…vakansie…

Posted: April 4, 2007 in Uncategorized

seal-point.jpg 

Nou ja, almal van ons verdien so nou en dan ‘n ruskansie … en ek eis myne nou op!!!

Daar sal dus geen blogging vir my wees tot die 16de April nie! Ek los julle met ‘n foto of twee van waar ek myself bevind – Kaap St Francis!!! Maar los gerus ‘n gedagte of ses by die comments – ek het inspirasie nodig om met hierdie blog voort te gaan!

Pas jouself mooi op!

xx R xx

ps … Hierdie vuurtoring is my gunsteling van alle vuurtorings, en ook die hoogste en tweede oudste Vuurtoring in ons land! (Seal Point, Kaap St Francis, voltooi 1878) Elke steen in hierdie vuurtoring is met skepe aangery van Port Elizabeth af tot in St Francis se hawe, en dan met ossewaens verder vervoer!! Ek vertel so bietjie meer as ek terug is van vakansie.

voelklip.jpg 

Op hierdie rotse vind mens weer jou Skepper!

Sal netnou nog foto’s plaas!!!

Hier is solank ‘n mooi song …

Vir jou vandag (Arno Jordaan)

Nog ‘n duisend ure gaan verby
ek sit en wonder dink jy ook aan my
jy’s so ver en dit maak my mal
ek verwens die tyd want ek dink weer aan jou
Sien jou in my drome, waar is jy vanaand
Jy’s dalk van die Klein Klein Karoo
Op die oomblik soek ek vir jou
Ek hoop dat ons paadjies sal kruis

Koor
Ek sal vir jou die mooiste ster vang
Teen Tafelberg sal ek hom ophang
jou naam sal ek skrywe in die seesand
wanneer die son gaan slaap
Ek sal vir jou die mooiste ster vang
Teen Tafelberg sal ek hom ophang
Jou naam sal ek skrywe in die seesand
wanneer die son sy oë toemaak.

Vanaand is ek die een wat vir jou loer
Jy’s die een jy het my hart ontvoer
Ek’s oppad ek kom om jou te haal
My kop is besig om weer rond te dwaal
Sien jou in my drome, waar is jy vanaand
Jy’s dalk van die Klein Klein Karoo
Op die oomblik soek ek na jou
ek hoop dat ons paadjies sal kruis

Koor

[Brug]
Dis jy wat my gedagtes wegvoer
Terwyl die maan nader kruip
Dis net jy wat in my hart kan boer
vir jou sal ek altyd daar wees…

Kommentaar
  1. Da Mario sê:

    Geniet jou vakansie Rene, kom terug met baie energie!

  2. Nina sê:

    hi Rene

    Ek dink die foto’s is pragtig.
    jy moet lekker vakansie gan hou. ek verstaan wat jy bedoel met die rotse, As ek daar moet wees….. ek dink daar is ‘n kalmte wat mens nie kan beskryf nie.

    lekker daggie

  3. Ohnie sê:

    Hi Renetjie

    Jy moet jou vakansie geniet. Dink maar aan my wat moet werk. Einde van die jaar is dit my beur. hahahaha

    Gaan jou mis by die chat.

    Lovies
    Ohnie

  4. Rounelle sê:

    F5. Enjoy. Sien jou die 22ste.

  5. Fairydust/skoenlapper/vlinder/sommer ekke sê:

    Jy maak my lekker jaloers! Hoe mis ek dit nou om net op
    die rotse te kan sit, uitkyk oor die see, luister na die branders. Geniet dit!!! En mail my asb bietjie seesand en water.

  6. Sultan sê:

    Hi René. Ai maar dit lyk fantasties daar. Jy moet asseblief nog fotos post as jy terug kom van die Hemel af.
    Geniet jou “Hols”. Kan nie wag dat jy terug kom nie. Mis al klaar ons Chats…

    Byeeeeeeee Eddie.

  7. lanab sê:

    hey’ jy moet jou holiday geniet,einde april is dit my beurt….
    pas jouself mooi op en neem klomp kiekies…mis jou alreeds…..

    troedels
    lana

  8. Mooiry en geniet dit. Sien jou die 22ste!🙂

  9. boerinballingskap sê:

    Mooi foto en baie nice song! Ek is sover van Kaap St Francis, ek is heeltemal GROEN van jaloesie. Geniet dit – jy’s bevoorreg!

  10. Louisa sê:

    Mal oor jou fotos…geniet die vakansie

  11. blou sê:

    Kaap st Francis is die beste plek op aarde. En op daai rotse vind mens weer jouself – tussen alles wat om jou aangaan.

    Geniet dit!

  12. Lien sê:

    Hi, dis my song! Vang ‘n Kaap st Francis sterretjie, en hang hom teen daai lighuis op vir my.

    Enjoy!!!

  13. Sjoe, dis nogals mooi!! Hoop jy het dit geniet!! Oe, ek lief ons land!

  14. Honey sê:

    Ok dis nou 12.30 op die 16’de. Waar is jou blog update???
    Hoop jy het ‘n stunning vakansie gehad. Kan nie wag om alles te hoor nie.

    xxMwahxx

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s