Archive for Mei 21, 2007

…naweek…

Posted: Mei 21, 2007 in Uncategorized

sharks.jpg

Rugby 

Shark-koors het hoog geloop in Arcadiastraat die naweek! Ek wil eerder niks oor die rugby sê nie, want dit was nie vir my so ‘n mooi gesig om te sien hoe die Sharkies na so ‘n mooi Super 14 seisoen, op so ‘n manier verloor nie! Selfs Matfield het erken die Sharks het 79min van die spel oorheers! Well done vir die Bulls wat dus die laaste 1 minuut van die game en 3 minute na die game actually gespeel het en iets reggekry het! *ek koes solank vir die klippe*! Sien, ek wou niks oor die rugby sê nie!!! Julle kan seker aflei na aanleiding van die smiles dat hierdie foto VOOR die game geneem is!

Movies

Danksy die heerlike Kaapse winterweer wat ons Saterdag en Sondag gehad het, het ek gister besluit die kouete sal nie kans hê om aan my wange te byt Sondag nie! Die kaggeltjie is alreeds 8:00 aangesteek en toe is ek gou vinnig video winkel toe! Darem min dinge so lekker soos om op ‘n koue reëndag lêplek voor die TV te maak, dieper onder die duvet in te kruip en ‘n lekker tranetrekker te kyk nie! Dog toe so ewe vandag is die dag wat ek The Queen uitneem! Die weer en die mood is reg! Die dood van Diana was vir my ‘n tragiese ervaring en het ek nog nie kans gesien om The Queen te gaan kyk op die Big Screen nie! Toe maar besluit ek sal eerder die DVD uitneem, dan kan my timing en my gemoedstoestand 100% reg wees!!

Nou kyk, ek gee my nie uit as ‘n asparant Leon van Nierop nie!! Maar ek wil ook ‘n eiertjie oor die veelbesproke The Queen lê!  Dit was toe nie so erg hartseer soos ek myself op voorberei het nie!! Dit was bitterlik sad ja, maar ek het my so ligweg vererg vir die manier hoe die koninklike gesin se houding teenoor Diana se dood, uitgebeeld word.  Ek het op die ou end toe eerder half vieserig met die een oog na die storie agter die storie begin kyk! Ja ja, die Queen moet ‘n “geharde” vrou wees om haar man te staan, maar om haar darem so harteloos uit te beeld was ietwat van ‘n “dam onder die eend uitruk” situasie! As die fliek nou nie die “monargie” meer kwaad as goed doen nie, wil ek nie meer my naam hê nie! Ek kan nie help om te wonder hoeveel daarvan bloot fiksie is en hoeveel nie!?

Desnieteenstaande ~ Helen Mirren het haar rol as The Queen baie goed vertolk! Sy kan met trots vir Oscar in die glaskassie uitstal!!

Het ook American Pie: The Naked Mile gekyk – as jy hou van college kru-taal en jy is een vir studente wat ‘n (letterlik) Naked-marathon hardloop, is dit jou tipe fliek! Ek het net 10 minute gekyk en toe maar my boek verder gelees!! Go figure!

Die week lyk taamlik bedrywig, maar ek verkies dit so … dan gaan die tyd vinniger verby vir Londen! (Niggie, ek weet jy lees my blog, sê nou ‘n slag iets jong!!)

Pas jouself mooi op!

R xxx

PS…indien jy al in Londen was, gee ‘n paar tips watter plekke ek moet besoek, asb!

Advertisements