Archive for Maart, 2007

 herfsblare.JPG

Hierdie stukkie het vanoggend met my hart gepraat!! Ek post hom vroegoggend – sodat dit ook deel van JOU dag kan wees!! 

Neem verantwoordlikheid vir jouself! 

Die Amerikaanse admiraal Rickover het eenkeer gesê: “Verantwoordelikheid is ‘n unieke konsep. Wanneer jy dit met iemand deel, word jou gedeelte daarvan steeds nie minder nie. Wanneer jy dit delegeer, is dit steeds by jou. Geen hoeveelheid ontwyking of onkunde of aanstuur kan dit laat verdwyn nie. As iemand nie ‘n vinger na jou kan wys wanneer iets skeefloop nie, is die waarheid dat jy nooit in die eerste plek verantwoordelik was nie.”

God soek mense wie Hy met verantwoordelikheid kan vertrou. En nou meer as ooit! Nie net dromers nie, maar mense van die daad. Nie diegene wat dit veilig speel nie, maar dié wat opstaan en die werk gedaan kry – wat dit ook al mag kos. Soms is dit ‘n wyse besluit om niks te doen nie, maar jy kan nie daarvan ‘n loopbaan maak nie. Freddy Fulcrum het alles te versigtig opgeweeg. Hy sou sê, “Aan die een kant … maar aan die ander kant.” Die probleem is dat sy argumente so gelyk opgeweeg het dat hy op die ou einde nooit iets gedoen het nie. Toe Freddy oorlede is, het hulle ‘n groot nul op sy grafsteen uitgekerf. John Maxwell skryf: “As jy besluit om vis te vang, goed so; as jy besluit om jou lyn uit te trek, goed so; maar as jy besluit om niks te doen nie, gaan jy nie vis hê vir aandete nie.”

Om God se doel vir jou lewe te vind en te vervul beteken dat jy verantwoordelikhede moet opneem en besluite moet maak – moeilike besluite, eensame besluite, duur besluite, ongewilde besluite, onaangename besluite en moedige besluite. Dit beteken ook die einde van alle verskonings: “Van elkeen aan wie baie gegee is, sal baie geëis word.” Jy sê jy hou nie baie van hoe dinge in jou lewe gaan nie. Rêrig? Wat doen jy daaromtrent?
 

Sien?

Lekker dag vir jou! xx

Advertisements

…writer’s block…

Posted: Maart 13, 2007 in Uncategorized

baba2.JPG 

Ek dog mense praat sommer net as hulle praat van writer’s block! Ja reg!!! Ek weet nie wat ek wil sê nie, ek wil nie eers begin krap aan als wat in my koppie aangaan nie! Miskien uit vrees dat ek dalk ‘n stukkie waarheid daar sal ontdek! ‘n Stukkie seermaak waarheid dalk? Ek weet net nie – en ek weet ook nie of ek WIL weet nie! Punt…!

Miskien moet ek die bloggery los en eerder ‘n boek skryf! Ek wens ek kon ‘n ensiklopedie skryf! Die tema : mense wat ek ken (of gedink het ek ken!) Enkele individue staan sterk uit! Pilare in my lewe waarsonder ek inmekaar sal tuimel! Ander wil ek liewer in ‘n staalboks bêre, toesluit met ‘n onvernietigbare slot en diep diep in ‘n donker hoekie iewers in ‘n verlate kelder wegsteek met die hoop dat dit nooit weer gevind sal word nie! En hoekom wil ek hul nie weer vind nie? Oor die seerkry en teleurstelling wat ek aan hom/haar veroorsaak het, of die seerkry wat weer oopgekrap en herontdek sal word as ek in daai boks begin grawe?

Ek verkies om dan eerder op die Pilare te fokus in my Ensiklopedie van Kennisse! Daardie omgee mense wat saam jou hart se legkaart vorm. Elkeen met sy eie funksie en sy/haar unieke eienskappe!  Ek sal nie sonder een van hulle kan survive nie! Come to think of it, ek sal ‘n hele paar ensiklopediëe kan skryf!!

In elk geval … ek het nou eers “writer’s block”! Ek kom terug oor dié een!

Lekker daggie xx

…sheldeantjie…

Posted: Maart 7, 2007 in Uncategorized

baba.JPG

Sheldean – jy is nou by Liewe Jesus en is een van sy beeldskoonste engeltjies!!

Die wêreld sal jou mis, my kind – maar ons dra jou in ons harte saam!!

MY GROOT DAG!

Hierdie afgelope week was ek in ‘n sielestryd met myself! Ek loop al maande in my kop met die vraag of trou nie dalk bietjie overrated is nie!  

Toe begin ek wonder of dit regtig ‘n onderwerp is wat ‘n audience nodig het! Moet ek nie hierdie ding eerder vir myself in my kop uitsorteer as om dit op my blog te sit dat die “wêreld” daarna kan kyk en daaroor kan dink nie. My grootste vrees is dat ek diegene wat my blog lees wie nie getroud is nie, moontlik kan afsit van trou! Ek sal nooit iemand wil afsit van trou nie, want as jy daardie een regte persoon gekry het, se ek gryp en hou vas vir al wat dit werd is. So aan die ongetroudes en getroudes en geskeides en gelukkig getroudes of ongelukkige getroudes wat hier lees, herinner jouself gereeld daaraan dat wat hier staan, nie noodwendig die norm is nie, maar slegs ‘n opinie van iemand wat self met baie vrae in haar kop rondloop! Omdat daar vrae is beteken gelukkig nie noodwendig dat ek nie gelukkig getroud is nie, maar kyk bietjie na die wêreld om jou en neem my dan kwalik dat daar vrae is!

