Archive for Maart 30, 2007

…doen dit NOU…

Posted: Maart 30, 2007 in Uncategorized

 baba_bad.jpg

Ek huil deesdae baie … maar nie oor ek ongelukkig is nie … inteendeel … maar omdat die seerkry van ander mense my hart so maklik raak!  En daar is so baie seerkry rondom ons!!! Gisteraand was weer een van DAAI aande!

Die stukkie wat ek vandag plaas kom uit ‘n 20-jarige outjie se begrafnisbrief – wie laasnaweek (op my verjaarsdag) in ‘n motorongeluk oorlede is!!! Hy is ‘n familielid van een van ons vriende, so ek het hom nie persoonlik geken nie … dis net vir my so onregverdig as jongmense weggeneem word! Ek dra vandag se blog aan hom en sy familie op!!

“Julle wat nie eers weet hoe julle lewe môre sal wees nie! Julle is maar ‘n damp wat ‘n oomblik verskyn en sommer weer verdwyn” Jakobus 4:14

Sekere boom soorte word tot 1 000 jaar oud.  Die meeste ander dinge gaan relatief vinnig verby.  ‘n Gesigsrimpeling hou so 6 tot 10 jaar, ‘n R10-noot omtrent ‘n jaar, ‘n wit streep op die pad net ongeveer vier maande. “Wat van my?”  Die gemiddelde lewensverwagting is tussen 75 en 80 jaar.  Dit klink baie goed as jy nog jonk is, maar word ‘n ontnugtering as jy by 50 verby gaan.  Die Bybel sê jou lewe is soos ‘n damp, en dampe is nie beroemd vir hul langslewendheid nie: net ‘n rookwolkie en dit is weg! So, waarvoor wag jy? Jy het nie ‘n ewigheid tyd nie, begin nou!

Jy wou nog altyd leer hoe om die klavier te speel.  Hou op praat daaroor en neem lesse! Of dat jy nog altyd gedroom het oor ‘n toer na die Heilige Land, skakel ‘n reisagent.  Jy haat jou badkamer se muurpapier, hou op kla – krap dit af en verf dit ‘n kleur waarvan jy hou!  Jy sê jy voel beter wanneer jy oefening kry; begin draf!  Of dat jy hou van tamaties wat tuis gekweek is – plant ‘n paar!  Jy is ongelukkig oor die slaggate in jou straat; gaan na die dorpsvergadering toe! Jy wil ‘n doel dien vir God : gaan praat met jou predikant.  En onthou, jy begin onder, nie bo nie!

So, vergeet van die verskoning van ek is te jonk of te oud! Kom aan die gang! As jy van plan is om iets te doen … doen dit NOU!!

Lekker daggie, en pas jouself mooi op die naweek!

xxRxx

PS. Hierdie foto is seker my gunsteling baba-foto OOIT!!

Advertisements