…doen dit NOU…

Posted: Maart 30, 2007 in Uncategorized

 baba_bad.jpg

Ek huil deesdae baie … maar nie oor ek ongelukkig is nie … inteendeel … maar omdat die seerkry van ander mense my hart so maklik raak!  En daar is so baie seerkry rondom ons!!! Gisteraand was weer een van DAAI aande!

Die stukkie wat ek vandag plaas kom uit ‘n 20-jarige outjie se begrafnisbrief – wie laasnaweek (op my verjaarsdag) in ‘n motorongeluk oorlede is!!! Hy is ‘n familielid van een van ons vriende, so ek het hom nie persoonlik geken nie … dis net vir my so onregverdig as jongmense weggeneem word! Ek dra vandag se blog aan hom en sy familie op!!

“Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn” Jakobus 4:14

Sekere boom soorte word tot 1 000 jaar oud.  Die meeste ander dinge gaan relatief vinnig verby.  ‘n Gesigsrimpeling hou so 6 tot 10 jaar, ‘n R10-noot omtrent ‘n jaar, ‘n wit streep op die pad net ongeveer vier maande. “Wat van my?”  Die gemiddelde lewensverwagting is tussen 75 en 80 jaar.  Dit klink baie goed as jy nog jonk is, maar word ‘n ontnugtering as jy by 50 verby gaan.  Die Bybel sê jou lewe is soos ‘n damp, en dampe is nie beroemd vir hul langslewendheid nie: net ‘n rookwolkie en dit is weg! So, waarvoor wag jy? Jy het nie ‘n ewigheid tyd nie, begin nou!

Jy wou nog altyd leer hoe om die klavier te speel.  Hou op praat daaroor en neem lesse! Of dat jy nog altyd gedroom het oor ‘n toer na die Heilige Land, skakel ‘n reisagent.  Jy haat jou badkamer se muurpapier, hou op kla – krap dit af en verf dit ‘n kleur waarvan jy hou!  Jy sê jy voel beter wanneer jy oefening kry; begin draf!  Of dat jy hou van tamaties wat tuis gekweek is – plant ‘n paar!  Jy is ongelukkig oor die slaggate in jou straat; gaan na die dorpsvergadering toe! Jy wil ‘n doel dien vir God : gaan praat met jou predikant.  En onthou, jy begin onder, nie bo nie!

So, vergeet van die verskoning van ek is te jonk of te oud! Kom aan die gang! As jy van plan is om iets te doen … doen dit NOU!!

Lekker daggie, en pas jouself mooi op die naweek!

xxRxx

PS. Hierdie foto is seker my gunsteling baba-foto OOIT!!

Kommentaar
  1. BB sê:

    Jip Renétjie! en al is my motto juis dit : ek lewe my g@t af – asof my lewe daarvan afhang! – het mens tog soms nodig om daaraan herinner te word! Ek het op die brose ouderdom van 42 begin met kitaarlesse. En ek het 2 jaar terug ‘n basiese motor-mechanic kursus gedoen – die manne het gehuil van die lag, maar ek wéét nou van beter as ‘n mechanic wat my probeer ore aansit – waar die waterpyp sit, hoe om ‘n wiel te ruil in no time, clutchkabel, briekskoene – die tutti…. ag en soos julle weet is ek besig met my eerste cd’tjie en het nou al 3 ‘gigs’ ge’book’ – en moet juis daarom binne die volgende 6 weke 16 backtracks klaarmaak!! (en my PA hou vakansie!! ;o)
    Daai tamaties gaan ek beslis dié naweek plant (of is herfs nie die regte seisoen nie – ahhh, but who cares??). En my skilpad “Ouvrou” het nou haar eie lappie grond gekry, oor “Blue” ons bullterrier nie weet of hy haar wil vreet of spy… (oops!!) nie hehehe. So, mammie beplan vir haar ‘n eie lushof van grasperkie en beddings vol wegkruipplek (Wow! ek dink nou net – sy is nou al 16 jaar deel van my lewe!)
    Gotta go! Things to do!!
    Daai foto tel beslis ook nou onder een van my gunsteling pics – dis stunning!!
    Thanks girlfriend vir jou posts! Lekker naweek! x

  2. Jy is party dae my kruk, party dae my skouer en ander dae my gewete. Vandag is jy my gewete. Lekker naweek!

  3. Da Mario sê:

    Jy het die regte idee Rene…
    En dis ‘n baie mooi foto van ‘n vreeslik unhappy kiddie.

  4. mona sê:

    Het juis Vrydagaand op pad Kimberley toe op nie minder nie as VIER ongelukke afgekom! Vier families wat nou gebuk gaan ons seer, verlies, bekommernis, finansies, ens. Dis hard en kon dalk verhoed gewees het.

    Die babafoto’s is almal pragtig, maar ja, daar watertstroompies het ‘n besonderse effek. Babatjies is so broos – jou hart glimlag sommer as jy enetjie sien.

    Liefde
    Mona

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s