…vriende/vriendinne…

Posted: Mei 15, 2007 in Uncategorized

herfs.jpg 

BOEKE IS SOOS VROUMENSE

Sommiges is dun, ander is dik

Party is styf en party is slap, sommiges is los

Een is hoog en ander plat

Baie is langwerpig, ander vierkantig of ‘square’

Sommiges is besmeer en ander is goed versorg

Party is duur, ander is goedkoop

Baie is oop maar ‘n groot persentasie is toe

Sommiges hanteer maklik, ander is stram en die blaaie sit vas

Party moet jy ver van jou hou en party moet jy styf vashou, en ander selfs op jou skoot

Sommiges is swak gebind, hulle bult oral uit en wys lelike knoppe

En daar is party wat nie gebruik word nie….

Party moet oorgetrek word en party vertoon beter sonder ‘n omslag

Jy kry die wat vriendinne is en party wat jy liefhet!

Party se name kan jy nie eers onthou nie

Party vergeet jy nooit ooit nie

Begin jy met party dan wil jy hulle nie uitlos nie, en ander wil jy net toeklap

Party moet verban word en party moet gelees word

Maar as jy die boek kry wat jy die meeste van hou

Sal jy hom vir die wêreld wys en almal moet saamstem

Ek is bly ek het ‘n boek gevind soos jy!!!

Ek is seker daarvan mens kry manlike boeke ook?!!!!

Lekker daggie!

xxxRxxx

Kommentaar
  1. lanab sê:

    Jy is n asemrowende boek in my versameling.

    Hoop jy het n mooi dag.

    troedelkies
    xxxxx

  2. Louisa sê:

    Wat ‘n oulike manier om daarna te kyk!

  3. Jaco sê:

    Een van die meer interresante vergelykings wat ek in ‘n lang ruk “gehoor” het.

    My geslag kan ook boeke wees, maar ons is meestal maar comics….cheap and easy to read!

  4. wosonki sê:

    Ekke hou baie van boeke en lees, maar is nie so seker dat ek allie vrouens wat ek ken wil lees nie! ‘n Boek mag dalk goeie slaan-materiaal maak as jy dalk sekere vrouens wil intimideer!

    Krista

  5. Da Mario sê:

    …🙂 ….

    Ek is mal oor boeke. Jy het ‘n spesiale plek in my boekrak. Ek dink jy is dalk ‘n koffietafel boek…. mooi om na te kyk, interessant om te lees, daar om mee af te show, iets om trots in jou versameling te he…

    Pragtige post!😉

  6. DM … ek bloos maklik genoeg hoor ~ maar thanx vir jou mooi woorde!!
    Jy is werklik ‘n pel duisend!
    Rxx

  7. Lindy Coetzee sê:

    Vandag op die blog afgekom! So bly want ek voel leka depro. Gister baklei. Ek wens mense wil leer om te luister voor hulle gevolgtrekkings maak. Ag wil jou nou nie morbied maak nie. Dankie ek voel beter, maar weet van ‘n hele paar boeke wat ek wil toeklap…

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s