…kiddies…

Posted: Maart 27, 2007 in Uncategorized

kiddies.JPG 

Die naweek was weer ‘n naweek vol kuier, vriende en familie en natuurlik vriende en familie se kiddies! Dit opsig self maak my meer opgewonde as die kuier self – want as ek kinders in my huis het, is ek in die sewende hemel! Ek besluit toe maar Saterdag aangesien ons grootmense entertain, kan mens seker maar aan ‘n manier ook dink om die kiddies te entertain! Twee laaities regverdig nou nie regtig ‘n springkasteel nie – ek sal my in elk geval dood sukkel om die groot “laaities” daar af te kry sodat die regte kiddies dit beter kan benut, so ter wille van my eie sanity, moes ek daardie idée vinnig uit my kop kry! Adventure is die enigste ding wat laaities geintresseerd en besig hou, en die enigste alternatief waaraan ek kon dink, was ‘n skattejag! Dit het nogal goed afgegaan, aangesien ek drie lekker groot bome in my voortuin het! Dit het hulle ‘n volle 2 ure besig en uit die grootmense se hare gehou!  Raai wie was die meeste opgewonde? Eventually kon die volwassenes ook bietjie van my aandag kry – toe ek, en die kids moeg gespeel is!!?

Dit was fantasties om weer kinders in die huis te hê, niks kan die klank van die laggies en kiddie-stemmetjies in jou huis vervang nie!

As ek daardie onskuldige kinder-glimlaggies sit en bewonder – kan ek nie verstaan hoe iemand ‘n kind kan seermaak nie. Hoe kry jy dit reg om ‘n kind aan te rand, te verkrag, te vermoor? Wat gaan in jou kop en jou hart aan dat jy actually genot daaruit put om ‘n kind skade aan te doen! Dit skeur my hart in ‘n miljoen stukkies. Ek het so 8 jaar terug in ‘n woonstel gebly op die tweede verdieping en reg onder ons, het daar ‘n jong couple met ‘n klein seuntjie gebly! Ek skat die seuntjie was so 3 jaar oud! Die couple het dit nie breed gehad nie en manlief het alte graag heeltemal te diep in die bottel gekyk! Wat in opsig self ‘n groot nadeel vir die onskuldige seuntjie ingehou het. Een Vrydagaand het pappa weereens sy slegte gewoontes beoefen en toe mamma nie wou luister nie, moes sy maar voel! Dis die ergste vorm van “domestic violence” wat ek nog ooit in my lewe mee te doen gehad het. Toe die seuntjie nie wou ophou skree nie, het hy ook deurgeloop en al wat ek deur die harde musiek kon hoor, was daardie kind se histeriese gille! Ek kry nounog trane in my oë as ek net daaraan dink! Ek het dadelik die polisie gebel nadat die eerste hou geval het, maar hulle het eers na ‘n halfuur daar opgedaag! 10 Minute nadat ek gebel het, het ek besluit vanaand moet die man my ook maar doodslaan, ek kan dit nie meer hanteer nie. Dis die enigste aand in my lewe wat ek aan moord gedink het!!  As my woonstelmaat my nie gekeer het nie, sou ek sekerlik vandag nog in die tronk gesit het!  Wat van die mamma en haar seuntjie geword het, weet ek tot vandag nog nie!!  Ek weet net daardie kind se gille is vandag nog in my kop en in my nagmerries!

Hoe doen mens sulke goed? Hoe kan jy ‘n weerlose kind seermaak en nie besef jy doen verkeerd nie! Kan jy so “af van die wa” wees dat dit nie vir jou saakmaak as jou eie vlees en bloed suffer nie?  Ek dra ‘n skuldgevoel in my omdat ek nie genoeg doen nie! Ek doen nie iets om daardie tipe “domestic violence” stop te sit nie! Ek slaap rustig saans in my warm bed en maak nie tyd daarvoor om planne te maak hoe ek ‘n verskil in ‘n mishandelde kind se lewe kan maak nie – ons redeneer mos almal daar is ander mense wat hul lewe aan kinders dedicate! Dan sê hulle “charity begins at home”! Maar as ek nie kiddies het nie – hoekom kan ek nie ander mense se kiddies beskerm nie? Hoekom kan ek in daardie opsig nie sommer ‘n helpende hand gee vir behoeftige of gestremde kiddies nie? Hoe kan ek op die kantlyn staan en vinger wys as ek nie self bereid is om betrokke te raak om die game te swaai nie! Ek sak my kop in skaamte!

Wat vir my die ergste is van kindermishandeling, buiten die feit dat daardie onskuldige kind so moet suffer, is die suffering as daardie kiddie ‘n grootmens is!! Een van my baie goeie vriende is ook erg mishandel as kind en 18 jaar later, dra hy steeds die letsels van buite! Maar dis die letsels van binne wat net nie gesond kan raak nie!  Hy sal nooit ‘n normale verhouding met enige persoon hê nie, hetsy man of vrou – en hy vertrou niemand behalwe homself nie! Hy sonder hom af van die wêreld en bou ‘n muur om hom om homself te beskerm! Sodra hy te veel begin voel vir mense, onttrek hy uit die vriendskap en vind vrede en stilte in homself – waar daar elke dag storms woed. Hy raak snags wakker uit nagmerries wat hom dan vir drie dae wakker hou, omdat hy te bang is om weer te slaap uit vrees vir die monster uit die verlede wat hom jaag! En om dit in ‘n volwassene te sien – DIT is scary! Want hy is lankal nie meer ‘n mens nie – hy bestaan net omdat hy nog asemhaal! Daar is nie hoop nie, daar is nie mooi “childhood memories” nie! Sy suster het haar eie lewe geneem om hom te red en sy ma het haarself aan dwelmmiddels oorgegee om weg te kom van die seer wat haar kinders ervaar het! En die monster, hy stap na ‘n paar jaar se tronkstraf vrylik in strate rond sonder enige berou oor wat hy aan sy gesin gedoen het, en sonder om een dag te wonder oor die letsels wat hy gelos het! Wat het hy oor om voor te lewe … en steeds tel hy sy kop op en veg elke dag vir sy voortbestaan!! ‘n Amazing mens … regtig iemand om na op te kyk oor die “fighting spirit”!