My doel is om my gedagtes op skrif te sit, met die hoop dat daar iemand daarbuite is wat hier lees, wat my moontlik kan help groei, as mens. Ek glo mense vorm mekaar, en dat lewenswyshede nie opgesluit lê in boeke wat stof vergader, geskryf deur slim mense met doktorsgrade nie, maar in die harte van die mense wat die lewe self geleef het! Mense wat foute maak, seerkry, opstaan en leer om weer voluit te leef! As ek vandag net een so ‘n persoon kan kry om sy/haar ervaringe met my te deel en ek
kan iets daaruit leer, dan was die skryf van hierdie blog hierdie hele week en die breinkrag wat daarin gesit is, die moeite werd!!
 

Ek kyk na getroudes rondom my, en oor die algemeen sien ek hartseer, ongelukkigheid, onmin, jaloesie! Mense wat eens op ‘n tyd voor ‘n predikant gestaan het, na die huweliksformeluur geluister het en daarna JA geantwoord het op ‘n belofte aan God!!  En vandag kan hul mekaar nie verdra nie, het die een nie ‘n gawe woord vir ‘n ander te se nie en maak hul mekaar doelbewus seer! Ek vra myself male sonder tal af, hoekom het hierdie twee dierbare mense getrou!! Was dit omdat hul mekaar opreg liefgehad het en daardie liefde met die tyd gekwyn het, of het hulle getrou omdat dit was wat almal wou gehad het hulle moet doen? Omdat die druk van familie en vriende so erg was, dat hul later nie meer verskonings kon uitdink hoekom hul nog nie getroud is nie, of het hulle getrou bloot omdat dit is wat die samelewing van ‘n mens verwag?   

Die lewe is eintlik baie eenvoudig, want dit word vir jou voorgeskryf hoe jy moet leef! Jy word gebore, gaan skool, studeer, ontmoet ‘n aanvaarbare man met wie jy reken jy sal die res van jou lewe kan saamleef en voor jy jou kan kry, begin almal vra wanneer trou julle!! Sodra julle getroud is, begin almal vra wanneer kom die eersteling, dan die tweede pienkvoetjie ens ens ens. Die hele kringloop weer van vooraf! Ek weet nie, miskien is dit die natuurlike gebore rebel in my, maar maak hierdie kringlop jou nie ook soms lus om te rebelleer teen die samelewing nie?  Op watter stadium van die lewe het “iemand” besluit dat dit is hoe die lewe moet loop? Daar le seker baie Christelike beginsels in hierdie kringloop, maar op watter stadium van die geveg mag jy vir JOUSELF besluit hoe jy jou lewe wil leef? 

Hiermee sê ek nie ALLE huwelike is sleg of ongelukkig nie!  Ek sien en hoor ook van mense wat 10, 20 of 30 jaar GELUKKIG getroud is, nogsteeds handjies vashou as hulle gaan stap en vir mekaar met liefde in hul oë kyk.  Dit maak my hart warm om te sien dat ten spyte van al die aanslae wat hul op hul huwelikspad gekry het, hul uitgehou en deurgedruk het, omdat die liefde op die ou end oorwin het! Dis so mooi en kosbaar!

Voor ons troue het ek hierdie gesprek met ‘n baie goeie vriend en mentor gehad! My vraag aan hom was – EK KAN SIEN HOE MAKLIK MENSE SKEI EN HOE SEER HULLE IN DIE PROSES KRY – WIE Sê MY HUWELIK GAAN UITWERK – “SO WHY BOTHER”? 

Hy het die volgende aanhaling uit “The Zahir” (Paulo Coelho) met my gedeel : “there is always an event in our lives that is responsible for us failing to progress: a trauma, a fear, a defeat, a disappointment, even a victory that we don’t understand, can make cowards of us and prevent us from moving on.”  Ek het my na die naaste boekwinkel gehaas en twee dae voor my groot dag die laaste bladsy gelees! Ek het nooit gedink ‘n boek kan ‘n mens se uitkyk op die lewe so verander nie! En skielik het ek kans gesien om Mount Everest te klim!

To marry or not marry – ek het nogsteeds nie ‘n antwoord nie!! Maar ek glo dat as jy jou huwelik op die volgende vier boustene bou en bereid is om elke dag hard daaraan te werk, dinge vir julle kan uitwerk!

* Bid elke dag saam

* Wees maats

* Wees vry

* Vergeet van al die moets en moenies 

Ek het eendag met ‘n omie van 80 gesels wat omtrent 60 jaar getroud was, en sy geheim vir ‘n gelukkige huwelik was dat mens ALTYD 100% moet GEE!!! Sonder om iets terug te verwag! Want as albei 100% gee, sal albei ook 100% ontvang! Ek dra dit saam met my, elke dag!

Ek kan seker nog vir ure oor hierdie onderwerp filosofeer. Maar ek is nie lank genoeg getroud om ‘n expert te wees op die onderwerp nie! Ek leer nog, en ek sal graag by JOU wil leer!

So, gooi jou 2c in my blikkie – maak nie saak wat jou huweliksstatus/-ervaringe is nie! En kom ons leer by mekaar!!

Dankie xx

(Ps. Whooohoooo, het julle gesien ek kon UITEINDELIK ‘n foto plaas!!!)

to be continued

Posted: Maart 5, 2007 in Uncategorized

…sien jou 12:00…