aan my wange te byt Sondag nie! Die kaggeltjie is alreeds 8:00 aangesteek en toe is ek gou vinnig video winkel toe! Darem min dinge so lekker soos om op ‘n koue reëndag lêplek voor die TV te maak, dieper onder die duvet in te kruip en ‘n lekker tranetrekker te kyk nie! Dog toe so ewe vandag is die dag wat ek The Queen uitneem! Die weer en die mood is reg! Die dood van Diana was vir my ‘n tragiese ervaring en het ek nog nie kans gesien om The Queen te gaan kyk op die Big Screen nie! Toe maar besluit ek sal eerder die DVD uitneem, dan kan my timing en my gemoedstoestand 100% reg wees!!

Nou kyk, ek gee my nie uit as ‘n asparant Leon van Nierop nie!! Maar ek wil ook ‘n eiertjie oor die veelbesproke The Queen lê!  Dit was toe nie so erg hartseer soos ek myself op voorberei het nie!! Dit was bitterlik sad ja, maar ek het my so ligweg vererg vir die manier hoe die koninklike gesin se houding teenoor Diana se dood, uitgebeeld word.  Ek het op die ou end toe eerder half vieserig met die een oog na die storie agter die storie begin kyk! Ja ja, die Queen moet ‘n “geharde” vrou wees om haar man te staan, maar om haar darem so harteloos uit te beeld was ietwat van ‘n “dam onder die eend uitruk” situasie! As die fliek nou nie die “monargie” meer kwaad as goed doen nie, wil ek nie meer my naam hê nie! Ek kan nie help om te wonder hoeveel daarvan bloot fiksie is en hoeveel nie!?

Desnieteenstaande ~ Helen Mirren het haar rol as The Queen baie goed vertolk! Sy kan met trots vir Oscar in die glaskassie uitstal!!

Het ook American Pie: The Naked Mile gekyk – as jy hou van college kru-taal en jy is een vir studente wat ‘n (letterlik) Naked-marathon hardloop, is dit jou tipe fliek! Ek het net 10 minute gekyk en toe maar my boek verder gelees!! Go figure!

Die week lyk taamlik bedrywig, maar ek verkies dit so … dan gaan die tyd vinniger verby vir Londen! (Niggie, ek weet jy lees my blog, sê nou ‘n slag iets jong!!)

Pas jouself mooi op!

R xxx

PS…indien jy al in Londen was, gee ‘n paar tips watter plekke ek moet besoek, asb!

Kommentaar
  1. lanab sê:

    Ek verkies dit ook maar eerder om nie te veel te sê oor die rugby nie….!!!!(al is ek n bloubul)

    Hoop jy het n wonderlike dagie…..

    troedelkies
    xxxxxx

  2. Krista sê:

    Ek sê ook niks nie – alles is tog al reeds deur soveel ander mense gesê.

    Ek wens daar was plek in jou tas vir ons!

  3. Jy moes eintlik die “before” EN “after” foto geplaas het! 8)

  4. Ek gooi nie sommer klippies nie. Net met eish ja!

    Ek sien die hond is nie kieskeuring nie solank sy ore warm is? Mooi foto! My brakkie bewe soos ‘n ou mensie in die koue. Ek gaan na werk gou vir hom ‘n jassie soek – shame.

    Dit is erg koud. Ek kry nie my vingers ontdooi nie. Al die rooiwyn, sjerrie, kaggelvure, lepellê ensomeer werk net nie vir my nie – die koue trek in my are in en bly daar tot dit weer somer is.
    En dit is nog baie ver somer toe…😦

    Ek sal The Queen nog kyk net om te sien waaroor die hoe-haa gegaan het en ook om ‘n goeie stukkie werk te waardeer. Die res sal ek met ‘n knippie sout vat. Hang seker maar af in watter hoek mens staan…..

    Lekker aand!

  5. rendier sê:

    Londen is ongelooflik die tyd van die jaar. Juis gisteraand was ek terug in my geliefde Londen.

    Daar’s ‘n lekker wegkruip plek naby Piccadilly, by name Le Beaujolais Wine Bar, 25 Litchfield Street, WC2H 9NJ. Ek weet dis Frans en alles, maar dis so ongelooflik lekker om ‘n bottel wyn en ‘n kaasbord te bestel en jou weg te voer na verre lande.

    Maak moeite om ‘n show of 3 te sien. Agatha Christe se “The Mouse Trap” is ‘n moet. Kombineer ‘n middag vertoning met ‘n kuier by bogenoemde en jy’t ‘n heerlike dag.

    Daar’s soveel om te doen en te verken. Neem ‘n kanaalbootrit van Little Venice na Camden Town en verken die stalletjies.

    Stap deur Greenwich Park en neem ‘n foto by die tyd lyn🙂

    Geniet dit, ek’s jaloers

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s