…moeksie…

Posted: Mei 11, 2007 in Uncategorized

ma.jpg

‘n Mens se ma weet ALLES … !

Menigmaal het ek my *pffft* uitgespreek oor hierdie woorde, maar met ouderdom kom wysheid en het ek op ‘n mooi sonskyndag besef, ‘n mens se ma weet werklik alles!  Sy ken jou behoeftes, sy weet waar dinge jou die seerste maak en sy kyk net ‘n sekonde na jou, of hoor net jou eerste ses woorde oor die telefoon en weet instinktief als is nie pluis nie!  Ma’s soen stukkende knieë weer heel as jy ‘n kleuter is, hulle troos jou met ‘n opregte hart as jou gebroke tienerhart treur, al het sy jou teen daardie boyfriend gewaarsku, maar sal nooit sê “I told you so” nie! En die dag wat jy voor die kansel met die “man van jou drome” staan, sal jou ma agter en langs jou staan, al stem sy nie heeltemal saam met jou keuse van ‘n lewensmaat nie!  ‘n Ma oordeel nie oor haar kinders nie en sal nooit ‘n wrok teen hul koester nie, maak nie saak hoeveel keer hul haar teleurgestel het nie! Sy offer onvoorwaardelik haarself en haar laaste besitting op sonder om iets terug te verwag, en sy gee altyd meer as wat van haar verwag word!

As jy nog so bevoorreg is soos ek om ‘n moeder te hê — ry na haar toe as jy kan en gaan gee vir haar ‘n stywe drukkie en wys haar hoe jy haar waardeer! En as sy ver weg van jou bly, bel haar en vertel haar hoe lief jy haar het en hoe dankbaar jy vir haar is!

Aan my moeksie, die stukkie is vir jou!!! Lief ma BAIE! Ek sal graag eendag ‘n ma soos Moeksie wil wees…

1 Korintiërs 13 vir Ma’s 

Al sou ek die mooiste huis hê en die smaaklikste etes vir my huismense voorberei, maar ek doen dit nie met liefde nie, dan is ek so waardeloos soos ‘n leë kastrol of ‘n stukkende eierklitser.

Al is ek die besigste ma in die beheerraad en ek koop vir my kinders die duurste sporttoerusting, maar ek het nie die tyd om hulle langs die sportveld aan te spoor nie, dan sal dit my niks baat nie.

Al koop ek ‘n kamer vol opvoedkundige speelgoed en betaal ek sakke vol geld vir ekstra klasse, maar ek self sit nie by my kinders en speel of worstel met die skoolwerk nie, sal ek nie ‘n ware moeder wees nie.

‘n Liefdevolle ma is geduldig – sy tel maar die klere en speelgoed op.  ‘n Liefdevolle ma is lankmoedig en vriendelik – sy laai haar motortjie vol kletsende, swetende skoolkinders.

Sy vergelyk nie haar kinders met ander nie en sy is nie verwaand oor hul prestasies nie. Sy bedek alle skrape met liefde en pleister en glo in haar kinders, hoop net die beste en verdra al die klaery en kritiek.

‘n Opregte drukkie en ‘n intieme gesprek bly lank in ‘n kinderhart, maar gestrykte wasgoed word weer vuil en ‘n netjiese huis word weer deurmekaar en vol stof…

Eendag as die volmaakte gekom het, sal jou huis en sy binnekant tot niet gaan, maar die lewende siele van jou kinders sal ondersoek word.

Toe ek nog ‘n jong meisie was, was ek getel op my mooi voorkoms en aardse besittings, maar nou dat ek ‘n ma geword het, het my kinders se versorging vir my belangrik word.  Nou kyk ons nog vas teen opstandige tienergesigte, maar eendag, as hulle groot geword het, sal ons die vrugte maai van die liefde wat ons kleintyd gesaai het.

Ek nou bly AANDAG, GEDULD en LIEFDE, hierdie DRIE, maar die waardevolste hiervan is ‘n liefdevolle MA.

Geniet jou naweek, en onthou … Sondag is Moedersdag!!

Pas jouself mooi op!

xxxRxxx

Kommentaar
  1. lanab sê:

    Dis n pragtige stukkie wat jy vandag hier beet het.

    Hoop jy het n asemrowende naweek..

    Groete aan manlief.

    Pas jouself op.

    troedelkies
    xxxxxx

  2. Jaco sê:

    Rene

    Inspirational !

    Jaco

  3. ‘n Ma se liefde is die naaste aan Godsliefde wat ons ooit op aarde sal ervaar!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s