…brombeer…

Posted: Mei 18, 2007 in Uncategorized

houthuisie.jpg

Ek wroeg nou al van gistermiddag af of ek moet en of ek nie moet nie! Maar somehow op die een of ander manier moet ek dit van my hart afkry! Ek het ‘n hele lang inskrywing in my kop gehad van als wat ek wou sê rondom my frustrasies met my baas (ook bekend as “Die Brombeer”), maar ek dink die volgende stukkie sê vir eers genoeg! Enige iets anders wat ek gaan sê, gaan dalk tot my nadeel strek.  Die woorde is in ‘n goue raampie teen my kantoor-muur vir almal om te sien, min van hulle weet hoe bitter naby aan die waarheid dit is…

My Boss

When I take a long time, I’m slow

When he takes a long time, he’s thorough

When I don’t do it, I’m lazy

When he doesn’t do it, he’s too busy

When I do something without being told, I’m a know all

When he does something without begin told, that’s initiative

When I do well, he forgets

When he does well, he never forgets

I wish I were my boss, and always right!?!

Ek volstaan eers hierby!

Lekker naweek vir jou! Pas jouself mooi op!

xxxRxxx

O-ja, as enige iemand my soek die naweek … ek steek myself in die huisie hierbo weg!

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    ‘n Post sonder titel?? Ek dink nie Brombeer maak mooi nie…
    Geniet die naweek!
    mwha xx

  2. oeps…thanx DM, ek het reggestel!

  3. Krista sê:

    Hi, kan ek saam kom? Ek soek ook so ‘n huisie!

    Ek het ook so ‘n baas gehad, gelukkig nie meer nie (hoop nie hulle vind die vlak graffie nie, was nie lus om te diep te grou nie).

  4. Vandag is ons susters in dieselfde verdrukking! Hy mik ook vir ‘n vlakketjie. Net ‘n paar uur…

  5. Kokkewiet sê:

    Rene

    Ek voel vandag ook so, my Vrydag het so goed begin en wie stap by die deur in – n Beer met n seer tand, wat net bliksem en donder so ver as hy gaan. Ek sal maar in my spoor trap en uitsien na n heerlike naweek saam met my seuntjie.
    Geniet jou naweek

    Elmien

  6. Louisa sê:

    Baie oulike foto!
    Sterkte met jou brombeer.

    Ek het ook een soos daai gehad op ‘n stadium. Ek het een oggend vir hom in ‘n vergadering vertel van die oulikste se^-dingetjie wat ek raakgeloop het:
    “How can I soar like an eagle when I’m surrounded by ducks?” wat hy gedink het is baie snaaks tot hy begin wonder het oor wie die ducks is…😉

  7. Kokkewiet, Louisa, Jo-Ann, Krista — thanx vir jul comments!

    Sommige brombere dink mos as hul met lang slap silver BMW’s ry en vyf keer my salaris verdien, kan hulle met die kerkmuis maak soos hulle luskry!

    Soms wil jy net soos ‘n “mens” wat actually ‘n lewe en ‘n hart het, behandel word! Ek dink nie ek stel onredelike eise nie!?

    Louisa, ek gaan beslis daai aanhaling op die Brombeer probeer, ek dink hy kry ‘n beroerte! Dit sal fun wees! hehehe🙂

    Lekker naweek
    R xx

  8. Base kan inderdaad sulke bliksems wees!

    Nice plekkie waar jy jouself gaan wegsteek en mooi, nuwe vars look vir jou blog!

    8)

  9. Sjoe, jy maak my nou bang vir die grootmens lewe. Sal seker dan maar moet sorg dat ek my eie baas word… Ek sal ook die rympie gaan print en ‘n punt daarvan maak om nie so te wees met my werkers nie…
    thanx vir die tip.

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s