Ek sien skaars wat ek hier skryf deur die trane wat vrylik uit my oe vloei! Elke traan stort ek vir elke kind wat al seergekry het in ons wrede wêreld – elke onskuldige kind wat nie gevra het om hier te wees nie – en dan elke dag moet veg om ‘n “normale” lewe te lei of om net vandag te oorleef!

Ek huil vir elke kind wat nie besef hoe bevoorreg hy/sy is om ouers te hê wat hul liefhet en vir hul sorg nie! Ek huil oor elke ouer wat nie saans vir hul kiddies ‘n drukkie gee nie – al is hy/sy al 18/19 jaar oud – want hul besef nie wat die waarde van daardie drukkie is nie! Ek huil vir elke ma wat die nuus moet verwerk dat sy nie haar eie kinders kan verwek nie! En ek huil vir elke ouer wat ‘n kind aan die dood moet afstaan! Ek huil vir die kinders wat moet grootword in ‘n land waar geweld en misdaad seevier, in plaas van naasteliefde en verdraagsaamheid, lojaliteit en vertroue!! En ek bid dat die Here elke kind sal bewaar en weg hou van gevare en dat Hy weer die wonde van stukkende ouers sal heel!

Jy wat hier lees … as jy so bevoorreg is om kinders te hê – gee vandag of vanaand vir hul elkeen ‘n stywe drukke, en sê vir hul hoe verskriklik jy hom/haar liefhet!! Jy kan dit nooit genoeg doen nie!!!

Pas jouself mooi op!

René xx

Kommentaar
  1. Hi!

    Hoe is dit vandag met my en met jou?

    Weet jy hoe ek die kinders by Carel du Toit geniet het? Weet jy hoe lekker dit was om vir ‘n slag “goeie nuus” te ervaar en nie na foto’s te kyk van kindertjies wat eens geglimlag het en nou gebreek is nie?

    Ek het, toe ek self nog amper kind was (jong tuisbly ma), ‘n seuntjie “geleen” by die huishulp wat hom mos oppas terwyl sy ma gewerk het. Dit was ons geheim. In ‘n kort tydjie het die outjie begin blom en ons het ure om gespeel – ek met my baba op my skoot. Ek moes wegtrek en het hom nie weer gesien nie. Ek wonder baie dae wat van hom geword het? Hy moet al amper 30 wees. Die vertroue in sy blou ogies en sygladheid van sy blonde hare bly in my gedagtes.

    Miskien moet ek nooit uitvind nie. Miskien is hy en sy babasussie gebreek. Miskien breek my hart weer. Maar miskien is dit iemand wat eendag hier lees en die tannie met die wit hondjie en die babadogtertjie onthou. Wat onthou van lekkerruik sjampoe en tjoklitsmeer broodjies. En miskien is hy vandag ‘n sterk man met blink in daardie hemelblou oë? Ek verkies om dit liewer te glo.

    Lekker dag.

  2. Nina sê:

    Hi Rene

    Ek lees jou post, en die trane loop, ek is seker jou post raak baie mense vandag… Mammas, Pappas, die onskuldige kinders… dis hartseer om te dink dat geweld en misdaad… nie net daar buite is nie… maar in die huise waar mens groot word.. waar jy veronderstel is om liefde te kry!
    Ek is bevoorreg om 2 pragtige kiddies te he… vir wie ek sal beskerm met my hele lewe.
    Ek dink jy sal i wonderlike Mamma wees, wat alles in haar vermoe sal doen om haar kinders veilig te hou.

    Lekker daggie

  3. Da Mario sê:

    Sjoe Rene…. ek het hoendervleis.
    Ons deel ‘n uitgangspunt hierso, jy weet dit.
    mwah xxx

  4. lanab sê:

    ek is beindruk……jou blog is baie interressant….

    dankie vir jou geselsies…dis lekke om so n maaikie te he

  5. minellipienk sê:

    Dis ‘n pragtige post! Ek stem so saam met jou. Kinders is net so onskuldig en weerloos. Hulle het nie gekies of gevra om in ‘n sekere situasie te wees nie. Hulle is heeltemal onskuldig en stem ek met jou saam dat dit nie net ouers nie, maar die hele gemeenskap se plig is om kinders te beskerm en net kinders te laat wees!

Lewer kommentaar

Verskaf jou besonderhede hieronder of klik op 'n logo om in te teken:

WordPress.com Logo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by WordPress.com. Log Out / Change )

Twitter picture

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Twitter. Log Out / Change )

Facebook photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Facebook. Log Out / Change )

Google+ photo

Jy lewer kommentaar met jou rekening by Google+. Log Out / Change )

Connecting to %s