…beter dae…

Posted: Mei 8, 2007 in Uncategorized

port-alfred.jpg 

Die smile is terug en vandag is weer een van die beter dae!

Rede? My vliegtuigkaartjie London toe is geboek en betaal! Nou nog net die visum en verlof wat goedgekeur moet word en dan begin die groot wag tot 30 Augustus!  Ek gaan so vir twee weke vir my niggie en haar man kuier wat tans gevestig is in Southfields – en glo my, elke liewe dag tot daardie vliegtuig vertrek, sal afgetel word!

Niggie — as jy vandag se inskrywing lees — ek is oppad girl, jy moet jou stembande en voetsole rus, ons gaan ‘n hond uit ‘n bos uit kuier!

Boer in Ballingskap … ek sien op die nuus jou Me Royale het toe nie die Franse verkiesing gewen nie!  Hou uit Boertjie, een van die dae gaan ‘n (mooier) vrou nog regeer!

Ek sien Kevin Costner en vroutjie Christine se eersteling seuntjie is Sondag gebore – dis mamma Christine se eerste kind, maar Kevin se vyfde … Daar gaan my kanse…*pffft*

Spiderman 3 kry net drie sterre … Mmmm, het dit nogal verwag?

Dina Rodrigues en haar makkers is skuldig bevind aan die moord op baba Jordan, en dit as gevolg van jaloesie! Die arme baba se lewe was vir hulle net R10 000 werd … hulle verdien wat na hulle kant toe kom, dubbel en dwars!

Bob Woolmer is vermoedelik met onkruiddoder vergiftig … (eish?)

… en vanaand kan ek nog ‘n stresvolle episode van Prison Break beleef … whoohoo!!

Hoop jou daggie is vol opwinding en aangename gebeurtenisse!

Pas jouself mooi op!

xxx R xxx

PS…Foto bo … hierdie “sample” van ‘n vuurtoring (as jy dit nie ‘n vuurtoring kan noem nie, wat dan anders?) staan geanker op die punt van Port Alfred se hawemuur!

Kommentaar
  1. Thea sê:

    Hi René

    Jou gelukkige mens! Is dit nou die Southfields naby Wimbledon? Hoekom wil jy aansoek doen vir ‘n visum? Mens kan mos Engeland vir 6 maande besoek sonder ‘n visum. Is dit jou eerste besoek aan Engeland? Daar’s niks wat my so opgewonde maak as die vooruitsig aan ‘n vakansie nie, hetsy hier of oorsee.

    Ek deel dieselfde passie as jy vir vuurtorings. Het hoeka in Maart die vuurtoring by Agulhas en by Gansbaai afgeneem.

    Lekker dag!

  2. Hi Thea

    Jy het nie ‘n visum nodig vir London self nie, maar as jy dalk ‘n ander land wil besoek in die tyd wat jy daar is (wat heel moontlik sal gebeur), moet jy ‘n visum hê! Ek speel dit veilig, dan hou dit my opsies oop!

    En ja, dis my eerste besoek aan enige oorsese land (Robbeneiland tel nie), so ek is baie opgewonde!

    Mooi bly!

  3. PS… Ja, dis Southfields naby Wimbledon!

  4. Marat sê:

    Lekker! Jy maak ons groen! Is daar plek in jou tas? Ek belowe ekke sal diet sodat ek kan inpas! Maar jy sal dan 2 groot tasse moet vat – Jaco sal wil saam for incase jy jou eiland opspoor.

    Moenie worry nie, die tyd sal gou verbygaan en voor jy sien, is jy oppie vliegtuig oppad soontoe.

    Krista

  5. My tas is soos my hart Krista, daar is altyd plek vir nog … ek sal my assistent en sy vroutjie naby moet hou, mens weet nooit wanneer jy daardie perfekte eiland opspoor nie!

  6. Jaloers, so jaloers!!! Gaan geniet dit en bring baie, baie foto’s! Ek is seker dat jy elke daggie gaan aftel.

    My trippie Holland toe is voorlopig af en ek is sad, baie sad. Ek hoop om darem vir my pa te kan gaan kuier in Nam. Wil my ou stoel bietjie gaan warm sit om die etenstafel. Hoog tyd!

    Mag die dae vinnig verbyglip!

  7. Glo my Jo – ek het klaar ekstra memory vir my kamera gekoop! Foto’s neem gaan ons foto’s neem, dis verseker! Nog ‘n rede om tyd te maak vir ‘n koffietjie drink né!!

    Jammer om te hoor oor Holland, en jy het so baie uitgesien daarna!😦 Moenie daai trippie na jou pa toe uitstel nie! Hoe gouer hoe beter! Ek weet hy sal dit beslis geniet en waardeer – en jy ook!

  8. Louisa sê:

    Rene’,
    Ek weet nie hoe lank jy gaan nie, maar as jy beplan om ‘n paar ander lande ook te sien terwyl jy in die omtus is kan jy gerus met jou reisagent praat oor trein kaartjies. Hulle beweer daar is een wat jy sommer vir goedkoop kan koop aan die kant wat jou onebeperkte verniet toegang sal gee op treine buite Engeland, en dan ‘n ander kaartie vir dieselfde in Engeland.

    Gaan rits die wereld plat en neem suidende fotos vir ons almal om na te kyk!🙂

  9. Da Mario sê:

    Ek gaan jou mis in daai 2 weke.

  10. Jy’s ‘n bevoorregte girl!!

    Royal het nie gewen nie, maar met bietjie navorsing en in retrospek, sou ek se Sarkozy is die beste persoon om Frankryk reg te skud. Pity, though….Anders as in die glamour wereld, is looks nie al wat tel in politiek nie. Ek sien Zille het die leisels by Tony oorgeneem. Ek’s bly – sy lyk na iemand wat nie k*kkies vat nie.

  11. DM … ek sal jou ook mis mater! Maar Engeland het ook internet, ek sal julle opcheck!

    Boertjie … ek sal nie met tannie Zille sukkel nie, sy lyk bietjie kwaai agter haar tannie Rottenmeyr brilletjies! hehehe — as ek so na die kabinet kyk, tel looks GLAD NIE in politiek nie!!!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s